Pollard topbetaalde rugbyspeler - April 11, 2021
Handre Pollard is die topbetaalde rugbypeler in wêreldrugby.Hy verdien 20 miljoen Namibiese doller per jaar by Montpellier.Eben Etzebeth is 2de met ‘n salaris van 18 miljoen per jaar by Toulon en Faf de Klerk is 11de met 12 miljoen per jaar by Sale Sharks.
WGO bekommerd oor wanbalans in die verspreiding van koronavirus-enstowwe - April 11, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die wanbalans in die verspreiding van koronavirus-entstowwe tussen ryk en arm lande gekritiseer. Die hoof van die groep sê die doelwit om teen hierdie naweek inentingsprogramme in elke land aan die gang te kry, gaan nie realiseer nie.. Die WGO het lank gevra vir ‘n regverdiger verspreiding van COVID-19-entstowwe
Nog 130 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevesti - April 11, 2021
Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 130 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Swakopmund en Tsumeb 18 elk, Walvisbaai 17, en Mariental 15. Die res is landwyd versprei. Die aantal sterftes staan op 564, met 1 193 aktiewe gevalle, 43 555 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 45 […]
President Geingob betuig sy medelye met die dood van prins Philip - April 11, 2021
President Hage Geingob het sy medeleye met Konigin Elizabeth en die Britse koningshuis betuig met die dood van prins Philip. In sy boodskap betreur hy die afsterwe van prins Philip en beskryf hom as ‘n gerespekteerde staatsman. Volgens dr Geingob voel Namibië en die res van die statebond die verlies van ‘n besondere leier in […]
ANC distansieer hom van die uitlek van klankgreep van president Ramaphosa met Zuma - April 10, 2021
Die ANC het hom gedistansieer van die uitlek van ‘n klankgreep van president Cyril Ramaphosa wat met die voormalige president Jacob Zuma praat tydens die geslote vergadering met die party se top ses. In die klankgreep kan Ramaphosa gehoor word wat sê hy respekteer Zuma en sy voorganger, Thabo Mbeki
PDM oor hervestiging van boere naby Nackartaldam - April 10, 2021
Die PDM-parlementslid Diederik Vries sê daar is ten minste 12 boere wat naby die Nackartaldam woon wat steeds wag om hervestig te word. Hulle wag ook steeds vir kompensasie vir die verlies van hulle grond met die bou van die dam. Volgens Vries was daar tussen 15 en 20 boere in die gebied maar het […]
AB de Villiers se span wen - April 10, 2021
Krieket: AB de Villiers het Royal Challengers Bangalore tot ‘n twee-paaltjie-oorwinning oor die verdedigende kampioen, Mumbai Indians, gelei in die eerste wedstryd van vanjaar se Indiese Premiersliga in Chennai. Die boulers van RCB het Mumbai tot ‘n skrale 159 vir nege beperk, met Chris Lynn wat hoogste telling van 49 aangeteken het terwyl Harshal Patel […]
Duisende mense uit omgewing van aktiewe vulkaan verwyde - April 10, 2021
Duisende mense is uit die omgewing van ‘n aktiewe vulkaan op die Oos-Karibiese eiland St Vincent ontruim. Die vulkaniese aktiwiteit van Mount La Soufrière het dié week toegeneem en sowat 16-duisend mense is opdrag gegee om hulle huise te verlaat. Hulle het tydelike huisvesting op passasierskepe en veiliger gebiede op die eiland ontvang. Dit is […]
Sasco gaan volhou met protesoptrede - April 10, 2021
Die South African Students Congress, Sasco, is vasbeslote om met hulle versetoptrede by die Mangosuthu-universiteit van Tegnologie in Umlazi voort te gaan, ondanks gister se besoek van die KwaZulu-Natalse LUR vir Onderwys, Kwazi Mshengu. Hy het gesê studente het ingestem om betogings te staak ná samesprekings. ‘n Woordvoerder van Sasco, Luyanda Chiliza, sê daar is […]
Voormalige Sekretaris-Generaal van Swapo oor beweerde verskille in die party - April 10, 2021
Die voormalige Sekretaris-Generaal van Swapo het gereageer op berigte dat daar verskille in die party is.Pendukeni Ivula Ithana sê die party sal moet begin praat met die leierskap. Sy het haar mening in die verband so verwoord.