Maatskaplike welsyn-minister sit dienste uiteen - May 12, 2025

Die maatskaplike welsyn-ministerie het gedurende die 2024/2025-boekjaar skuiling, beskerming en psigososiale ondersteuning aan 254 oorlewendes van geslagsgeweld, geweld teen kinders en mensehandel verskaf. Lynminister Emma Kantema-Gaomas het in die Parlement bevestig dat dit oor agt streeksentrums in die Khomas, Hardap, Karas, Omusati, Ohangwena, Kavango-Oos, Zambezi en Kunene-streke gerealiseer is. Sy het meer.

Read More

Oud-finansiële bestuurder gaan pleit op N$2,8 miljoen-bedrogklagte - May 12, 2025

Maria Johanna Coetzee, wat na bewering in 2018 bedrog van net minder as 2,8 miljoen Namibiese dollar by die Windhoek Internasionale Skool gepleeg het, sal môre in die Hoërhof gevra word om te pleit. Coetzee was die skool se finansiële bestuurder. Sy staan tereg op 18 klagte van bedrog, alternatief diefstal, en ‘n klag van […]

Read More

Afrika Reis-indaba 2025 skop af in Durban - May 12, 2025

Die Afrika Reis-indaba 2025 het by die Inkosi Albert Luthuli-konferensiesentrum in Durban afgeskop. Die vier-daagse geleentheid bied meer as 1 300 uitstallers van 27 Afrikalande en meer as 1 200 internasionale kopers. Die indaba val saam met die tweede G-20 Toerisme-werkgroepvergadering. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, beklemtoon die tema, Unlimited Africa, bevorder toerismepotensiaal, […]

Read More

Tien spanne probeer vir voorste agt in laaste VRK-ligaronde - May 12, 2025

Rugby: Tien spanne ding mee om die voorste agt posisies in die naweek se laaste liga-ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Bulle is tans in die tweede plek op die punteleer en die Haaie vierde. Albei spanne het reeds gekwalifiseer, terwyl die Stormers vyfde is en nog nie heeltemal veilig is nie. Leinster is eerste […]

Read More

Unam ondersoek beweerde eksamen-korrupsie - May 12, 2025

Die Universiteit van Namibië het ‘n ondersoek van stapel gestuur na beweerde korrupsie met ‘n eksamen by die instelling en het ook dissiplinêre stappe geneem teen ‘n personeellid wat na bewering daarby betrokke was. Die leier van Affirmative Repositioning, Job Amupanda, het opnuut op X ten velde getrek teen beweerde korrupsie by die universiteit. Kosmos […]

Read More

ANC-studiegroep kap na MK-party - May 12, 2025

Die ANC-studiegroep vir die staande komitee oor die Ouditeur-Generaal sê die MK-party se versoek vir ʼn ondersoek na uitgawes wat verband hou met die uitgestelde 2025 nasionale begroting is beuselagtig. Die party beskuldig die regering dat hy miljoene rand wanbestee op voorbereiding vir die nasionale begroting wat twee keer uitgestel is. Imraan Subrathie van die […]

Read More

Laaste Amerikaans-Israeliese gyselaar glo vandag vrygelaat - May 12, 2025

’n Israeliese amptenaar sê die weermag is besig om voor te berei vir die vrylating van ‘n Amerikaanse-Israeliese gyselaar, die 21-jarige Edan Alexander, wat sedert Oktober 2023 in Gaza aangehou word. Hamas se gewapende vleuel het gesê dit sal Alexander vandag vrylaat. Hy is die laaste lewende gyselaar in Gaza met Amerikaanse burgerskap. Alexander was […]

Read More

Oud-Engelse, Leeus-slot nuwe afrigter van Leicester Tigers - May 12, 2025

Rugby: Die voormalige Engelse en Britse en Ierse Leeus-slot Geoff Parling is die nuwe afrigter van die Engelse klub Leicester Tigers, vir wie hy tussen 2009 en 2015 93 wedstryde gespeel het. Hy neem binnekort oor by die gewese hoofafrigter van die Wallabies en die Pumas, Michael Cheika. Die 41-jarige Parling het tussen 2012 en […]

Read More

Dis tyd vir top-10 van Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië! - May 12, 2025

Die Miss Namibia-organisasie gaan die top-10 deelnemers in onderskeidelik die Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië kompetisies by twee glansgeleenthede aankondig. Die geleenthede sal volgende naweek by Droombos plaasvind en regstreeks deur die NBC uitgesaai word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Beaulah Boois-Beukes, die NBC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, wat meer inligting gee.

Read More

Meisies onder-17 sokkerspan sukkel by Cosafa-toernooi - May 12, 2025

Namibië se nasionale meisies onder-17 sokkerspan het ‘n 3-0 nederlaag teen Malawi gelei in hul Groep A openingswedstryd van die Cosafa Meisies Onder-17 kampioenskap by die Hage Geingob-stadion in Windhoek. Daar word nie verwag dat die span goed sal presteer by die toernooi nie, weens voorbereiding wat baie laat begin het. Zambië het gewys waarom […]

Read More