Mediese raad sal ook Oshakati-verpleërs ondersoek - April 8, 2021

Die Namibiese Raad vir Gesondheidsberoepe het aangekondig dat hy self ondersoek sal instel in die gedrag van verpleegsters in Oshakati. ‘n Video is versprei waar verpleegsters ‘n bejaarde pasiënt klap en om hom vloek en op ‘n stadium lê die pasiënt ook op die vloer. Die raad se Registrateur Cornelius Weylulu sê hulle het die […]

Read More

Angola skenk ook vir sy burgers - April 8, 2021

Daar word berig dat Angolese owerhede 50 sakke 10 kilogram mieliemeel by Etunda in die Omusati-streek aan Angolese vlugtelinge voorsien het. Die Goewerneur, Erginus Endjala sê hy was onbewus van die skenking maar dat die bystand vir die amper 800 kwesbare vroue, kinders en oumense, welkom is. Endjala het bygevoeg dat van die mense reeds […]

Read More

Saara sê oor Troika - April 8, 2021

Die Eerste Minister Dr Saara Kuugongewla Amadhila sê Namibië sal sy volle ondersteuning gee aan die Troika-beraad wat vandag in Maputo, Mosambiek gehou word. Die Troika, onder die vaandel van die SAOG, sal die onlangse terreur aanval in daardie land bespreek. Kuugongelwa Amadhila sê samewerking vir vooruitgang, stabiliteit en vrede is in almal se belang

Read More

TB-voorkoming vorder, stadig - April 8, 2021

Sedert 2018, het net minder as 51 000 Namibiërs die TB Voorkomingsterapie voltooi. Net meer as 87 500 pasiënte het in dieselfde jaar die terapie begin. Die Adjunkminister van Gesondheid Ester Muinjangue het die syfers bekend gemaak. Die terapie word gebruik om infeksie te voorkom, veral in pasiënte met swak immuunstelsels en pasiënte wat MIV-positief […]

Read More

SA studente hou vol met eise oor skuld - April 8, 2021

Studente betogings in Suid-Afrika duur voort en vanoggend het leerders by die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie hoofroetes versper en bande aan die brand gesteek. Volgens die jongste berigte eis hulle dat hulle skuld afgeskryf word. Dr Manyane Makua, die waarnemende Adjunk Visekanselier vir Onderrig by die universiteit het met die media gepraat…

Read More

Namibiese vrouespan is tops - April 8, 2021

Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Sokkervereniging Franco Cosmos het gereageer op die oorwinning van die nasionale vroue sokkerspan, die Brave Gladiators oor die Angolese vroue in die hoofstad.

Read More

GERD: Uganda staan by Egipte - April 8, 2021

Uganda het ‘n militêre intelligensie ooreenkoms met Egipte onderteken as gevolg van toenemende spanning tussen Egipte en Etiopië wat deur die sogenaamde Grand Renaissance-dam veroorsaak word. Die dam, wat hidro-elektriseit op die Nyl sal opwek, is reeds jare lank ‘n kwelpunt met Soedan wat ook sy kommer uitgespreek het oor die watervlakke wat onder die […]

Read More

Eskom prysstyging sal plaaslik pryse opwaarts stoot - April 8, 2021

Die 15 persent verhoging wat deur Eskom in Suid-Afrika bekom is sal ook ‘n wesenlike impak op Namibië hê. Die buurland se Nasionale Energiereguleerder het vroeër ingestem tot Eskom se versoek vir ‘n verhoging van meer as 15 persent. Dit sal die kragvoorsiener in staat stel om nagenoeg 10 miljard Namibiese doller van kraggebruikers, wat […]

Read More

Geingob oorweeg nog forensiese oudit - April 8, 2021

Dit is nog nie duidelik of President Hage Geingob ‘n forensiese oudit na die sake van die Ministerie van Verdediging en August 26 Holdings sal las of nie. Die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho het Geingob gevra om die oudit te doen om hom te vrywaar van die aantygings teen hom. Die president se […]

Read More

18 TB-gevalle maandeliks by een Kaapse Rooikruis-kinderhospitaal - April 8, 2021

Covid het dalk ander siektes oorheers maar hulle kom nog voor. Die meeste gevalle van kinder-TB in Kaapstad word by gemeenskapsklinieke behandel, maar sommige kinders benodig binnepasiëntesorg weens die erns van hul siekte. In 2020 is 217 kinders met die siekte gediagnoseer en ‘n gemiddeld van 18 gevalle per maand is in die Rooikruis-kinderhospitaal behandel. […]

Read More