BOSA wil weet hoe 450 000 kinders uit skool geval het - October 16, 2025

Build One South Africa doen ʼn beroep op die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, om rekenskap te gee oor die skoolverlatingskrisis in die land. Sowat 450 000 leerders het uit die stelsel verdwyn voordat hulle graad 12 gehaal het. BOSA-woordvoerder, Roger Solomons, sê dringende ingryping is nodig om die probleem te hanteer. Hy sê […]

Read More

Bekamping van voedselnood is in trurat - October 16, 2025

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen ‘n beroep op die wêreld om voedselstelsels te skep wat mense voed en die planeet beskerm. Vandag is Wêreldvoedseldag onder die tema Hand aan hand vir Beter Kos en ‘n Beter Toekoms – ‘n oproep tot solidariteit oor grense, sektore en gemeenskappe heen. ‘n Geskatte 673-miljoen […]

Read More

WAP spog nou ook met sy eie radiostasie - October 16, 2025

Die Vereniging van Uitsaaiveterane is besig om leerlinge by skole die tegniese vaardighede van die omroepwese te leer. Die groep het al suksesvol by Windhoek Gimnasium opleiding gedoen en ‘n skool-radiostasie is gestig. Windhoek Afrikaans Privaatskool kan ook nou spog met hul eie vaardighede en radiostasie. Mareth Van Schalkwyk, ‘n onderwyser by WAP wat die […]

Read More

Cirrus neem die jaar wat was onder die loep - October 16, 2025

Die jaar wat was word al onder die loep geneem. Volgens ‘n Cirrus ontleding was 2025 a chaotiese jaar met oorlog aan die voorgrond. Ten spyte daarvan is daar ‘n paar hoogtepunte oor die jaar. As Trump se Gaza-vredesplan slaag sal oliepryse na verwagting verder daal, maar goud ook. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus […]

Read More

Hamas het hulp nodig om 19 gyselaars op te spoor  - October 16, 2025

Hamas sê hy het die oorskot oorhandig van al die Israelse gyselaars wat hy kon bereik. Nog twee liggame is gister oorhandig nadat die militante groep reeds die liggame van sewe van die 28 oorlede gyselaars teruggegee het. Israel sê ʼn agste liggaam is nie dié van ʼn gyselaar nie. Dit beteken 19 se liggame […]

Read More

‘n Dodelike Navo die beste afskrikmiddel vir Rusland - October 16, 2025

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, vra vrede deur mag om die konflik in Oekraïne te beëindig, en dat Rusland sy onnodige bloedvergieting staak. Navo se ministers van Verdediging wat reeds meer hommeltuie aan Oekraïne beloof het, het gister in Brussel vergader. Hegseth sê as daar op die kort termyn geen weg na vrede […]

Read More

Russell en Antonelli bly by Mercedes  - October 16, 2025

Mercedes het bevestig dat George Russell en Kimi Antonelli hulle renjaerspan bly vir die 2026 Formule Een-seisoen. Russell, wat in 2022 by die Silver Arrows aangesluit het, het sedertdien vyf Grand Prix-seges behaal. Nuweling Antonelli het vanjaar die voorste wegspringplek in die snelwedren in Miami opgeraap, en in Kanada het hy die jongste renjaer in […]

Read More

Etunda-voerkraal vorder  - October 16, 2025

Die konstruksie rakende die reuse voerkraal wat by die Etunda-groenskema opgerig word, vorder. Skema-bestuurder Sacky Shilyomunhu sê kontrakteurs vorder en die voerkraal behoort teen middel 2026 voltooi te wees. Die 80 miljoen dollar projek is einde Julie vanjaar in ‘n sooispitseremonie van stapel gestuur. Dit behoort 1 000 beeste af te rond. Die fasiliteit vorm […]

Read More

De Kock kan nie getuig nie, te siek  - October 16, 2025

Die voormalige bevelvoerder van Vlakplaas, Eugene de Kock, sal nie in die geregtelike ondersoek na die dood van die Cradock Vier getuig nie weens swak gesondheid. Die Hooggeregshof in Gqeberha het sy verhoor hervat na die moord op die anti-apartheidsaktiviste Matthew Goniwe, Fort Calata, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkhonto in 1985. Hul verkoolde liggame is […]

Read More

Ruto kondig sewe dae van rou vir Odingo aan  - October 16, 2025

Die Keniaanse president, William Ruto, het Kabinetsekretaris, Musalia Mudavadi, na Indië gestuur om toesig te hou oor die repatriasie van voormalige eerste minister Raila Odinga se liggaam, ná sy dood Woensdag in Kochi. Ruto sê Indië sal op Kenia se versoek met die proses help. Die afvaardiging sluit verskeie kabinetsekretarisse en van Odinga se familielede […]

Read More