Ons reageer nie op opdragte via media: Katima HUB aan minister - May 12, 2025
Katima Mulilo se uitvoerende hoof, Raphael Liswaniso, het landelike en stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa se versoek om voertuie terug te gee wat glo in ruil vir grond ontvang is, verwerp. Liswaniso ontken dit was ’n ruiltransaksie, en verduidelik dat grond verkoop is en goedere van gelyke waarde ontvang is om prosesse te vergemaklik. Sankwasa beskuldig […]
Plant bome vir Nujoma, bid vir eenheid: NNN - May 12, 2025
Wyle stigterspresident Sam Nujoma se verjaarsdag was vandag by die Heldeakker herdenk. Namibiërs is gevra om ‘n boom te plant ter herdenking aan die president se lewe en sy passie vir bewaringspogings. Tydens die seremonie het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gepraat oor die land se probleme, veral werkloosheid. Ndaitwah sê die land moet vir eenheid bid […]
Brouerye groei goed in 2024, maar wees versigtig: Simonis Storm - May 12, 2025
Simonis Storm het ‘n omvattende verslag van Namibia Breweries Limited se vertoning in 2024 vrygestel, en sê die maatskappy het na sy verkryging deur die Heineken-groep ‘n beduidende evolusie ondergaan. Die verdienste per aandeel het met 94 persent geklim, inkomste het amper verdubbel en dividende het teruggekeer. Tog bly kontantgenerering struktureel swak en marges toon […]
Goudprys effe af, maar sal weer styg, sê kenner - May 12, 2025
Goudpryse het met 3 persent gedaal tot die laagste vlak in meer as ’n week nadat die VSA en China ooreengekom het om wederkerige tariewe te verlaag. Dit het die Amerikaanse dollar versterk en goud se aantrekkingskrag as ‘n veilige belegging verminder. Spothandel in goud het tot 3 224, 34 dollar per ons gedaal, terwyl […]
Sersant in aanhouding na sterfte by Onhuno kontrolepunt - May 12, 2025
NamPol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het bevestig dat ‘n polisiesersant in hegtenis geneem is na die 38-jarige Eliud Hamukwaya by die Onhuno padverkeer kontrolepunt in die Ohangwena-streek doodgeskiet is. Volgens die voorlopige verslag het die sersant laat Sondagaand ‘n vragmotor gestop en die bestuurder vir sy bestuurderslisensie en die weegbrug-dokumente gevra. Hy het net sy lisensie […]
Gautent onderbestee R1,8 miljard, UDM eis ondersoek - May 12, 2025
Die UDM in Gauteng eis ‘n onafhanklike forensiese ondersoek na die provinsiale regering se onderbesteding van sy jaarlikse begroting. Die provinsie het geld aan die Nasionale Tesourie terugbetaal nadat hy 1,8 miljard-rand onderbestee het. Andile Jabavu van die UDM sê dit is oneties en onredelik dat ‘n regering wat met openbare hulpbronne toevertrou is, nie […]
VSA, China sny tariewe met 115 persentasiepunte - May 12, 2025
Die Verenigde State en China het ooreengekom om hul omstrede tariewe tydelik te sny, met die VSA se koers wat tot 30-persent verlaag word en Chinese tariewe, tot 10-persent. Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent en die Handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, het ná handelsgesprekke in Genève hierdie naweek, aan verslaggewers gesê die partye het ooreengekom […]
Man U se Amorim praat prontuit oor swak vertoning - May 12, 2025
Sokker: Manchester United se hoofafrigter, Ruben Amorim, het voorgestel dat hy vervang word indien hy nie volgende seisoen die klub se kultuur kan verander nie. Die Reds het gisteraand hulle Premierligawedstryd teen West Ham op Old Trafford 2-0 verloor. Hulle staan op 39 punte en is 16de op die punteleer, en is onderweg na hulle […]
Dis hoekom nuwe N$50-noot opdateer is - May 12, 2025
Die sentrale bank het ‘n nuwe 50-dollar banknoot vandag bekendgestel. Die verskil lê in die handtekening van die goewerneur wat opdateer is van Ipumbu Shiimi na Johannes !Gawaxab. Volgens !Gawaxab volg die bank internasionale standaarde. Hy verduidelik.
Polisie skiet 5 verdagtes in KZN dood - May 12, 2025
Vyf verdagtes wat verbind word met die moord op twee polisiebeamptes en ‘n paartjie is dood in ‘n skietgeveg met die polisie in Mophela by Hammarsdale, wes van Durban. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle het inligting ontvang dat die verdagtes op die Mophela-pad onderweg was. Hy sê hulle het die polisie se opdrag veronagsaam […]