Is plastiek-herwinningspogings die moeite werd? - May 12, 2025
Gevorderde herwinning, wat as ‘n oplossing vir plastiek afval aangemoedig word, word wyd gekritiseer omdat dit nie werklike gevolge toon nie. Dit is ook bekend as chemiese herwinning, wat verwys na talle prosesse vir die afbreek van plastiek in sy samestellende molekules. Die proses is egter duur en hou meer probleme in. Kenners sê dit […]
Orlando Pirates se afrigter gaan vroeg vertrek - May 12, 2025
Sokker: Orlando Pirates het afrigter José Riveiro se versoek om vroeë vrystelling toegestaan nadat hy ‘n kontrak geteken het by ’n nuwe klub. Sy kontrak sou oorspronklik tot volgende maand geduur het. Môre se kragmeting met Golden Arrows sal die Spanjaard se laaste wedstryd wees. Die voorsitter van die Premier-sokkerliga, Irvin Khoza, het Riveiro geloof […]
NamPower ondersteun kernkragaanleg - May 12, 2025
Die besturende direkteur van NamPower, Simson Haulofu, sê die nasionale kragverskaffer ondersteun die ontwikkeling van ‘n kernkragsentrale in Namibië en is gereed om tegniese insette te lewer. Dit volg op ‘n onlangse oproep deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah vir kollektiewe pogings om ‘n kernkragsentrale te vestig om ekonomiese groei te bevorder. Namibia Mining and Energy berig dat […]
SAKP onderhandel steeds oor deelname aan plaaslike verkiesing - May 12, 2025
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika sê hulle gaan voort om met mekaar te onderhandel oor hul besluit om aan die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 deel te neem. Die SAKP se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê die grondkwessie is die afgelope 30 jaar ongelukkig afgeskeep in staatsprogramme wat bedoel is […]
VSA staak US$50m se hulp aan Zambië oor korrupsie - May 12, 2025
Die VSA sê dat hy 50 miljoen Amerikaanse dollar in jaarlikse hulp aan Zambië se gesondheidsektor sal sny omdat die regering nie daarin slaag het om sistemiese diefstal van geskenkte medisyne en mediese voorrade te stop nie. Die medisyne word deur korrupte amptenare verkoop. Die Amerikaanse ambassadeur in Zambië, Michael Gonzales sê hy is teleurgesteld […]
Britte versterk migrasie-wette - May 12, 2025
Die Arbeidersparty het wetgewing rakende migrante verskerp. Amper ‘n miljoen mense het in 2023 die land binnegekom wat gedaal het na 728 000 in 2024. Luidens die nuwe reëls is die standaarde verhoog met ‘n universiteitsgraad en volmagtig Engels as basiese vereiste, onder andere. Die Britse premier Keir Starmer…
Huldeblyke vir Philander - May 12, 2025
Huldeblyke stroom in vir die bekende dramaturg, akteur en kulturele aktivis Freddie Philander. Die 76-jarige is aan hartversaking oor die naweek oorlede. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië gepraat, wat as joernalis werksaam was en Philander deur sy joernalistiek en Namibiese kuns goed geken het.
Eerste konstruksie vir distrikshospitaal het begin, waar’s die tender? - May 12, 2025
Die Tender Bulletin berig dat siviele ingenieurswerke vir Windhoek se distrikshospitaal, ter waarde van 25 miljoen Namibiese dollar reeds begin is deur die Kongom-groep en Genmael Investments. Dit sluit paaie, water, riool en ander dienste in. Intussen sal elektrisiteitsdienste deur middel ‘n aparte tender vir 17,5 miljoen dollar ook begin. Daar is geen aanduiding dat […]
Ekonoom sê oor brandstofprys met olie wat klim - May 12, 2025
Sal die styging van die Brent-olieprys die brandstofprys beïnvloed? Dit kom, onder andere, na die kommoditeit herstel het na die aankondiging van ‘n 90-dag ooreenkoms rakende tariewe tussen die VSA en China. Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê terwyl dit nog vroeg in die maand is, is olie steeds baie laer as wat dit was. Hy verduidelik.
Bitcoin klim weer (en steeds) - May 12, 2025
Die prys van Bitcoin styg sedert 6 Mei en staan tans net bo 105 000 Amerikaanse dollar, rondom 1,9 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Nikolai Tjongarero van EasySats gepraat wat meer inligting gee oor die moontlike redes vir die styging.