Sotheby’s verwag US$20m vir blou diamant - May 12, 2025

Die 10-karaat blou diamant, wat 20 miljoen Amerikaanse dollar kan haal wanneer dit môre onder die hamer kom, is Donderdag deur die veilingshuis Sotheby’s in Genève ten toon gestel. Die kussingvormige stuk, bekend as die Mediterreense Blou Diamant, is in Suid-Afrika ontgin en het ‘n seldsame kleur. In 2016 is nog ‘n helderblou diamant vir […]

Read More

Air Namibia: ‘First call-back’ is in hulle afleggingskontrakte - May 12, 2025

AR-parlementslid Vaino Hangula het vervoerminister Veikko Nekundi gevra om voormalige Air Namibia-werknemers te betrek by die stigting van die nuwe nasionale lugdiens, wat teen Desember 2026 beplan word. Hangula, self ‘n voormalige Air Namibia werknemer, beklemtoon dat hulle unieke vaardighede het en eis dat hulle eerste oorweeg word vir werk by die nuwe lugdiens. Kosmos […]

Read More

Vergeet van Brittanje, Soweto sal my altyd verwelkom – Malema - May 12, 2025

Die EFF-leier Julius Malema sê hy is nie skaam dat sy visum vir die Verenigde Koninkryk verlede week geweier is nie. Hy sou by die Cambridge-universiteit se Africa Together-konferensie praat. Die Britse Hoëkommissariaat in Suid-Afrika sê Malema se visum kon weens bankvakansiedae in Brittanje nie afgehandel word nie. Malema het gister inwoners in Soweto se […]

Read More

Vrylating van Edan Alexander beteken nie skietstilstand nie - May 12, 2025

Israel sê hy het nie ingestem tot enige wapenstilstand of vrylating van gevangenes met Hamas nie, net voor die verwagte vrylating van die Israelies-Amerikaanse gyselaar Edan Alexander. Die vrylating, na gesprekke tussen Hamas, die Verenigde State, Egipte en Katar, kan die weg baan vir die vrylating van die res van die 59 gyselaars wat steeds […]

Read More

Aussie-polisie lê beslag op N$11 miljard se kokaïen - May 12, 2025

Meer as ‘n metrieke ton kokaïen is langs die ooskus van Australië gekonfiskeer en vyf mans is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n verdagte motorboot bestorm het. Speurders sê hulle is ingelig oor die aankoop van ‘n 13-meter lange motorboot met ‘n yslike som kontant in Sydney se Sutherland-shire op 28 April. Die polisie […]

Read More

VSA-China ooreenkoms stoot olieprys op - May 12, 2025

Die prys van Brent ru-olie is besig om te styg en het sedert markte oopgemaak het met amper 3 persent geklim. Dit kom na die VSA en China tariewe aansienlik verlaag het vir die volgende 90 dae met onderhandelings wat voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sit ook die impak […]

Read More

Ngurare sê kleinsake is ‘n belegging in lewenskragtigheid - May 12, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare sê ‘n belegging in klein besighede is ‘n belegging in lewenskragtigheid. Ngurare het tydens die fondsinsamelingsdinee van die Oshakati Totem Expo op die dorp gesê dié skou bied nie net ‘n platform vir SME’s nie, maar ook vir kleinskaalse boere, groot besighede en kultuur. Dit bevorder Namibië se strewe na inklusiewe […]

Read More

Pous draai geen doekies om in eerste Sondag-diens nie - May 12, 2025

Pous Leo die 14de vra dat die wêreld se oorloë beëindig word. Hy het tydens sy eerste Sondag-diens by die Vatikaan ʼn beroep gedoen op ware, regverdige en blywende vrede in Oekraïne. Pous Leo het gevra vir ʼn skietstilstand in die Israel-Hamas-oorlog en gesê humanitêre hulp moet aan die burgerlike bevolking voorsien en alle gyselaars […]

Read More

James en Abela wen top-eer by BAFTA TV-toekennings - May 12, 2025

Lenny James en Marisa Abela is vereer as beste akteur en aktrise by die BAFTA TV-toekennings in Londen. James het erkenning ontvang vir sy rol in Mr Loverman, terwyl Ariyon Bakare van die reeks aangewys is as beste byspeler. Abela het vir Industry gewen. Jessica Gunning is vereer as byspeler vir haar rol in Baby […]

Read More

Maak die kanaal finaal reg – Shaningwa - May 12, 2025

Tydens ‘n Nasionale Vergadering-sitting het die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, reageer op die landbouminister se verslag oor water en mariene hulpbronne. Sy sê die ministerie mors jaarliks geld op slote grawe sonder dat water van die Calueque-Oskahati-knaal ooit Omuthiya bereik. Sy het ook duidelik gemaak dat sy nie belangstel om nog te hoor van […]

Read More