Nigeriese boere sukkel met klimaatsverandering - May 12, 2025

Klimaatsverandering daag landbou in Nigerië uit. Die besluite van boere in die noorde, wat ongeveer 70 persent van Nigerië se landbou uitmaak, beïnvloed reeds voedselpryse en -beskikbaarheid. Boere sê eens betroubare watermassas droog op en daar is volgens wat berig word min hulpbronne om op te steun. Meer as 80 persent van Nigerië se boere […]

Read More

China, VSA kom tot verhaal, vir 90 dae - May 12, 2025

Die VSA het tariewe op Chinese goedere van 145 tot 30 persent gesny vir 90 dae, terwyl China tariewe van 125 persent tot 10 persent, ook vir 90 dae. Maar, die Amerikaanse finansminister, Scott Bessent, sê gesprekke sal voortduur in  Genève, Switserland. China se visepremier, He Lifeng, sê dit was deurtastende, eerlike gesprekke. 

Read More

Nieu-Seeland vat onder-20-trofee - May 12, 2025

Nieu-Seeland het Suid-Afrika op die Nelson Mandelabaai-stadion in die Baai naelskraaps met 48-45 geklop om die Onder-20-Rugbykampioenskapstitel te behou. Die Kiwi’s was met 19-0 agter, maar het met net 13 spelers sokkies opgetrek vir ʼn epiese oorwinning. Australië is tweede na ʼn welverdiende 40-36-sege oor Argentinië, wat laaste is, met Suid-Afrika in die derde plek. […]

Read More

Vermeende hondeslagters verskyn weer  - May 12, 2025

Die saak van die vier hondeslagters sal weer vandag op Swakopmund voorkom na hulle op 18 Maart verskyn het. Die vier, Seth Skrywer, Lourens Nanub en Mariando Bloedstaan, word saam met ‘n 12-jarige daarvan aangekla dat hulle op 1 Februarie ‘n Rottweiler, Ragnar gesteel en geslag het en aan ‘n kapanahandelaar verkoop het. Die hof […]

Read More

DBV behaal sukses in beskerming van 600 000 teelkuikens  - May 12, 2025

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê hulle is steeds verbind tot die handhawing van hul mandaat om alle diere in Suid-Afrika te beskerm. Die raad het suksesvol ‘n dringende tussentydse hofbevel verkry van die Hooggeregshof in Johannesburg, wat Daybreak Foods dwing om onmiddellik alle onmenslike uitdunningspraktyke te staak en voldoende, gepaste voer aan 600 000 […]

Read More

Stuk van Kosmos 482 val terug Aarde toe  - May 12, 2025

Die Europese Ruimteagentskap sê ‘n gedeelte van ‘n Sowjet-era ruimtetuig is waarskynlik terug in die Aarde se atmosfeer na langer as ‘n halfeeu in ‘n wentelbaan. Die Kosmos 482, wat in 1972 op ‘n sending na Venus gelanseer is, het nooit tot buite die Aarde se wentelbaan gevorder nie en het in vier stukke gebreek […]

Read More

Die 55ste Tara-tydren is hier  - May 12, 2025

Dit is tyd vir die Tara-tydren en vanjaar sal dit in Junie plaasvind op Rehoboth. Dit is die 55ste Tara-tydren en Francois Lottering van Motor Media Namibia het die besonderhede. 

Read More

Windhoek-onnie van verkragting aangekla - May 12, 2025

‘n Windhoek-onderwyser sal weer op 7 Julie in die hof verskyn op klagte van verkragting. The Namibian berig die 27-jarige Rohan Bezuidenhout word daarvan aangekla dat hy ‘n seun, ‘n 13-jarige leerder in die skool se koshuis, waar hy as superintendent opgetree het, verkrag het. Hy het voor landdros Mutafela Muharukua verskyn en sal Woensdag […]

Read More

Dag vir Verpleegkundiges gevier te midde van verskeie uitdagings - May 12, 2025

Dit is vandag Internasionale Dag vir Verpleegkundiges en die Vereniging van Staatsamptenare sê verpleegkundiges in Suid-Afrika staar steeds ‘n menigte sistemiese uitdagings in die gesig. Die vakbond sê die chroniese personeeltekort dwing verpleegpersoneel om lang, ongereelde ure te werk, wat lei tot geestelike en liggaamlike uitputting, en pasiëntesorg kan benadeel. Claude Naiker van die vakbond […]

Read More

Hamas sal laaste lewende Amerikaanse gyselaar vrylaat - May 12, 2025

Die militante Hamas-groep sê hy sal die Amerikaans-Israelse gyselaar, Edan Alexander, vrylaat wat volgens berigte die laaste lewende Amerikaanse gyselaar is wat in Gaza gevange gehou word. Hy het in ʼn keur-infanterie-eenheid op die Gaza-grens gedien toe hy op 7 Oktober tydens Hamas se aanval gyselaar geneem is. Hamas sê Alexander se vrylating is deel […]

Read More