Zarco maak geskiedenis by MotoGP - May 12, 2025
Johann Zarco het geskiedenis gemaak toe hy die eerste Fransman in 71 jaar geword het om die Franse MotoGP Grand Prix wen. Die 34-jarige op sy LCR Honda het 19,907 sekondes voor die sesmalige wêreldkampioen van Ducati, Marc Marquez, oor die wenstreep gejaag. Die 20-jarige nuweling, Fermin Aldeguer van Ducati-Gresini, was derde. Zarco se oorwinning […]
Ombud se kantoor reageer op kriminalisering van vaderskapsbedrog - May 12, 2025
Verskeie LP’s in die Nasionale Vergadering het gepleit vir die kriminalisering van vaderskapsbedrog. Hulle sê mans ly groot emosionele en finansiële skade as hulle uitvind kinders wat hulle grootgemaak het, is nie hul eie nie. Die AR-beweging se Tuhafeni Kalola en ander LP’s stel verpligte DNS-toetse vir ongetroude paartjies voor om dit te voorkom. Kalola […]
NNN in Angola – kenner sê daar’s nou genoeg gepraat - May 12, 2025
Daad moet nou by die woord gevoeg word, sê die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah oor Staatshuis se nuus die naweek dat Namibië en Angola steeds van plan is om die Baynes-hidrokragaanleg te ontwikkel. Dit volg ná president Netumbo Nandi-Ndaitwah se eerste amptelike besoek aan haar Angolese eweknie João Lourenço. Kragverspreidingslyne en waterkanale in die Noorde […]
Groot opgewondenheid oor skaap- en bokvleis-uitvoere na China - May 12, 2025
Opgewondenheid heers in landboukringe oor die ondertekening van ‘n protokol rakende inspeksie-, kwarantyn- en higiënevereistes vir die uitvoer van skaap- en bokvleis van Namibië na China. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kobus Laubscher oor dié verwikkeling gepraat:
Polisie ondersoek 204 ongeslypte diamante gevind by Ariamsvlei - May 12, 2025
Twee Namibiese mans is Saterdagaand omstreeks 19:00 by die grenspos op Ariamsvlei na bewering met ongeslypte diamante betrap. Volgens die polisie is die mans, 48 en 55 jaar oud onderskeidelik, deursoek en in besit van 204 stene gevind wat soos ongeslypte diamante gelyk het. Die mans was van Suid-Afrika na Namibië onderweg. Die waarde van […]
Eerste 49 Afrikaner ‘vlugtelinge’ vertrek na die VSA - May 12, 2025
ʼn Groep van 49 Afrikaners wat vlugtelingstatus in Amerika ontvang het, het Suid-Afrika Sondagaand verlaat. Hulle het op ʼn privaat huurvlug van OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek. President Donald Trump van Amerika het in Februarie Afrikaners in ʼn uitvoerende bevel beskryf as slagoffers van rassediskriminasie. Die groep sal na verwagting vandag by die Washington Dulles […]
Gryslys: Kyk uit vir geldwassery in handel - May 12, 2025
Met Namibië op dreef om haarself van die gryslys af te kry, is daar steeds finansiële kwessies wat aangespreek moet word. Geldverduistering tydens internasionale handel, of handelsgebaseerde geldwassery, is een punt wat telkemale oorgesien word. Old Mutual bring die kwessie op die voorgrond en Karischa Schmidt, die groep se nakomingsbeampte, brei uit.
Mashaba verwelkom arrestasie van Nigeriese evangelis - May 12, 2025
ActionSA se president, Herman Mashaba, het die inhegtenisneming van die Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso Saterdag in Oos-Londen in die Oos-Kaap verwelkom. Hy sê ActionSA is veral bly om te verneem hy gaan uiteindelik uit Suid-Afrika na Nigerië gedeporteer word, aangesien hy onwelkom is in ‘n land waar hy die wette vertrap en mense met minagting […]
Zelensky sê hy wag Donderdag vir Putin in Istanboel - May 12, 2025
Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê hy is gereed om sy Russiese eweknie Vladimir Putin Donderdag “persoonlik” in Istanboel te ontmoet vir samesprekings oor die beëindiging van die oorlog. Zelensky se uitlating Sondag volg ná president Donald Trump van Amerika se eis dat Oekraïne instem tot Putin se aanbod vir direkte samesprekings tussen die twee […]
Teatergemeenskap geruk deur Freddie Philander se dood - May 12, 2025
Die Namibiese kunsgemeenskap is in rou gedompel ná die dood van Freddie Philander, ‘n veteraan-akteur, -dramaturg en kulturele aktivis. Philander is Saterdagaand in die ouderdom van 76 jaar aan hartversaking oorlede. Hy was ‘n deurslaggewende stem in versetteater, en het ook ‘n groot bydrae tot die ontwikkeling van jeugteater in Namibië gemaak. Philander was onder […]