Namibië spook onverpoos met gryslys - May 11, 2025

Namibië maak steeds vordering met pogings om van die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys verwyder te word. Geïdentifiseerde strategiese tekortkominge word deurlopend aangespreek en die tweede vorderingsverslag is op 7 Maart ingedien. Die volgende oorsig sal vandeesmaand gedoen word, na nog ‘n verslag op 7 April by die taakmag ingedien is. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

SA ernstig oor groen-ekonomie - May 11, 2025

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Dion George, het Suid-Afrika se verbintenis aan ’n lae-koolstof-ekonomie by die Kopenhagen Klimaatministerieel 2025 in Denemarke beklemtoon. George het die nasie se toewyding beklemtoon om meer klimaatfinansiering, aanpassingsmaatreëls en ’n regverdige oorgang wat sowel werkers as biodiversiteit beskerm. Hierdie besprekings dien as ’n voorspel tot COP30 in […]

Read More

Bill Gates gee amper al sy rykdom weg - May 11, 2025

Die Amerikaanse miljardêr Bill Gates het onderneem om bykans sy hele persoonlike rykdom oor die volgende twee dekades weg te gee. Hy sê die wêreld se armstes sal na raming 3,63 duisend miljard rand via sy stigting ontvang. Hy het ook die wêreld se rykste mens en sleutelrolspeler in president Donald Trump se administrasie, Elon […]

Read More

Tennis: Sinner klop Navone in skoon stelle - May 11, 2025

Jannik Sinner is moeiteloos terug op die tennisbaan nadat hy drie maande verban was weens verbode middels. Sinner het Mariano Navone op die Italiaanse Ope in skoon stelle geklop met 6-3, 6-4. Die wêreld-nommer-een het die Argentyn binne ‘n uur en 39 minute voor ‘n skare van meer as tien-duisend ondersteuners geklop en kom in […]

Read More

Walvis spilpunt van handel - May 11, 2025

Walvisbaai se hawe was Namibië se belangrikste handelsweg in Maart met 3,9 miljard Namibiese dollar se uitvoere en 4,2 miljard dollar se invoere wat daardeur beweeg het. Volgens die jongste syfers van die Namibiese Statistiekagentskap het 3,4 miljard dollar se invoere die land deur die Ariamsvlei-grenspos bereik, terwyl 1,9 miljard dollar se invoere van die […]

Read More

Omvattende soektog na stropers in Krugerwildtuin - May 11, 2025

Die polisie in Limpopo het ‘n omvattende soektog van stapel gestuur na verdagtes wat verantwoordelik is vir die onwettige jag van ‘n olifant en die vergiftiging van die karkas wat gelei het tot die dood van talle beskermde aasvoëls in die Krugerwildtuin. ‘n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba sê stropers het ‘n vangstrik gebruik om die olifant […]

Read More

Trump-administrasie het nuwe plan met migrante - May 11, 2025

President Donald Trump van Amerika se administrasie oorweeg die opskorting van die habeas corpus, oftewel die reg van ‘n persoon om sy aanhouding in die hof te betwis. Die adjunk-stafhoof van die Withuis, Stephen Miller, het aan verslaggewers gesê Amerika se Grondwet voorsien vir die opskorting van regsvryheid tydens ‘n rebellie of inval. Verskeie siviele […]

Read More

SA-aflosspanne blitsig in China - May 11, 2025

Suid-Afrikaanse aflosspanne het ‘n goeie dag gehad by die Wêreld-afloskampioenskappe in Guangzhou, China, met vier Suid-Afrikaanse spanne wat vir vandag se eindrondes gekwalifiseer het. Danksy ‘n foutlose vertoning van spoed en tegniek het die 4-by-100-meter-atlete Bayanda Walaza, Sinesipho Dambile, Bradley Nkoana en Akani Simbine die wêreld se beste tyd vanjaar van 37.84 sekondes aangeteken en […]

Read More

Dollar se status onder druk, maar nie in gedrang - May 11, 2025

Die Amerikaanse dollar oorheers internasionale handel en maak die grootste deel van wêreldreserwes uit. Groot ekonomieë, insluitend Saoedi-Arabië en Hongkong, koppel hul geldeenhede aan die dollar. Maar onder president Donald Trump het die VSA ’n handelsoorlog ontketen deur moontlik die hoogste tariewe in ’n eeu in te stel – ’n stap wat sommige waarnemers laat […]

Read More

Leefstyloudits moet slaankrag hê, sê ActionSA - May 11, 2025

ActionSA in Gauteng vra die premier, Panyaza Lesufi, om vinnige en beslissende stappe te doen teen alle provinsiale regeringsamptenare wat nie hul leefstyloudits geslaag het nie. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê strafregtelike klagte moet gelê word, en die Bateverbeurdingseenheid moet beslag lê op bates wat deur misdaad verkry is. Hy sê die uitslag van die […]

Read More