Putin vra ‘regstreekse gesprekke’ met Oekraïne - May 11, 2025

Die Russiese president Vladimir Putin het Saterdag laatnag ‘n seldsame televisie-toespraak vanuit die Kremlin gelewer en ‘n beroep gedoen vir regstreekse gesprekke met Oekraïne. Putin wil die hoofoorsake van die konflik uit die weg ruim en begin beweeg na ‘n blywende, gevestigde vrede. Dit volg ure nadat Europese leiers Oekraïne besoek het en Rusland aangespoor […]

Read More

Kaizer Chiefs wen Nedbankbeker - May 11, 2025

Kaizer Chiefs het hul aartsvyande Orlando Pirates met 2-1 in die Nedbankbeker-finaal op die Moses Mabhida-stadion verslaan en daarmee ‘n dekade lange trofee-droogte beëindig. Kaptein Yusuf Maart het ‘n laat doel aangeteken en ‘n oorwinning vir Amakhosi verseker, wat vroeg die voortou geneem het met ‘n strafskop deur Gaston Sirino. Pirates het die telling egter […]

Read More

Oshakati se krane loop weer - May 11, 2025

Watertoevoer na Oshakati en verskeie nedersettings in die omgewing is Saterdag herstel ná NamWater deurnag gewerk het om die pyp tussen Ogongo en Oshakati reg te maak. Dié pyp is Vrydag deur ‘n kontrakteur beskadig wat in die omgewing gewerk het. Dit het nie net watertoevoer an verbruikers nie, maar ook skole, hospitale en klinieke […]

Read More

SA betaal steeds prys vir staatskaping - May 11, 2025

Cosatu het president Cyril Ramaphosa se ernstige oproep op die parlement verwelkom om te sorg dat die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting aan al die grondwetlike vereistes voldoen. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê Suid-Afrika ervaar steeds die snydende koste van staatskaping, korrupsie en magsmisbruik, en kan nie bekostig dat so ‘n fundamenteel gebrekkige […]

Read More

Menendez-verhoor hervat Dinsdag - May 11, 2025

Die verhoor om Erik en Lyle Menendez se vonnisse te wysig, sal volgende week ná ‘n reeks vertragings voortgaan. Die broers, wat skuldig bevind is aan die moord op hul ouers in 1989 en lewenslange vonnisse sonder parool uitdien, beweer jare van mishandeling het tot die moorde gelei. Die Hooggeregshof in Los Angeles het Vrydag […]

Read More

Stormers speel klaar met Dragons - May 11, 2025

Die Stormers is danksy Saterdag se oortuigende oorwinning van 48-12 oor die Dragons op ‘n nat Kaapstad-stadion, nog nader aan die uitspeelrondes van die Verenigde Rugby Kampioenskap. Die Kapenaars het in hul voorlaaste ligawedstryd sewe drieë geduik teenoor die Dragons se twee en met ‘n bonuspunt die vyfde plek op die punteleer verseker. Hulle laaste […]

Read More

Derduisende se visboetes in Namibië opgelê - May 11, 2025

Boetes van bykans 366 000 Namibiese dollar in totaal is in die afgelope begrotingsjaar opgelê aan individue en besighede wat visvangregulasies in Namibië oortree het, het die nuwe landbou- en visseryeminister Inge Zaamwani gesê. Meer as 2 000 patrollies en inspeksies het plaasgevind en 22 kriminele sake is by polisiestasies landswyd geopen, het Zaamwani in […]

Read More

Nigeriese kerkman in SA vasgevat - May 11, 2025

Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, het die Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso as ‘n onwettige persoon in Suid-Afrika verklaar. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê Omotoso het vroeër sy status as ‘n verbode persoon in die hof betwis, en die hof het beslis sy status moet na die departement terugverwys word vir heroorweging. […]

Read More

Amerika wil help met Indië, Pakistan - May 11, 2025

Amerika se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Amerika se bemiddeling aangebied in die toenemende konflik tussen Pakistan en Indië in afsonderlike gesprekke met sy eweknieë in dié twee lande. Rubio het in oproepe met Subrahmanyam Jaishankar van Indië en Ishaq Dar van Pakistan gesels. Hy het in die oproepe beklemtoon dat beide kante […]

Read More

Bulle trap Cardiff 45-21 - May 11, 2025

Die Bulle is nog nader aan ‘n tuishalfeindstryd na ‘n verpletterende oorwinning van 45-21 op Loftus Versfeld oor die Walliese span Cardiff, danksy ‘n kragtige voorspeler-vertoning en ‘n meesterklas deur Willie le Roux. Le Roux het as spelmaker ingespring en gehelp met drie van die Bulle se drieë, nadat ‘n beseerde Johan Goosen die veld […]

Read More