Tradisionele owerhede moet help met huishoudelike geweld, sê NNN - May 11, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op tradisionele owerhede gedoen om met die regering saam te span in die stryd teen huishoudelike geweld, veral die misbruik van vroue en kinders. Sy het Saterdag tydens die Omagongo-fees in Ohangwena na die onlangse kindermoorde op Okahandja verwys en dit barbaars genoem. Nandi-Ndaitwah het gesê sy is bekommerd […]

Read More

Valke-ondersoek bloot intimidasie, sê AfriForum - May 11, 2025

Die Valke se voortgesette ondersoek na klagte van hoogverraad teen AfriForum is niks anders nie as ‘n poging tot intimidasie, sê die organisasie. Die Valke se nasionale hoof het Donderdag gesê die eenheid is steeds besig met hul ondersoek ná klagte in Februarie aanhangig gemaak is. Volgens Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, is pogings […]

Read More

Skietstilstand tussen Indië, Pakistan in gedrang - May 11, 2025

Indië en Pakistan beskuldig mekaar van skendings van ‘n skietstilstand ure ná die lande Saterdag tot ‘n onmiddellike wapenstilstand ingestem het. Meer as 60 mense is dood ná oorgrens militêre aanvalle Woensdag van stapel gestuur is en tot die ergste botsings in dekades gelei het. Vrese bestaan dat die konflik tussen die twee kernmoonthede verder […]

Read More

15 000 atlete durf Kaapstad 10K aan - May 11, 2025

Die Kaapstad 10K vind vandag vir die tiende keer plaas en ongeveer 15 000 mense sal die strate van Woodbridge-eiland in Milnerton tot Laer Langstraat in die middestad invaar. Burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê atlete sal ikoniese uitsigte oor Tafelberg geniet terwyl hulle langs die kuslyn, op die N1 en in die […]

Read More

Namibië, Angola steeds vol Baynes-planne - May 11, 2025

Namibië en Angola is steeds van plan om die Baynes-hidrokragaanleg te ontwikkel, het Staatshuis Saterdag gesê na afloop van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se eerste amptelike besoek aan haar Angolese eweknie João Lourenço. Kragverspreidingslyne en waterkanale in die Noorde is deel van dié oorgrensprojek by die Kunene-rivier. Die twee regerings gaan ook op verskeie ander gebiede […]

Read More

Eskom: Ligte gaan aanbly dié winter - May 11, 2025

Eskom voorsien nie dat beurtkrag dié winter geïmplementeer gaan word indien onbeplande onderbrekings laer as 13 000 megawatt bly nie. Eskom het Maandag sy Wintervooruitsig vir die tydperk tot 31 Augustus gestel, wat van krag bly. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê indien onderbrekings tot 15 000 megawatt styg, sal beurtkrag tot ‘n maksimum van […]

Read More

MAGA skepties oor Pous Leo se prioriteite - May 11, 2025

Jubeling oor die nuwe pous het vandeesweek vinnig getaan toe mense aan die voortou van Donald Trump se Make America Great Again-beweging besef het die eerste Amerikaanse Pous stel nie noodwendig Amerika eerste nie. Pous Leo het voorheen kommer uitgespreek oor behoeftiges en immigrante en dit blyk dat hy die ontslape meer liberale pous Franciskus ondersteun […]

Read More

MotoGP: Márquez steeds onoorwonne - May 11, 2025

Die Spaanse motorfietsryer Marc Márquez is steeds onoorwonne in die blitsrenne van vanjaar se MotoGP nadat hy Saterdag ook op Le Mans koning gekraai het. Met dié sege het hy die eerste ryer geword om ses agtereenvolgende seges in die MotoGP se blitsrenne te behaal. Sy broer, Alex, moes weer eens met die tweede plek […]

Read More

Nampol konfiskeer N$2,7 miljoen se dwelms - May 10, 2025

Die polisie het in April vanjaar op dwelms ter waarde van bykans 2,7 miljoen Namibiese dollar beslag gelê en 203 verdagtes in hegtenis geneem. Bykans 2,6 miljoen dollar hiervan was dagga waarop beslag gelê is. Die res van beslagleggings het bestaan uit 747 Mandrax-tablette, 51 gram kokaïen en 43 eenhede crack-kokaïen. Altesaam 192 Namibiërs is […]

Read More

SA gretig vir ‘konstruktiewe dialoog’ met VSA - May 10, 2025

Die regering sê hy is steeds verbind tot konstruktiewe dialoog met die Verenigde State van Amerika, geanker in wedersydse respek vir soewereiniteit, die oppergesag van die reg, en ‘n gedeelde verbintenis tot die versterking van wedersyds voordelige bilaterale vennootskappe. Die woordvoerder van die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die departement het […]

Read More