Nandi-Ndaitwah sien uit om met nuwe pous saam te werk - May 10, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het pous Leo XIV se beroep vir vrede, verdraagsaamheid en toewyding verwelkom om brûe tussen nasies en die Katolieke geloof te bou. Nandi-Ndaitwah het die nuwe pous geluk gewens met sy verkiesing as hoof van die kerk Donderdag. Sy sê sy sien uit daarna om saam met pous Leo te werk om […]

Read More

Afrikaner-vlugtelinge na VSA ‘polities gemotiveerd’ - May 10, 2025

Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sê die hervestiging van Suid-Afrikaners in Amerika onder die dekmantel van vlugtelingskap is geheel en al polities gemotiveerd. Amerika het die aansoeke van sogenaamde vlugtelinge uit Suid-Afrika begin verwerk en sal dié Suid-Afrikaners daar begin hervestig. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê dit is nie duidelik hoe […]

Read More

Indië beveel X om duisende rekeninge te vries - May 10, 2025

Indië het X beveel om meer as 8 000 rekeninge te vries. Die sosiale media-platform sê hy het met huiwering voldoen aan wat hy as regeringsensuur beskryf. Dit is vermoedelik deel van Indië se omvattende optrede teen sosiale mediarekeninge vir Pakistanse politici, bekendes en media-organisasies te midde van verhoogde spanning en dodelike botsings tussen die kernbewapende […]

Read More

Tennis: Sinner weer terug op die baan - May 10, 2025

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, keer vandag terug na sy opkikkerskorsing van drie maande wanneer hy teen die Argentyn Mariano Navone speel in sy tuistoernooi, die Italiaanse Ope. Carlos Alcaraz het Vrydag sy veldtog vir ‘n eerste titel in Rome afgeskop met ‘n maklike oorwinning oor die Serwiese kwalifiseerder Dusan Lajovic. Die Spanjaard is terug nadat hy […]

Read More

Riviervlakke in Namibië sak - May 10, 2025

Die vlakke van die vernaamste riviere in Namibië is besig om te daal, sê hidrologiese dienste. Teen Vrydag was die vlak van die Oranjerivier by Blouputs 4,11 meter teenoor 5,64 meter die vorige dag. By Sendlingsdrift het dit van 6,1 meter tot 6,03 meter gesak. By Katima Mulilo het die Zambezi-rivier van 5,45 tot 5,42 […]

Read More

Tradisionele leiers soek referendum oor grond - May 10, 2025

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika sê ‘n referendum is die beste manier om die grondkwessie op te los. Cotralesa se sekretaris-generaal, Zolani Mkiva, sê hoewel die ANC optrede oor grondhervorming belowe het, glo tradisionele leiers tans die publiek moet besluit. Hy het op ‘n gesamentlike inligtingsessie met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party gepraat na […]

Read More

Mexiko sleep Google hof toe ‘Golf van Amerika’ - May 10, 2025

Mexiko het Google hof toe gesleep omdat dié kuberreus herhaalde versoeke ignoreer om nie na die Golf van Mexiko as die Golf van Amerika op Google Maps vir Amerikaanse gebruikers te verwys nie, sê president Claudia Sheinbaum. Sy het nie gesê waar die regsgeding aanhangig gemaak is nie. Donderdag het die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, oorheers […]

Read More

Bokke gooi gewig agter Bulle teen Cardiff - May 10, 2025

Die Springbokke Willie le Roux, Cameron Hanekom en Marcell Coetzee is ingesluit in die Bulle se opdraf-span vir vanaand se wedstryd teen Cardiff op Loftus in die voorlaaste ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Hanekom keer terug ná ’n besering, terwyl Le Roux en Coetzee in die vorige wedstryd teen die verdedigende kampioen, Glasgow, in Skotland […]

Read More

Skaap-, bokvleisuitvoere na China kry hupstoot - May 10, 2025

Die landbouministerie en China se Algemene Administrasie van Doeane-departement het ‘n protokol gefinaliseer oor vereistes vir die uitvoer van skaap- en bokvleis na China. Die protokol is Vrydag amptelik onderteken. Dit sal na verwagting ekonomiese groei bevorder, werksgeleenthede skep en wedersydse voordele vir beide lande inhou. Landbouminister Inge Zamwaani het by die geleentheid gepraat.

Read More

Slakkepas met SA-rybewyse - May 10, 2025

Suid-Afrika se enigste rybewyskaart-drukmasjien is weer operasioneel ná ‘n drie-maande-lange onderbreking. Daar is egter steeds ‘n beduidende agterstand van 747 748 kaarte. In Gauteng is daar meer as 252 000 kaarte wat agterstallig is en KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap worstel ook met groot agterstande. Die departement van vervoer se woordvoerder, Collen Msibi, het aangekondig verlengde […]

Read More