Londen kry selfbestuur taxi’s - October 16, 2025
Die Amerikaanse selfbestuur-motoronderneming Waymo het planne aangekondig om sy robot-taxis volgende jaar in Londen bekend te stel, terwyl Brittanje ‘n outonome voertuigmark wil ontwikkel. Dit is die eerste keer dat Waymo, wat besit word deur Google se moedermaatskappy Alphabet, na Europa sal uitbrei. Dis reeds teenwoordig in ‘n groeiende aantal stede in Amerika. Lede van […]
Sopkombuis kort hulp voor Kersfees - October 16, 2025
Die Porridge Storage Centre in die Havana informele nedersetting in Windhoek het voedselskenkings nodig om aan toenemende behoeftes van die gemeenskap te voorsien. Die sentrum verskaf elke Saterdag kos aan meer as 500 behoeftiges tussen die ouderdom van een en 86 jaar. Die sentrum beplan ook ‘n Kersfees-uitreiking op 6 Desember en verwag meer as […]
Mislukking met implementasie beteken meer skuld - October 16, 2025
Reaksie word steeds ontvang op die regering se stadige implementering van die ontwikkelingsbegroting. Volgens finansminister Ericah Shafudah is minder as 30 persent van die 9,6 miljard Namibiese dollar wat vir projekte begroot is, teen einde September bestee. Die ekonoom Gabriel Erastus sê dit het ‘n impak op die uitvoering van kapitaalprojekte, en dus op werkskepping […]
Groot uitdagings met NamPost se toelaagbetalings - October 16, 2025
Dit wil voorkom asof NamPost se ingefaseerde uitrol van toelaagbetalings in chaos ontaard het. Plaaslike media berig veral pensioenarisse is vir twee dae by uitbetalingspunte in vyf streke. Daar is ook geen toiletgeriewe by van die punte nie. By die Epupa-kiesafdeling moes bejaardes twee dae wag en sommiges is steeds nie betaal nie. Okahandja het […]
Dickmann maak goeie vordering met Google-saak - October 16, 2025
Henner Diekmann se saak teen Google se reël nisi is vir vandag vasgestel. In stukke sê hy aan regter Thomas Masuku dat hy wel beslag gelê op verskeie Google-handelsmerke wat plaaslik geregistreer is. Die saak handel oor artikels oor Diekmann wat hom laster. Hy het reeds teen The Namibian ‘n saak in die verband geloods […]
NamPol waarsku drankhandelaars oor komende eksamens - October 16, 2025
Nampol het ‘n ernstige waarskuwing aan drankwinkeleienaars gerig voor die aanvang van die eksamenseisoen. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Nampol se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, kroeg- en shebeen-operateurs versoek om die wet na te kom en geraas te verminder. Sy sê die ontwrigting van harde musiek en wanordelike gedrag beïnvloed leerders wat […]
Premier vergader met landbouminister oor wateruitdagings in Oshikoto - October 16, 2025
Eerste minister Elijah Ngurare het die Nasionale Vergadering verseker dat die regering dringend stappe doen om voortgesette wateruitdagings in dele van die Oshikoto-streek aan te spreek. Hy het in antwoord op ‘n vraag van die IPC se Imms Nashinge, die leier van die opposisie in die parlement, gesê dat sy kantoor vandag met die landbouministerie […]
Cosatu verwelkom nuwe MIV-middel - October 16, 2025
Cosatu sê die MIV-voorkomingsmiddel, lenacapavir, sal ‘n deurbraak vir Suid-Afrika wees. Dit is ‘n revolusionêre, langwerkende inspuitbare middel wat ses maande se beskerming bied met slegs twee jaarlikse dosisse. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het onthul dat hulle van voorneme is om die middel reeds in Maart volgende jaar te begin versprei. Matthew Parks […]
Madagaskar: Weermaghoof word a president ingesweer - October 16, 2025
Madagaskar se nuwe militêre leier, Michael Randrianirina, het Woensdag gesê hy sal binnekort as president ingesweer word, na ‘n staatsgreep wat hy gelei het om president Andry Rajoelina uit die kussings te lig. Die leërkolonel het tydens ‘n pers-inligtingsessie gepraat, nadat die grondwetlike hof hom genooi het om as president van die voormalige Franse kolonie […]
Wapenstilstand na geweld tussen Pakistan en Afghanistan - October 16, 2025
Tientalle soldate en burgerlikes is dood nadat vars botsings langs die grens van Afghanistan en Pakistan uitgebreek het, en Islamabad vergeldingslugaanvalle op die Afgaanse hoofstad, Kaboel en Kandahar-provinsie uitgevoer het. Die twee lande het Woensdagaand ‘n wapenstilstand verklaar na die jongste geweld, wat gekom het ná oorgrens-gevegte die naweek. Die dodelike botsings en lugaanvalle het […]