Lefa hoop alle vervoerdienste kom wet na - May 9, 2025
Vervoerdienste soos Yango, InDrive en Lefa sal na verwagting groot baat vind by die komende Streek 5 Jeugspele, wat vir 4-13 Julie in die hoofstad geskeduleer is, volgens die voorsitter van die plaaslike organiseringskomitee en president van die plaaslike Olimpiese komitee, dr. Ndeulipula Hamutumwa. Hamutumwa sê plaaslike platforms sal ‘n sleutelrol speel in die veilige […]
Valke ondersoek steeds hoogverraad-klagte teen AfriForum, Solidariteit - May 9, 2025
Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die vier hoogverraad-dossiere waarby AfriForum en Solidariteit betrek word, word steeds ondersoek. Die sake handel oor die beweerde verspreiding van waninligting in Amerika oor Suid-Afrika se Onteieningswet, en bewerings teen president Cyril Ramaphosa en die ANC. AfriForum hou vol dat geen regsgronde bestaan vir die aanklagte nie. […]
Twee mans skuldig bevind na afkap van beroemde boom - May 9, 2025
Twee Britse mans, Daniel Graham en Adam Carruthers, is skuldig bevind aan strafregtelike skade nadat hulle doelbewus ‘n beroemde plataanboom in Noord-Engeland afgekap het. Die boom het op Sycamore Gap gestaan, wat geleë is op die geskiedkundige UNESCO-wêrelderfenisgebied Hadrian’s Wall. Die erfenisgebied is byna 2 000 jaar gelede gebou om die verste noordwestelike grens van […]
Shukri Conrad nou Proteas-hoofafrigter in al drie formate - May 9, 2025
Krieket: Shukri Conrad is aangestel as hoofafrigter van die Protea-manspan in al drie formate. Hy het sedert Januarie 2023 die toetsgroep gelei en sal nou ook toesig hou oor die witbalformate. Dit begin met die driehoekige T20-toernooi teen Zimbabwe en Nieu-Seeland in Julie. Conrad se termyn strek tot met 2027 se eendag-Wêreldbekertoernooi wat in Suid-Afrika, […]
Stad Windhoek spreek klagtes oor vullisverwydering aan - May 9, 2025
Inwoners van Havana informele nedersetting het die Stad Windhoek versoek om vullis betyds te verwyder en meer vullishouers of vullisdromme te verskaf. Hulle sê sommige hope vullis word vir meer as ‘n maand net so gelos. Die nabygeleë Hakahana het dieselfde klagtes. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya erken dat daar af en toe vertragings in vullisverwydering is […]
Opwindende kragmetings op spyskaart in rugby-premierliga - May 9, 2025
Die stryd om halfeindrond-plekke in die Namibiese Rugby-Premierliga versterk die naweek met ‘n paar belangrike wedstryde op die spyskaart. FNB Wanderers op 28 punte en FNB Kudus op 24 lyk asof hulle die halfeindronde gehaal het, maar die ander twee plekke moet nog beslis word. Wanderers is die gunstelinge teen United in hul jaarlikse derby […]
Nashinge nie gelukkig met NV-vorderingsverslag - May 9, 2025
Tydens ’n sitting van die Nasionale Vergadering het Helaria Mukapuli, die voorsitter van die staande parlementêre komitee oor finansies, die vorderingsverslag oor die stem vir die Nasionale Vergadering en die Nasionale raad voorgelê. Sy het aanbeveel dat die verslag sonder wysigings aanvaar word. Opposisieleier Imms Nashinge sê hy is nie oortuig nie.
Vissermanne sit voet neer oor voortslepende kwessies - May 9, 2025
Sowat 3 000 vissermanne en -vroue in Walvisbaai doen ‘n beroep op die Presidensie om dringende kwessies in die visbedryf aan te spreek. Hulle dreig om na Windhoek te stap om hul bekommernisse aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah te oorhandig indien hulle nie reaksie kry nie. Die sekretaris van die Myn-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersvakbond, Joseph […]
Walvisbaai-munisipaliteit verduidelik uitdagings met dienslewering - May 9, 2025
Die Walvisbaai-munisipaliteit erken dat sekere diensleweringsuitdagings, veral in afvalbestuur, rioolinstandhouding en padinfrastruktuur inwoners ontstig. In ‘n verklaring sê die owerheid meeste van hierdie uitdagings is die gevolg van ‘n kombinasie van komplekse faktore, insluitend verouderde infrastruktuur en ‘n groeiende bevolking. Hy sê hy erken dat daar ruimte vir verbetering is maar die uitdagings word aangespreek. […]
Namibiërs toenemend lewenstevrede, wys navorsing - May 9, 2025
Namibiërs is nogal tevrede met hul lewens en het die afgelope drie jaar meer tevrede geword, het navorsing van Cirrus gewys. Respondente is in ‘n meningspeiling gevra om hul lewenstevredenheid op ‘n skaal van nul tot 10 te beoordeel. Die gemiddelde Namibiese telling in 2024 was 4,91, ‘n verbetering vanaf 4,46 in 2021, waarna dit […]