Regering fokus op kragopwekking, Baynes-hidroëlektriese projek - May 9, 2025

Die regering het 56,3 miljoen Namibiese dollar toegeken aan die ontwikkeling van kragopwekkingsinfrastruktuur, met ‘n deel van die befondsing wat opsy gesit is vir voorbereidings van die beplande Baynes-hidroëlektriese projek. Die gesamentlike Namibië-Angola-projek, wat 600 megawatt hernubare energie sal lewer, sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2027 met konstruksie begin. Die toekenning sal […]

Read More

Media wil saak van vermiste joernalis regstreeks uitsaai - May 9, 2025

Die Nasionale Persklub en die Afrika-media- en kommunikasieforum sê hulle is geskok en hartseer oor die dood van die Pretoriase joernalis Sibusiso Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Precious Mdhluli. Hulle het in Februarie vermis geraak. Die polisie het Donderdag die oorskot van twee mense by Rust De Winter in Limpopo gevind – vermoedelik van […]

Read More

China-VSA handelsgesprekke kan ‘n keerpunt wees - May 9, 2025

Senior Amerikaanse en Chinese amptenare vergader die naweek in Genève, Switserland, om ‘n ontlonting van hul skadelike handelsoorlog te bespreek. President Donald Trump het ‘n tarief van ten minste 145-persent op die meeste Chinese invoere geplaas, en China het gereageer met ‘n tarief van 125-persent op sommige Amerikaanse invoere. Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott […]

Read More

Twee stadions sal LA 2028 openingseremonie aanbied - May 9, 2025

Olimpiese Spele: Die Los Angeles Memorial Coliseum en die SoFi-stadion sal die openingsgeleentheid van die 2028 Spele in suidelike Kalifornië deel – iets wat nog nooit tevore gedoen is nie. Die Coliseum, wat ook die afsluitingsgeleentheid sal aanbied, sal die eerste stadion word om by drie Spele, betrokke te wees ná 1932 en 1984. L-A-28-voorsitter […]

Read More

Nuwe landbouminister maak buiging in NV - May 9, 2025

Die nuwe landbouminister, Inge Zamwaani, het haar ministerie se begroting, stem 37, in die Nasionale Vergadering gemotiveer. Die ministerie is 2,6 miljard Namibiese dollar toegeken, waarvan 506 miljoen dollar gaan aan landbouprojekte en 2 miljard dollar aan die mediumtermyn-uitgawe raamwerk. Zamwaani het meer.

Read More

Voor-vonnisverrigtinge in Joslin Smith-saak uitgestel - May 9, 2025

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die voor-vonnisverrigtinge in die Joslin Smith-verhoor tot die 23ste uitgestel vir verdere raadpleging. Die vermiste dogtertjie se ma, Kelly, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn is verlede week skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel nadat die kind verlede jaar uit haar huis in Saldanhabaai verdwyn het. Daar heers steeds onsekerheid of […]

Read More

VSA-media sê eerste Afrikaner ‘vlugtelinge’ op pad - May 9, 2025

Amerikaanse media berig president Donald Trump se administrasie beplan om volgende week die eerste groep wit Suid-Afrikaners in die Verenigde State te hervestig. Die Amerikaanse ondersoekende nuusagentskap, The Lever, het eerste berig oor die vestigingsplan en ‘n dokument van 30 April aangehaal waarin gesê word Suid-Afrikaners is geskeduleer om “binne ‘n paar dae” daar te […]

Read More

IPL opgeskort oor Indië-Pakistan konflik - May 9, 2025

Krieket: Die Indiese Premierliga is vir ‘n onbepaalde tyd opgeskort weens die dodelike militêre konflik tussen Indië en Pakistan. Die besluit is geneem nadat ’n wedstryd gister in Dharamsala gestaak is – minder as 200-kilometer van die noordelike stad Jammu waar ontploffings ure tevore aangemeld is. Indië het vandag op die derde dag van vyandighede […]

Read More

Invoere van trekkers, mielies, olies ens., dryf handelstekort - May 9, 2025

Die handelstekort het in Maart gegroei na 2,7 miljard Namibiese dollar, op van 2 miljard dollar in Februarie. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit is aangedryf in laer uitvoere van uraan, nie-monetêre goud en selfs bemesting. Ander uitvoere het ook gedaal terwyl die invoer van petroleum olies, presisie-instrumente, toerusting, trekkers en mielies toegeneem het met totale […]

Read More

Zondo twyfel oor Parlement se teenkorrupsie-maatreëls - May 9, 2025

Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, het twyfel uitgespreek oor die Parlement se instel van teenkorrupsie-maatreëls ná die aanbevelings van die staatskapingskommissie. Zondo het tydens die 15de Statebond-streekkonferensie vir hoofde van teenkorrupsie-agentskappe in Afrika gevra of die Parlement hervormings ingestel het om toekomstige korrupsie te voorkom. Hy het die behoefte aan sterker toesig- en verantwoordingsmeganismes beklemtoon […]

Read More