Pous Leo XIV se broers gesels met die media - May 9, 2025
Die verkiesing van Robert Prevost as pous Leo XIV oorheers veral die Amerikaanse nuustoneel omdat hy die eerste Amerikaner is om die amp te beklee. Sy broers het met die media gepraat. Sy broer John sê hy het hom gevra of hy Conclave gekyk het om te weet hoe hy homself moet gedra. En boetie […]
Chinese ontwikkel amfibiese hond-robot - May 9, 2025
Chinese navorsers by die Suid-China Universiteit vir Tegnologie het ’n amfibiese robot-hond ontwikkel wat doeltreffend op land en in water kan beweeg. Die robot is geïnspireer deur honde se swembewegings, en beskik oor ’n dubbelgewrig-beenstruktuur wat twee style vir spoed en ‘n stadiger drafaksie vir stabiliteit insluit. Die robot kan in die water snelhede van […]
O&L skaf twee nuwe vliegtuie aan - May 9, 2025
Die Ohlthaver & List groep het twee nuwe vliegtuie by sy vloot gevoeg om toegang tot sy luukse ontspanningsbestemmings regoor die land te versterk. Die nuwe toevoegings, ‘n King Air B350 en ‘n Cirrus SR22, sal by die groep se Cirrus SR22 en Beechcraft 1900 aansluit. Die King Air B350 is ideaal vir middelgrootte groepe […]
BoN se leenstrategie bekend gestel - May 9, 2025
Die sentrale bank van Namibië het hulle leenstrategie vrygestel. Namibië se leningsvereistes staan op 29,8 miljard Namibiese dollar. Die begrotingstekorte sal volgens verwagtinge vergroot na 12,8 miljard dollar na ‘n verwagte 9,8 miljard dollar in die 2024/25 begrotingsjaar. Volgens ‘n Cirrus verslag sal plaaslike en internasionale skuld ‘n las op die fiskus wees. Kosmos 94.1 […]
Mosiehof: Banke bring amper helfte van die sake op die rol - May 9, 2025
Regters Orben Sibeya en Gerson Narib het vanoggend 94 aansoeke vir verstekvonnisse, met nege op die reël 109-rol, hanteer. Banke het 44 van die aansoeke gebring en eis 23 onbetaalde eiendomslenings terug ter waarde van 24,7 miljoen dollar. Daar is ook 21 onbetaalde lenings met ‘n skuldlas van 8,5 miljoen dollar. Maandag se onverdedigde egskeidings […]
Ministerie sê oor arbeidsinspeksies - May 9, 2025
Die arbeidsministerie het in die vorige boekjaar 1 739 werkplekinspeksies oor basiese diensvoorwaardes uitgevoer. Dit het betaling, werksure, verlof, akkommodasie en meer ingesluit. ‘n Totaal van 353 maatskappye, amper een ‘n dag, was in stryd met arbeidswette. Die ministerie se woordvoerder, Maria Hedimbi, het meer.
Braaibroodjie-indeks toon hoogste prys nog - May 9, 2025
Die Suid-Afrikaanse ekonoom Johann Biermann se jongste braaibroodjie-indeks is uit en vanaf 30 April is die koste van ‘n braaibroodjie in die buurland R21,89. Dit is ‘n nuwe hoogtepunt en hy sê die koste het met 2,7 persent van die vorige maande gestyg as gevolg van die 10,3 persent styging in die prys van tamaties […]
DRK se afgetrede generaal hoor na verwagting vandag oor sy miljoene - May 9, 2025
Uitspraak word vandag verwag in die saak van die DRK se afgetrede generaal, François Olenga teen die Bank van Namibië oor meer as 40 miljoen Namibiese dollar in ‘n plaaslike bankrekening, nadat die sentrale bank besluit het om die fondse in die rekening aan die staat te verbeur. Die bank sê die Finansiële Intelligensiesentrum het […]
Besnoeiing aan studentehulp wek kommer - May 9, 2025
Onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê begrotingsbesnoeiings bly ’n bedreiging vir die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het in hierdie akademiese jaar beduidend minder finansiële ondersteuning aan privaat diensverskaffers gegee vir studentebehuising. Makaneta doen ’n beroep op die regering om voldoende befondsing vir studentebehuising te prioritiseer, sodat studente op hul […]
Onbekend wanneer VK, VSA ooreenkoms in werking tree - May 9, 2025
Die hoofsekretaris vir die Britse Tesourie, Darren Jones, sê daar is nog baie werk om te doen in verband met Amerikaanse tariewe en sektore moet uitgebrei word. Dit kom na ‘n ooreenkoms rakende voertuie en aluminium uitvoere na die VSA. Dit is nie bekend wanneer die ooreenkoms in werking sal tree nie.