Iere en Engelse maak meerderheid van Leeusspan wat Aussies besoek - May 9, 2025

Die meerderheid van die Britse en Ierse Leeus se span vir vanjaar se toer na Australië kom van Ierland en Engeland. Kaptein Maro Itoje word vergesel deur 12 ander spelers van Engeland, terwyl Ierland 15 spelers in die groep het. Skotland word deur agt spelers verteenwoordig, terwyl Wallis se 17 opeenvolgende toetsverliese weerspieël word deur […]

Read More

Knopvelsiekte: Landbou sê oor inenting, reëls - May 9, 2025

Die landbouministerie het verlede week ‘n uitbreking van knopvelsiekte in die Outjo-omgewing aangekondig, en ook ‘n inentingsprogram uitgereik vir hervestigde plase. Die skedule kan by die ministerie aangevra word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die woordvoerder van die landbouministerie, wat die regulasies uiteensit.

Read More

Nust en sy wagte kom tot verhaal - May 9, 2025

Dit wil voorkom asof Nust daadwerklike stappe geneem het om die agterstallige minimumloon teen 23 Mei te betaal. Dit kom na wagte van PIS, die sekuriteitsmaatskappy wat die tender het vir dienste by Nust, die hekke van die universiteit gesluit het. Aktivis Michael Amushelelo was weer aan die voorpunt van die onderhandelings en het Kosmos […]

Read More

Sommeliers hou jaarvergadering in SA - May 9, 2025

Die internasionale sommeliersvereniging gaan vir die eerste keer in sy 55-jarige bestaan sy algemene vergadering in Afrika aanbied, en wel in Stellenbosch en Kaapstad. Die geskiedkundige geleentheid beklemtoon Afrika se al groter rol in die wêreldwye wynkultuur en baan die weg vir die vereniging se 2027-kompetisie vir Beste Sommelier in Afrika en die Midde-Ooste. Afgevaardigdes […]

Read More

Bradley Cox teken kontrak met Franse Sherco Rally - May 9, 2025

Bradley Cox van Suid-Afrika het sy eerste fabrieks-renjaerkontrak onderteken om by die Franse span Sherco Rally aan te sluit in die Wêreld-Veldrenkampioenskap. Hy is die seun van Alfie Cox, wat tussen 1998 en 2005 KTM se amptelike renjaer was, drie keer op die Dakar-tydren se podium gestaan en agt skofte gewen het. Die 23-jarige Bradley […]

Read More

LPO vergader met skaapprodusente oor studie vir internasionale markte - May 9, 2025

Die Lewendehawe Produsente Organisasie beplan twee streekvergaderings om lede in te lig oor die vordering van ’n studie wat daarop gemik is om Namibiese skaapboere se betrokkenheid in die internasionale uitvoerwaardeketting vir lamsvleis te versterk. Namibië se skaapbedryf, wat tradisioneel staatmaak op die uitvoer van lewende skape na Suid-Afrika, poog om sy markte te diversifiseer. […]

Read More

Katolieke op die vasteland juig - May 9, 2025

Katolieke op die vasteland juig oor die vinnige verkiesing van ‘n nuwe pous in pous Leo XIV. Hy is die eerste Amerikaner wat die amp sal vul. In Cape Coast in Ghana sê die bekende Katolieke priester, father Bonaventure Quaidoo, en sy ondersteuners daar is geen politiek betrokke nie. Quaidoo het met Reuters gepraat.

Read More

Steinmeier looi Putin oor sy oorlog - May 9, 2025

Die Duitse president Frank-Walter Steinmeier het tydens sy herdenking van die Nazi-nederlaag, wat 80 jaar gelede die Tweede Wêreldoorlog in Europa beëindig het, Rusland gekritiseer oor die oorlog in Oekraïne. Steinmeier het sy dank betuig teenoor die Geallieerde magte en weerstandsbewegings wat Nazi-Duitsland verslaan het. Hy het ook die Sowjet-Rooi Leër, waarin Russiese en Oekraïnse […]

Read More

Groot koue op pad na die Kaap - May 9, 2025

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak-vier waarskuwing uitgereik vir sterk winde en golwe langs die Wes-Kaapse kus hierdie naweek. Woordvoerder van die Rampbestuursentrum, Sonica Lategan, sê die winde sal vanaf vanaand tot môreaand toeneem en moontlik skade aan dakke, bome en langs die kusgebiede veroorsaak:

Read More

Wagte sluit Nust se hekke - May 9, 2025

Vanoggend het werkers van PIS, die sekuriteitsmaatskappy wat die tender het vir dienste by Nust, die hekke van die universiteit gesluit, blykbaar in protes teen die maatskappy se versuim om aan die minimumloonbevel te voldoen. Aktivis Michael Amushelelo was weer aan die voorpunt saam met die werkers en eis regverdige behandeling. Hy het met Kosmos […]

Read More