Qatar bied Starlink op sy Kaapstadvlug aan  - May 9, 2025

Qatar Airways het aangekondig dat een van sy weeklikse vlugte vanaf Doha na Kaapstad vanaf 1 Junie met ‘n Boeing 777 sal wees, wat gratis ultra-vinnige Starlink wi-fi sal insluit. Die lugredery het reeds die wêreld se grootste vloot Starlink-toegeruste 777’s en is ook die eerste om die stelsel op Airbus A350’s aan te bring. […]

Read More

Zambië skep teenstropery veldtog  - May 9, 2025

Zambië se ministerie van Toerisme het sy verbintenis tot die bekamping van stropery herbevestig deur die voortdurende Worth More Alive-veldtog. Die veldtog is geskep in ‘n reaksie op die bedreiging van wildsmokkelary, veral deur die land se internasionale lughawens. Dit sluit in die vestiging van ‘n wildstropery-hulplyn en die installering van lewensgrootte beeldhouwerke van bedreigde […]

Read More

VSA en VK beklink handelsooreenkoms  - May 9, 2025

Amerika se president, Donald Trump, het Donderdag ‘n handelsooreenkoms met die Verenigde Koninkryk aangekondig. Hy het die 25-persent-tarief op Britse staal en aluminium geskrap en die koers op motor-uitvoere van 27,5 persent tot 10 persent verlaag. In ruil daarvoor het Brittanje die tarief op etanol verwyder. Trump sê Amerika sluit met dié ooreenkoms by die […]

Read More

Vrae oor begroting vir 13 stadions - May 9, 2025

Plaaslike media berig vanoggend dat daar vrae is oor die toewysing van 235 miljoen Namibiese dollar om 13 sportstadions tydens die huidige finansiële jaar te bou en op te knap. Kenners meen dis ’n druppel aan die emmer vergeleke met vroeë beramings dat die herstel van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek alleen ’n yslike 2 miljard […]

Read More

Giwusa sê GNU lewer die land uit aan imperialistiese belange - May 9, 2025

Die algemene nywerheidswerkersvakbond Giwusa sê die regering van nasionale eenheid is ’n sameswering om onder die vaandel van ekonomiese groei, die privatisering van staatsbates en die verswakking van omgewingsregulasies te fasiliteer. President Cyril Ramaphosa het die tweede fase van Operasie Vulindlela van stapel gestuur met die doel om vinniger en meer inklusiewe ekonomiese groei te […]

Read More

Trump verwelkom Amerikaanse pous - May 9, 2025

President Donald Trump sê die verkiesing van Robert Prevost as die nuwe pous, die eerste Amerikaner wat tot leier van die Katolieke Kerk verkies is, is ‘n groot eer vir die land. Pous Leo die 14de is gister deur 133 kardinale as die 267ste pous verkies op die tweede dag van hul kardinaalsvergadering agter geslote […]

Read More

Europaliga: Dis Man U teen Spurs in eindstryd - May 9, 2025

Manchester United kom op 21 Mei teen Tottenham Hotspurs in die eindstryd van die Europaliga in Bilboa, Spanje te staan. Twee doele deur Mason Mount van United, wat met een doel agter was, het aan sy span die oorwinning van 4-1 teen Athletic Club besorg in hulle tweede halfeindstryd-ontmoeting op Old Trafford. United het met […]

Read More

Canyon se staproete is oop, maar… - May 9, 2025

Namibia Wildlife Resorts het in laat April aangekondig dat die Visrivier-stapseisoen, wat op 1 Mei sou begin, uitgestel is tot verdere kennisgewing. Dit was weens die stygende watervlak van die Visrivier nadat sluise by die Neckartal- en Nautedamme, wat toe vol was, getrek is. Kosmos 94.1 Nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gepraat vir ‘n […]

Read More

GRN se Epangelo-aandeelplan is dom - May 9, 2025

Nog reaksie word ontvang op die Swapo-manifes se implementeringsplan, veral die standpunt oor mynwese. Onder die sektor, beloof die party om 50 persent van alle nuwe eksklusiewe prospekteerlisensies aan Epangelo Mining, ‘n regeringsmaatskappy toe te ken. Die manifes praat ook oor 900 megawatt in geïnstalleerde energiekapasiteit wat bereik moet word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat […]

Read More

Ithete teiken elektrifisering van 10 000 huishoudings vanjaar - May 9, 2025

Nog beloftes word deur die nuwe administrasie gemaak. Die lynminister en adjunk-eerste minister Natangwe Ithete sê 10 000 huishoudings sal vanjaar geëlektrifiseer word. Dit sal uit sy begroting van 393 miljoen Namibiese dollar vir energie voorsiening kom. Die regering teiken 100 persent dekking teen 2040. Die jongste peiling deur Afrobarometer dui aan dat gemiddelde elektrifisering […]

Read More