Daar is nog groot dele van die land wat uiters droog is - May 9, 2025

Ten spyte van wydverspreide goeie reën word dele van die land, soos Gochas, steeds erg deur droogte geraak. Inwoners rapporteer uiters droë toestande, met min plantegroei en skaars waterbronne. Boere sê die droogte bedreig steeds hul lewensbestaan, en hulle doen ‘n beroep op dringende verligting en ondersteuning van die owerhede. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Kry die glase, SA se wyndruiwe-oes is uitstekend! - May 9, 2025

Suid-Afrika se 2025 druiwe-oes vir wyn het uitstekende vruggehalte gelewer danksy matige, droë toestande wat geur, struktuur en suurgehalte verbeter het. Die uitvoerende hoof van die bedryfsliggaam SA Wine, Rico Basson, het ‘n opbrengs van 1,24-miljoen-ton aangeteken vanaf meer as 86 000 hektaar. Basson sê hierdie oes beklemtoon die veerkragtigheid en toewyding van die land […]

Read More

NamPower, Namdeb werk saam aan hernubare energie - May 9, 2025

NamPower en Namdeb het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor samewerking in die ontwikkeling van hernubare elektrisiteitsprojekte en hulle integrasie in die nasionale kragnetwerk, asook die maatskappy se bedrywighede. Grace Luvindao, Namdeb se bestuurder van korporatiewe aangeleenthede, sê in ‘n verklaring die maatskappy is besig om ‘n 34 megawatt windkrag-aanleg sowat 45 kilometer buite Oranjemund […]

Read More

Suid-Afrikaners moet saamstaan en kinders beskerm - May 9, 2025

Die regering vra Suid-Afrikaners in Kinderbeskermingsmaand om saam te staan en elke kind se waardigheid, veiligheid en onskuld te beskerm. Verslae toon dat meer as die helfte van die land se kinders steeds onder die broodlyn leef. Geweld, armoede en wanvoeding, ongelykheid en onvoldoende toegang tot noodsaaklike dienste belemmer ook kinders se oorlewing, groei en […]

Read More

Amerikaner verkies as pous, neem Leo XIV aan - May 9, 2025

Die 69-jarige Amerikaanse kardinaal Robert Francis Prevost is verkies as pous Leo XIV, waarna hy meer as 100 000 pelgrims en toeriste op Sint Petrusplein in die Vatikaanstad toegespreek het. Die gematigde, Chicago-gebore kardinaal is in senior rolle onder pous Franciskus aangestel. Hy het beduidende sendingervaring in Peru opgedoen, waar hy as biskop van die […]

Read More

Gates sal amper al sy geld teen 2045 weggee, stigting sluit - May 9, 2025

Bill Gates het belowe om 200 miljard Amerikaanse dollar teen 2045 via sy Gates-stigting weg te gee. Hy het Elon Musk oor die kole gehaal en die rykste man ter wêreld beskuldig dat hy die wêreld se armste kinders doodmaak deur groot besnoeiings aan die Amerikaanse buitelandse hulpbegroting. Die 69-jarige mede-stigter van Microsoft sê dat […]

Read More

Benede-Oranjerivier amptelik in vloed - May 8, 2025

Die Benede-Oranjerivier is nou amptelik in vloed, sê die Hidrologiese Diens van Namibië, na die rivier vanoggend 5,46 meter by Blouputs gemeet het en 6,10 meter by Sendelingsdrif. Die diens sê dat die vloei in die komende weke hoog sal bly, aangesien meer water op pad is vanaf die propvol damme in Suid-Afrika. Die Zambezi […]

Read More

AfriForum kap stilswye oor myn-aansoek by Krugerwildtuin - May 8, 2025

AfriForum sê dit is kommerwekkend dat die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, stilbly oor Tenbosch Mining se aansoek om ‘n steenkoolmyn naby die Krugerwildtuin te vestig. Die burgerregteorganisasie het in April die departement en SANParke versoek om ‘n openbare verklaring uit te reik oor hul standpunt rakende die aansoek. Lambert de […]

Read More

Iran ‘nie betrokke by Israeliese ambassade-komplot’ - May 8, 2025

Die minister van Buitelandse Sake van Iran, Abbas Araghchi, verwerp bewerings dat sy regering betrokke was by ‘n komplot om die Israeliese ambassade in Londen te teiken, nadat sewe Iranse burgers in hegtenis geneem is. Die Britse polisie het gesê die sewe Iranse burgers is in afsonderlike operasies gearresteer vir moontlike “terrorisme-oortredings”. Brittanje se minister […]

Read More

Itoje kaptein van Britse en Ierse Leeus vir Australië-toer - May 8, 2025

Rugby: Maro Itoje sal die eerste Engelse kaptein van die Britse en Ierse Leeus wees sedert Martin Johnson in 2001. Dit is vanmiddag in ‘n seremonie in Londen aangekondig, tydens die bekendmaking van die toerspan na Australië. Hoofafrigter Andy Farrell het die Suid-Afrikaners Duhan van der Merwe en Pierre Schoeman ingesluit in sy groep van […]

Read More