Aktivis bly oor ingryping oor Khoekhoegowab by Auas Laerskool - May 8, 2025

Auas Laerskool het ‘n perskonferensie gehou om sosiale media-aantygings aan te spreek oor die verwydering van Khoekhoegowab as onderrigmedium. Die geleentheid het by die skool plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Shaun Gariseb gesels. Hy sê hulle stel nie belang in die heen en weer nie en is dankbaar vir die ingryping deur […]

Read More

Afrikaans Amptelik 100-feesviering in Kaapstad geloods - May 8, 2025

Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het Afrikaans Amptelik 100 van stapel gestuur wat ’n jaarlange viering is van Afrikaans, wat ‘n eeu gelede ’n amptelike taal geword het. Die seremonie het by die Kasteel in Kaapstad plaasgevind. Mackenzie sê die viering eer die taal se wortels in gemeenskappe wat deur slawerny […]

Read More

Skoengooiery lei tot arrestasies in Kenia - May 8, 2025

Drie mans tussen 18 en 22 is in hegtenis geneem nadat ’n skoen Sondag na Kenia se president, William Ruto, gegooi is tydens ’n byeenkoms in die Migori-distrik in die weste van die land. Die regering het die daad as ‘n skande veroordeel, terwyl aktiviste sê dit dui op die toenemende frustrasie oor ekonomiese swaarkry […]

Read More

Rusland by sokker-wêreldbeker kan help met Oekraïne-oorlog: Trump - May 8, 2025

Sokker: Die Amerikaanse president, Donald Trump, is ten gunste van Rusland se deelname aan volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika, en glo dit kan ’n aansporing wees om die oorlog met Oekraïne te beëindig. Trump het tydens ’n vergadering van sy administrasie se taakspan vir die toernooi langs Fifa se president, Gianni Infantino, gesit en […]

Read More

Okabra Brahman- en Simentaler-dag het iets vir almal - May 8, 2025

Die Okabra Brahman- en Simentaler-dag vind Saterdag op plaas Okamutombe in Grootfontein plaas. Groot landbou maatskappye soos Agra en Voermeester is die borge. Die plaaslike ekonoom Dr. John Steytler gaan praat oor volhoubare boerdery, en daar sal ook praatjies wees oor tegnologie in boerdery. Die kaartjies is amper uitverkoop en geen kaartjies sal by die […]

Read More

FNB Vroue Superliga-titel kan deur 3 spanne gewen word - May 8, 2025

Die FNB Vroue Superliga is op ‘n mespunt gebalanseer na die voorste titel-aanspraakmakers, FC Ongos en Beauties FC oor die naweek 1-elk gelykop gespeel het. Ongos, die verdedigende kampioene, is bo-aan die punteleer met 37 punte van 15 wedstryde, maar Beauties is net ‘n punt agter hulle na 14 wedstryde. African Stars Queens kon net […]

Read More

Dis hoekom TransNamib lokomotiewe-tender gekanselleer is: Nekundi - May 8, 2025

Vervoerminister Veikko Nekundi het TransNamib se 2,5 miljard Namibiese dollar lokomotiewe-tender gekanselleer nadat dit aan die lig gekom het dat dit ’n direkte verkryging van ’n enkele vervaardiger was. Hy het in die Nasionale Vergadering gesê dat so ‘n proses Namibië blootstel aan geopolitieke risiko’s. Hy het meer oor die kansellasie van die 23 nuwe […]

Read More

Kauandenge se Asoli by NEC geregistreer - May 8, 2025

Josef Kauandenge, het die nuutgestigte Vereniging vir Plaaslike Belange, bekend as Asoli, bekend gestel. Hy wil deelneem aan die plaaslike owerheidsverkiesings later vanjaar. Die organisasie is nie ‘n politieke party nie maar ‘n vereniging, maar moet nog steeds by die verkiesingskommissie registreer. Woordvoerder De Wet Siluka het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig Asoli is geregistreer. […]

Read More

Beleidmakers ‘het voorstelle nodig oor belegginglandskap’ - May 8, 2025

Reaksie word ontvang op die Swapo-manifes se implementeringsplan, soos ontleed deur die ekonoom Robin Sherbourne. Volgens sy bevindings is daar tans geen groei in of spasie vir private en internasionale belegging in die land nie. Die programme onder een van die prioriteitsvelde, jeugbemagtiging, noem niks oor beleggings en die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad nie, wat […]

Read More

Nust vier sy meeste gegradueerdes ooit - May 8, 2025

Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het grade toegeken aan 2 804 studente, die grootste aantal in die universiteit se geskiedenis. Volgens Nust vise-kansellier Dr. Erold Naomab merk die klas van 2024 ‘n 40 persent verhoging in gegradueerdes teenoor ‘n dekade gelede, en dit is ook die klas met die meeste meesters- en doktorsgrade […]

Read More