Handelstekort effe hoër in Maart, maar baie laer jaar-tot-jaar - May 8, 2025

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelstatistieke vir Maart 2025 uitgereik, waarvolgens die handelstekort 2,7 miljard Namibiese dollar bereik het, hoër as in Februarie maar baie laer as in Maart 2024. Die kommoditeit van die maand is sigarette, wat vir 42,1 miljoen Namibiese dollar uit Suid Afrika en Switserland ingevoer was. Mirjam Shihepo, die agentskap se […]

Read More

Moody’s sny SA se BBP-groei na 1,5% - May 8, 2025

Moody’s het sy voorspelling vir Suid-Afrika se BBP-groei vir vanjaar afwaarts aangepas na 1,5-persent – ’n afgradering van 0,2-persentasiepunte teenoor Februarie se vooruitskatting van 1,7-persent. Die agentskap verwys na wêreldwye beleidsonsekerheid en toenemende handelspanning. Plaaslike ekonome glo selfs dié vooruitskatting is optimisties, en verwag dat die Nasionale Tesourie die syfers moontlik verder kan verlaag in […]

Read More

Duisende miere het 4 mans in diep moeilikheid - May 8, 2025

’n Keniaanse hof het vier mans tot een jaar tronkstraf of ’n boete van 140 000 Namibiese dollar gevonnis, nadat hulle probeer het om duisende lewendige koninginmiere uit die land te smokkel. Die twee Belge, ’n Viëtnamese burger en ’n Keniaan is verlede maand in hegtenis geneem met lewende miere wat vermoedelik bestem was vir […]

Read More

Nedbankbeker-eindstryd: Foutiewe stelsel verkoop duisende kaartjies te veel - May 8, 2025

Sokker: Kaartjies vir Saterdag se Nedbankbeker-eindstryd tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates op die Moses Mabhida-stadion in Durban is amptelik uitverkoop. Stelselfoute het egter veroorsaak dat meer as 10 000 kaartjies te veel verkoop is. Die uitvoerende hoof van Stadium Management South Africa, Bertie Grobbelaar, sê aanhangers wat nie plek het nie, sal terugbetalings ontvang. […]

Read More

Hofoorwinning in Trustco-saak ‘n ‘wen vir belastingwetgewing’ - May 8, 2025

NamRA het ‘n verklaring uitgereik rakende sy oorwinning in die saak met Trustco waar 593 miljoen Namibiese dollar in belasting ter sprake was. Die agentskap sê in werklikheid, is dit ‘n oorwinning vir belastingwetgewing in die land en dat die hof ook die “betaal nou, stry later”-beginsel bevestig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

Polisie vra publiek se hulp oor vermiste joernalis, sy meisie - May 8, 2025

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het openbare hulp gevra met die soektog na die vermiste joernalis Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Hulle het op 18 Februarie verdwyn nadat hulle hul huis in Mpumalanga verlaat het. Die polisie het die saak herklassifiseer as ontvoering en kaping en die verdagtes wat in hegtenis geneem is, […]

Read More

Disneyland Abu Dhabi sal glo Emirates-kleurtjie hê - May 8, 2025

Disney het planne aangekondig om sy eerste temapark in die Midde-Ooste op te rig. Die oord, wat op die Yas-eiland in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate sal wees, is ‘n samewerking tussen Disney en die plaaslike ontspannings- en vermaaklikheidsondernemimg, Miral. Disney het reeds ses temaparke in Noord-Amerika, Europa en Asië. Disney se uitvoerende […]

Read More

Jong ster Rew in Engelse span vir toets teen Zimbabwe - May 8, 2025

Krieket: Somerset se jong ster, James Rew, is opgeneem in die Engelse span vir die eenmalige toets teen Zimbabwe wat op 22 Mei in Nottingham begin. Die 21-jarige, een van die belowendste kolwers in Engelse krieket, vervang Jordan Cox, wat ’n buikbesering opgedoen het. Dit is Rew se eerste verskyning vir die senior Engelse span. […]

Read More

Arbeid vorder N$2m in van nie-nakomende werkgewers - May 8, 2025

Die arbeidsministerie het net meer as 2 miljoen Namibiese dollar namens verskeie werknemers ingevorder. In ‘n verklaring sê Maria Hedimbi, skakelbeampte by die ministerie dit was in die vorige boekjaar en was van 3 317 voltooide ondersoeke na klagtes deur werkers. ‘n Totaal van 4 176 klagtes is gedurende die jaar ontvang. Die sentrale gebied […]

Read More

MK verwerp hofbeslissing oor dubbele burgerskap - May 8, 2025

Die MK-party sê hy verwerp onomwonde die Konstitusionele Hof se uitspraak wat dubbele burgerskap verseker. Dié beslissing bevestig die Appèlhof se uitspraak wat ‘n bepaling van die wet op Burgerskap as onwettig verklaar. Die Konstitusionele Hof het wetgewing as ongrondwetlik verklaar wat Suid-Afrikaners van hulle burgerskap ontneem as hulle die burgerskap van ‘n ander land […]

Read More