Rusland vra te veel – JD Vance - May 8, 2025

Die Amerikaanse visepresident JD Vance het ‘n geleentheid wat deur die München Sekuriteitskonferensie gereël is bygewoon. Hy het oor die oorlog in Europa gepraat en gesê dat die VSA die toegewings wat Rusland probeer het om die oorlog met Oekraïne te beëindig as ‘te veel’ beskou. Hy sê die Oekraïne is ook belangrik.

Read More

Amorim wil nie Bruno Fernandes verloor nie - May 8, 2025

Afrigter Ruben Amorim het beklemtoon dat hy Manchester United se kaptein, Bruno Fernandes, wil behou, ondanks belangstelling uit Saoedi-Arabië. Amorim het die Portugese internasionale speler as een van die wêreld se topspelers beskryf. Die 30-jarige spelmaker het twee doele aangeteken in verlede week se sege van 3-0 oor Athletic Bilboa in die eerste wedstryd van […]

Read More

Groot hupstoot vir Windhoek-verklaring - May 8, 2025

Die Namibië Media Trust se Media-stigting het die inskrywing van die 1991 Windhoek-verklaring oor die Bevordering van ‘n Onafhanklike en Pluralistiese Afrika-pers in Unesco se Memory of the World-register geloof. Gwen Lister, wat die voorsitter van die oorspronklike konferensie wat die verklaring tot stand gebring het in Brussel besin oor die blywende invloed daarvan ten […]

Read More

Maersk se nakomingsreëls bemoeilik houtskool-uitvoere - May 8, 2025

Nuwe maatreëls van die verskepingsmaatskappy Maersk maak dit baie moeilik om tans enige houtskool deur dié maatskappy uit te voer. Fabriek-oudits, bykomende verwerking van die produk, vakuumverseëling met termo-komberse en ‘n reeks verpligte sertifikate word nou vereis. Maersk is verantwoordelik vir die verskeping van meer as die helfte van die land se houtskool uitvoere. Kosmos […]

Read More

Miljoene vir Etosha se grens, bewareas en mens-dier-konflik - May 8, 2025

Die omgewingsministerie het 346 miljoen Namibiese dollar vir die huidige boekjaar begroot om mens-dier-konflik, bewareas en parkbestuur te ondersteun. In die vorige boekjaar het die regering 9 miljoen dollar aan vergoeding vir mens-dier-konflik in 86 bewareas bestee met 3,4 miljoen dollar wat betaal is aan gemeenskappe buite bewareas. Die uitdagings met die konflik is reus […]

Read More

Landboukenner reageer op Zaamwani se aanstelling as lynminister - May 8, 2025

Reaksie word ontvang op die aanstelling van Inge Zaamwani as die nuwe landbouminister. Dit kom na die vorige minister, Mac Albert Hengari, verlede week die pos verlaat het. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat, wat sê dis goeie nuus maar daar is vrae.

Read More

Miljoene se sigarette in Maart ingevoer - May 8, 2025

Namibië het in Maart 2025 sigarette ter waarde van 42,1 miljoen Namibiese dollar ingevoer. Dit is volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se jongste handelsstatistieke. Die meerderheid invoere is afkomstig van Suid-Afrika en Switserland. In teenstelling was Namibië se sigaret-uitvoere vir dieselfde maand aansienlik laer, en het slegs 100 000 dollar miljoen beloop. Dit was hoofsaaklik heruitvoere, met […]

Read More

NTB sal Namibië in Asië, Midde-Ooste bemark - May 8, 2025

Die nuwe toerisme-minister, Indileni Daniel, sê Namibië sal homself aggressief begin bemark as ‘n voorkeur-toeristebestemming in Asië, die Midde-Ooste, veral in die Verenigde Arabiese Emirate, en Noord-Amerika as deel van pogings om sy toerismemarkte te diversifiseer. Die groter meerderheid besoekers aan die land is afkomstig van Europa met Duitsland die hoofbron. Daniel sê die Namibiese Toerismeraad […]

Read More

SA-ekonomie sal geknou word deur tariewe, politieke onbestendigheid - May 8, 2025

Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika se ekonomie sal waarskynlik teen ‘n aansienlik stadiger tempo groei as wat voorheen verwag is. Dit is die gevolg van binnelandse politieke onbestendigheid en die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariefoorlog. Die buro het sy ekonomiese groeivooruitsigte vir die land tot slegs 1,5-persent verlaag, van twee-persent wat voorheen […]

Read More

EU sal nie weer sake met Rusland doen nie, ook nie na oorlog nie - May 8, 2025

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dit is nie ‘n moontlikheid om na die oorlog in Oekraïne weer Russiese fossielbrandstof aan te koop nie. Dit kom te midde van die Amerikaanse president, Donald Trump, se pogings om ‘n vredesooreenkoms te bewerkstellig. Die Europese Unie was dekades lank Rusland se grootste […]

Read More