Geestesgesondheid-wetsontwerp by NV ingedien - October 15, 2025

Die gesondheidminister, Esperance Luvindao het ‘n geestesgesondheid-wetsontwerp in die Nasionale Vergadering voorgelees. Die bestaande wetgewing dateer terug na 1973. Die wetsontwerp bestaan uit 11 gedeeltes wat onder andere handel oor die regte van pasiënte sowel as gevangenes. Daar is ‘n sterk fokus op gemeenskapsgebasseerde sorg, rehabilitasie en herintegrasie. Luvindao is aan die woord.

Read More

Saai is diep bekommerd oor entstofmaker se ineenstorting - October 15, 2025

Die Suider-Afrikaanse Landbou-inisiatief, Saai, het kommer uitgespreek oor die ineenstorting van Suid-Afrika se staats-entstofvervaardiger, Onderstepoort Biologiese Produkte, na aanleiding van sy 2024/25 jaarlikse prestasieverslag. Die entstofvervaardiger het slegs 62-persent van sy teikens bereik en 100-miljoen Suid-Afrikaanse rand in inkomste verloor, terwyl entstofvervaardiging met 24-persent gedaal het. Dit veroorsaak dat boere kwesbaar is vir voorkombare veesiektes. […]

Read More

Grensoorgang tussen Gaza en Egipte dalk oopgemaak - October 15, 2025

Die enigste grensoorgang tussen Gaza en Egipte sal na verwagting oopgemaak word om honderde vragmotors met broodnodige hulp na die verwoeste strook toe te laat. Volgens berigte kom die besluit na Israel ingelig is dat Hamas vandag nog vier liggame van gyselaars sal oorhandig. Hamas het dit egter nog nie bevestig nie. Duisende ton hulp, […]

Read More

Rassie verwag taai stryd teen Japan - October 15, 2025

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die kragmeting met Eddie Jones se Japanse span op Wembley in Londen op 1 November gaan taai wees. Suid-Afrika speel op die jaareind-toer ook in Parys teen Frankryk, in Turyn teen Italië, in Dublin teen Ierland en in Cardiff teen Wallis nadat hulle vroeër dié maand die Rugbykampioenskaps-titel die tweede […]

Read More

Meld byneste aan vir almal se veiligheid - October 15, 2025

‘n Voorval het vanoggend in Klein Windhoek plaasgevind toe ‘n swerm bye ‘n tuinier en ‘n verbygaande fietsryer aangeval het. Geen sterftes aangemeld nie, en beide individue is na die hospitaal vervoer vir behandeling. Byekenner David Smith het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en mense aangespoor om enige byaktiwiteit naby hul huise of openbare areas […]

Read More

4×4 Vasbyt bied ook ‘drifting’ en ‘spinning’ - October 15, 2025

Die 4×4 Vasbyt keer terug vir die vierde uitgawe in Windhoek op Saterdag, 25 Oktober by die Tony Rust-renbaan. Bianca Oosthuizen van 4×4 Vasbyt Namibië het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geleentheid ook “drifting” en “spinning” sal aanbied. Na ‘n agt jaar lange onderbreking is die geleentheid verlede jaar na die hoofstad teruggebring.

Read More

Politieke partye kap ECN oor stembrief-druk besluit - October 15, 2025

Politieke partye het ‘n dringende perskonferensie saamgeroep om hulle misnoë uit te spreek teenoor die Verkiesingskommisie. Die kommissie het in ‘n vergadering aan die partye gesê hulle gaan nie betaal vir die partye om Suid Afrika toe te gaan om die druk van die stembriewe te monitor nie. Partye moet op eie onkoste na Suid-Afrika […]

Read More

Donatus bedank uit Erongo-streeksraad - October 15, 2025

Die voorsitter van die Erongo-streeksraad, Tegako Donatus, het vandag as Walvisbaai-landelike raadslid bedank. Dit volg op ‘n opdrag om voormalige voorsitter Benitha Imbamba in haar pos te herstel en kom te midde van sy aanklagte van bedrog en geldwassery. Die IPC het Donatus verlede maand ingeperk en hom verhoed om namens die party op te […]

Read More

Katutura-hospitaal se sonkrag-warmwaterstelsel ‘20% herstel’ - October 15, 2025

Herstelwerk aan die Katutura Staatshospitaal se sonkrag-warmwaterstelsel is 20 persent gedoen, met die projek wat na beraming vroeg teen einde November voltooi sal wees. Werke-minister Veikko Nekundi het in die parlement gesê dat die projek van sowat 10,27 miljoen Namibiese dollar, wat deur Namibia Engineering Cooperation and Pumps uitgevoer word, op 12 Augustus afgeskop het en […]

Read More

VSA vernietig nog ‘n dwelmsmokkelboot naby Venezuela - October 15, 2025

Ses vermeende dwelmsmokkelaars is dood in ‘n Amerikaanse aanval op ‘n boot naby die kus van Venezuela. Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê intelligensie het bevestig die boot het dwelms vervoer. Dit is die vyfde aanval sedert die begin van September na die Pentagon se aankondiging van ‘n beslissing deur die president dat die VSA […]

Read More