Inligting sal fokus op kubersekuriteit, netwerk en meer  - May 8, 2025

Inligtingminister Emma Theofelus het haar begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gelewer. Sy het beklemtoon dat die ministerie beoog om die netwerk met behulp van vennote uit te brei na kiesafdelings met swak of geen dekking. Kubersekuriteit sal aandag geniet, terwyl die Kubermisdaad-wetsontwerp en wysigings aan die Kommunikasiewet vanjaar voor die parlement sal kom. 

Read More

Trump se tariewe laat Fed terughou  - May 8, 2025

Die Amerikaanse sentrale bank waarsku dat president Donald Trump se tariewe soveel onsekerheid geskep het dat hy onseker is wat om met rentekoerse te doen. Die Federale Reserweraad het rentekoerse onveranderd gehou, ten spyte van druk van Trump om leenkoste te verlaag. Die voorsitter van die raad, Jerome Powell.  Die besluit was die derde agtereenvolgende […]

Read More

Kortlys vir koningin Elizabeth se gedenkmonument bekend  - May 8, 2025

’n Finale kortlys van vyf voorgestelde ontwerpe vir die nasionale gedenkmonument vir koningin Elizabeth die Tweede is deur die Britse regering onthul. Die monument wat die lewe van Brittanje se langsdienende monarg, wat in September 2022 oorlede is, herdenk, sal in Sint Jamespark in sentrale Londen opgerig word. Drie van die vyf voorgestelde ontwerpe beeld […]

Read More

Esau mag sy geld kry, vir verdediging  - May 8, 2025

Die hooggeregshof het die hoërhofbeslissing dat Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau toegang tot 3,4 miljoen Namibiese dollar van sy fondse kan kry vir regsverdediging, gehandhaaf. Die aanklaer-generaal het die besluit geappelleer maar verloor. Regters Hosea Angula, Dave Smuts en Theo Frank het die uitspraak gelewer en sê redes sal later verskaf word. Dit behoort ‘n verligting vir […]

Read More

Ramaphosa ontleed strukturele hervormings in energie, logistiek en water  - May 8, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die Wysigingswet op Elektrisiteitsregulering sal ‘n mededingende mark skep, koste besnoei en doeltreffendheid verhoog. Ramaphosa het aangekondig om Eskom te herstruktureer en die transmissie-infrastruktuur uit te brei. Hy het ook bevestig Transnet se spoorwegnetwerk sal binnekort privaat operateurs verwelkom, en ‘n Nasionale Wateragentskap sal gevorm word om waterbronne te bestuur en […]

Read More

Houthi’s sal steeds Israelse vaartuie teiken  - May 8, 2025

Iran-ondersteunde Houthi-rebelle van Jemen sê hulle sal voortgaan om Israelse skepe in die Rooisee en Golf van Aden te teiken, ten spyte van ’n skietstilstandooreenkoms met die Verenigde State. ’n Lid van die politieke buro van die Houthi’s, Abdulmalik Alejri, sê die waterweë is veilig vir alle internasionale skepe, behalwe dié van Israel. Hy sê […]

Read More

PSG wen 3-1 teen Arsenal  - May 8, 2025

Paris St-Germain is deur na die Kampioeneliga se eindstryd na hulle Arsenal met 2-1 in hulle tweede halfeindstryd-ontmoeting geklop het en met 3-1 op doelgemiddelde geseëvier het. Doele deur Fabian Ruiz en Achraf Hakimi het die oorwinning vir PSG beklink wat in die eindstryd teen Inter Milan te staan kom. PSG gaan probeer om die […]

Read More

Afrikaans is vandag ‘n eeu oud  - May 8, 2025

Afrikaans vier vandag 100 jaar van erkenning as ‘n amptelike taal! Op 8 Mei 1925 is die taal amptelik erken as landstaal in Suid Afrika en word steeds wyd gepraat, ook hier en elders. Chrisna O’Kennedy, uitvoerende hoof van Netwerk Namibië het ‘n spesiale boodskap vir Kosmos 94.1 se luisteraars. 

Read More

GRN se beplanning oor Epangelo-aandele laat meer ruimte vir korrupsie - May 8, 2025

In die Swapo manifes implementeringsplan vir 2025 beplan die regering om groter eienaarskap van myne en eksplorasie in die land te verkry. Die manifes sê Swapo het ten doel gestel om te verseker dat minimum 50 persent van alle nuwe eksplorasie lisensies aan Epangelo Mining, die regering se mynmaatskappy, toegestaan word. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Ekonoom sê oor redes vir daling in toerismesyfers - May 8, 2025

Die gasvryheidsektor is bekommerd oor ‘n voortgesette inkrimping in besettingsyfers in die eerste drie maande van die jaar. Die sektor hoop dat die piekseisoen tussen Julie en September die gewone hoë kamer- en bedbesettingsyfers sal lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Theo Klein, bekende ekonoom by Oxford Economics in Kaapstad, wat moontlike redes vir […]

Read More