Oranjemund-Rosh Pinah-pad vir eers gesluit - May 7, 2025
Vervoerminister Veikko Nekundi het die sluiting van die Oranjemund-na-Rosh Pinah-pad aangekondig nadat water van die Oranjerivier die padoppervlak bereik het, wat ‘n ernstige veiligheidsrisiko inhou. Hy het in die Nasionale Vergadering gesê dit het te gevaarlik geword om die pad oop te hou, veral oornag, aangesien die water steeds styg. Die ministerie is ingesprek met […]
Biomassa-aanleg gaan kraglewering hupstoot gee, hoor NV - May 7, 2025
Adjunk eerste minister en myne en energie-minister, Natangwe Ithete, het in sy begrotingsverklaring in die parlement ‘n opsomming van die ministerie se werksaamhede gegee. Hy het die rol van hernubare energie uitgesonder en verwys na die biomassa-aanleg by Tsumeb, en hoe dit die elektrisiteitsnetwerk sal ondersteun.
Tweede vegvliegtuig val van Amerikaanse vliegdekskip af - May 7, 2025
‘n Multimiljoen-dollar Amerikaanse vegvliegtuig het misluk om op die vliegdekskip Harry S. Trumante land en het in die Rooi See neergestort. Dit is die tweede vliegtuig wat in net meer as ‘n week van hierdie skip verlore gegaan het. Die tweesitplek F/A-18F Super Hornet-vegvliegtuig, wat sowat 1,2-miljard Namibiese dollar kos, het oorboord geval nadat dit […]
Junior Bokke se afrigter glad nie tevrede nie - May 7, 2025
Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, is teleurgesteld met sy span se vertoning in die tweede helfte van hulle wedstryd teen Australië in die tweede ronde van die Onder-20-Rugbykampioenskap in Gqeberha. Australië het na rustyd ‘n agterstand van 17 punte omgekeer om Suid-Afrika 29-24 te klop. Foote sê hulle dissipline en spel […]
Daar’s genoeg slangbyt-teengif, maar lig loop vir skerpioene - May 7, 2025
Namibië het sowat 300 ampules slangbyt-teenmiddel in voorraad, te midde van ‘n breër tekort aan teenmiddels regoor Afrika. Anders as in lande soos Kenia, bly die plaaslike voorraad stabiel danksy ‘n vennootskap vanaf 2021 met Indië se Premium Serums. Die land het egter nog nie ‘n voorraad van effektiewe teenmiddels vir skerpioensteke nie. Kosmos 94.1 […]
Ithete verduidelik regering se stilte oor Namdia-roof - May 7, 2025
Kort op die hakke van drie verdagtes wat in Keetmanshoop gearresteer en in die hof verskyn het in verband met die Namdia-rooftog, kom die nuus dat nog ‘n verdagte aangekeer sal word. NamPol adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan die nasionale uitsaaier gesê die verdagte is ‘n Namdia-sekuriteitsbeampte, en ‘n familielid van twee van die verdagtes […]
Walvisbaai jeug het rede vir klagtes, sê raadslid - May 7, 2025
Die Walvisbaai-jeugforum kla geweldig op sosiale media oor die stand van sake met munisipale dienste in Walvisbaai. Volgens die groep gaan die sanitasie van die dorp ook agteruit. Die munisipaliteit maak ook nie die dorp skoon nie. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale raadslid, Ryan Gordon gepraat wat sê die groep het alle reg om […]
RA-bestuurder, nog ‘n verdagte in hof in weegbrugskaal-korrupsiesaak - May 7, 2025
Twee verdagtes in ‘n korrupsie-ondersoek wat ‘n weegbrugskaal van die Paaie-owerheid behels, het in die Windhoek landdroshof verskyn. Grant Cloete en Paaie-owerheid afdelingsbestuurder Richard Milinga is elk borgtog van 30 000 Namibiese dollar toegestaan. Hulle staar klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal in die gesig. Cloete, ‘n werknemer van SA Scale Company, en Milinga is gearresteer […]
Nuwe distrikshospitaal sal nie gou verrys nie - May 7, 2025
Daar is nie veel kans dat konstruksie van die distrikshospitaal in die hoofstad binnekort sal begin nie. Die gesondheidsministerie sal vanjaar sy ontwikkelingsbegroting van 896 miljoen Namibiese dollar bestee aan die opgradering van kritieke infrastruktuur, en nuwe klinieke en gesondheidsentrums in afgeleë gebiede bou. Die ontwikkeling van die distrikshospitaal wat nou 3,2 miljard dollar sal […]
Daar is wel voorrade by Rundu-hospitaal, sê ministerie - May 7, 2025
Die gesondheidsministerie het skerp gereageer op berigte dat daar ‘n algehele voorraaduitputting by Rundu-hospitaal is. Veral malaria-toetse het onder die loep in die berigte gekom. Uitvoerende direkteur Penda Ithindi het bevestig dat die hospitaal voldoende malariatoetsstelle en ander voorraad het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie Walters Kamaya, gepraat.