Onderwysminister moet begroting verduidelik: BOSA - May 7, 2025

Build One South Africa doen ‘n beroep op die Parlementêre Komitee oor Basiese Onderwys om aan te dring dat minister Siviwe Gwarube ‘n omvattende uiteensetting van die nasionale onderwysbegroting van 330-miljard Suid-Afrikaanse rand moet verskaf. BOSA wil weet hoeveel aan onderwysers, administrateurs en onderwysbeamptes regoor die land betaal word. Woordvoerder van BOSA, Roger Solomons, sê […]

Read More

Valerie die waaghalsige worshond laat trane rol - May 7, 2025

Valerie, die miniatuur worshond, en haar eienaars is uiteindelik herenig nadat sy 540 dae alleen oorleef het op Kangaroo-eiland in Suid-Australië. Valerie het in November 2023 vermis geraak tydens ‘n kampeeruitstappie na die eiland. Vreemdelinge het probeer help, maar sy het gevlug en haar eienaars het moed opgegee en is sonder Valerie huis toe. ‘n […]

Read More

Alpine vervang Doohan onmiddelik met Colapinto - May 7, 2025

Motorsport: Die Formule Een-span Alpine het bevestig dat die reserwebestuurder Franco Colapinto vir Jack Doohan sal vervang vir die volgende vyf wedrenne, insluitende die komende Emilia Romagna Grand Prix op Imola in Italië. Doohan het gesukkel om sy spanmaat Pierre Gasly se tye te ewenaar en het ná ses rondes van sy eerste F1-seisoen nog […]

Read More

Inge Zaamwani aangestel as nuwe landbouminister - May 7, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Inge Zaamwani aangekondig as die nuwe Minister van Landbou, Visserye, Water en Grondbestuur. Zaamwani volg Mac Albert Hengari op, wat verlede week uit die pos getree het. Voordat sy by die Nasionale Vergadering aangesluit het, was Zaamwani ‘n adviseur vir grondwetlike aangeleenthede in die Presidensie. Sy was ook van 1999 tot […]

Read More

ActionSA loods inisiatief vir ekonomiese transformasie - May 7, 2025

ActionSA sê hy stuur vandag sy waagmoedige inisiatief van stapel om Suid-Afrika se ekonomiese transformasie-agenda te herskik tot werklike en blywende regstelling. Die partyleier Herman Mashaba lei die bekendstelling by die Apartheidsmuseum in Ormonde, suid van Johannesburg. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê na 31 jaar van demokrasie, is die belofte van betekenisvolle verandering […]

Read More

Markte in Asië styg op hoop vir China, VSA gesprekke - May 7, 2025

Asiatiese aandele het vandag gestyg nadat China en Amerika gesê het hulle sal die naweek handelsgesprekke voer, wat optimisme aangewakker het dat hierdie supermoondhede hoë tariewe kan terugtrek. Beijing se stappe ter versagting van belangrike monetêre beleidsinstrumente om die wêreld se nommer twee-ekonomie te laat herleef, het hoop onder beleggers versterk nadat hul dronkgeslaan is […]

Read More

Inge Zaamwani vervang Hengari in parlement - May 7, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Inge Zaamwani as ‘n nie-stemgeregtigde lid in die Nasionale Vergadering aangestel. Sy vervang oud-landbouminister Mac Albert Hengari, wat verlede week bedank het. Die aanstelling tree onmiddellik in werking. In ‘n verklaring het president Nandi-Ndaitwah vertroue uitgespreek in Zaamwani se vermoë om haar wetgewende pligte uit te voer. Zaamwani het as Adviseur oor […]

Read More

Schreiber verwelkom hof-uitspraak oor burgerskap - May 7, 2025

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap van 1995, betreffende die verlies aan burgerskap. Die hof het verklaar dat ‘n gedeelte van die wet wat bepaal dat Suid-Afrikaners hulle burgerskap verloor as hulle vrywilliglik die nasionaliteit van ‘n ander land verkry, ongrondwetlik is. […]

Read More

Trump-retoriek vererger masels-uitbreking – kenner - May 7, 2025

Daar is 935 bevestigde gevalle van masels in die VSA, met uitbrekings in ses state en gevalle wat in 23 ander aangemeld is. Drie mense, insluitend twee kinders, is dood waarvan nie een ingeënt is nie. Amerika se afgedankte entstofhoof, dr. Peter Marks het aan Sky News gesê daar sal meer sterftes wees tensy die […]

Read More

Xi en Putin bespreek oorlog in Oekraïne - May 7, 2025

Die Russiese president, Vladimir Putin en China se president, Xi Jinping, sal môre in Moskou die oorlog in Oekraïne en VSA-Rusland-betrekkinge bespreek. Moskou en Beijing het hul bande verdiep te midde van Rusland se militêre aanval op Oekraïne, wat in Februarie 2022 van stapel gestuur is. Rusland sal die rooi tapyt vir Xi uitrol tydens […]

Read More