Basters herdenk Sam Khubis - May 7, 2025

Die Sam Khubis-herdenking in Rehoboth is tans aan die gang. Sedert 1977 herdenk die basters jaarliks die geleentheid. Op 8 Mei in 1915 het die gemeenskap ‘n aanval deur die Schutztruppe oorleef deur op die Rehoboth-koppie te skuil en die Duitsers so oorwin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred Draghoender, een van die organiseerders […]

Read More

Nog drie op Keetmans vas oor Namdia-roof - May 7, 2025

Die polisie se adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan Kosmos 94.1 Nuus die arrestasie op Keetmanshoop van drie verdagtes in verband met die Namdia-rooftog bevestig. George Cloete, sy vrou Charmaine en sy broer Bino het verskyn en die saak is tot 7 Augustus uitgestel. Die rooftog, wat in Januarie plaasgevind het, het die diefstal van diamante […]

Read More

Daling in besettingsyfers wek kommer by toerisme - May 7, 2025

Namibia se gasvryheidssektor het ‘n voortgesette inkrimping in die eerste drie maande van die jaar ervaar, met noemenswaardige dalings in beide kamer- en bedbesettingsyfers in alle streke, volgens die Namibiese Statistiekagentskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging. Daar word gehoop dat die piekseisoen wat van Julie […]

Read More

Okh-moorde: 12 reeds ondervra, daar’s geen aandklokreël nie - May 7, 2025

Die polisie het reeds ondervraging van 12 persone van belang rakende die moorde op Okahandja voltooi. Intussen is daar onduidelikheid oor die of daar ‘n aandklokreël op die dorp is of nie. Volgens die adjunk-polisiehoof Elias Mutota bestaan dit nie op Okahandja nie. Hy sê daar moet eers ‘n noodtoestand verklaar word en dan, kan […]

Read More

Alle oë op TotalEnergies vir finale besluit… maar hoekom? - May 7, 2025

Namibië se olie- en gassektor is tans op ‘n deurslaggewende punt, met die bedryf se toekomsvooruitsigte wat nou gekoppel is aan TotalEnergies se komende finale beleggingsbesluit oor sy aflandige olie-ontdekking. Hierdie besluit, wat vir 2026 geskeduleer is, het aansienlike aandag getrek as gevolg van verskeie kritieke faktore. Eerste sal ‘n positiewe besluit verdere buitelandse beleggings lok […]

Read More

Wanvoeding-taakspan moet inskakel by 2021-beleid - May 7, 2025

Die kabinet het ‘n implementeringstaakspan onder leiding van die gesondheidsministerie goedgekeur om multisektorale maatreëls in te stel wat wanvoeding sal aanspreek. Die fokus sal wees op moedersvoeding, voedselsekuriteit, tuis-groentetuine en verspreiding van voedselhulp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die Nutrition and Food Security-alliansie in Namibië.

Read More

AU se landbouhoof sê die sektor kan vasteland ontwikkel - May 7, 2025

Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Moses Vilakati, glo landbou moet ‘n integrale rol speel in die versnelling van ontwikkeling op die vasteland. Hy het gepraat op die bekendstelling van die strategie- en aksieplan vir die Omvattende Afrika Landbou-ontwikkelingsprogram in Kemptonpark, Ekurhuleni. Vilakati het sê die AU se lidlande moet hierdie plan integreer om hongersnood […]

Read More

Amerika gaan migrante na Libië deporteer - May 7, 2025

Die Trump-administrasie mag migrante vandeesweek vir die eerste keer na Libië deporteer, het drie Amerikaanse amptenare Dinsdag gesê. Dit kom ten spyte van Washington se vorige veroordeling van Libië se wrede behandeling van aangehoudenes. Reuters berig dat twee van die amptenare meen die eerste groep kan vandag reeds gedeporteer word. Die Pentagon het navrae na […]

Read More

Internasionale beroep vir vinnige sonpaneel-permit goedkeurings - May 7, 2025

Die Wêreld-sonkragraad vra die dringende bespoediging van die toestaan van permitte, groter beleggings in slim netwerke en berging en die verlaging in die koste van finansiering. Sonkrag het sedert 2015 nie net gehelp om meer as 2,4-miljard ton koolstofvrystellings te vermy nie, maar ook meer as 200-miljard liter water bespaar vergeleke met fossielbrandstof-opwekking. Die raad […]

Read More

Meatco dagvaar om 80 bees terug te kry, of N$975 000 - May 7, 2025

Meatco en Namibia Cattle Procurement dagvaar ‘n boer van Gobabis, Vasana Ndjavera en sy vrou vir net meer as 975 000 Namibiese dollar of, die voorsiening van sy 80 deelnamebees. In stukke sê die aansoekers dat drie ooreenkomste vir bees onderteken is, in 2014, 2015 en 2017, en 553 bees is aan Ndjavera verskaf. Ndjavera […]

Read More