Oranjemund-Rosh Pinah roete nog oop, RA monitor - May 7, 2025
Die Paaie-owerheid sê die roete tussen Rosh Pinah en Oranjemund is steeds oop en ‘n span is ontplooi na die gebied om die situasie te monitor. Dit kom na stygende vlakke van die Oranjerivier met sluise van amper vier damme in die Vaal-Oranjegebied in die buurland wat tans amper 3 000 kubieke meter water per […]
Derde begroting: GNU moet moeilike besluite kan neem - May 7, 2025
Business Leadership South Africa sê indien Suid-Afrika volhoubare openbare besteding wil bereik, sal hy moet groei om staatsinkomste uit te brei. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan die nasionale begroting die 21ste die derde keer in die parlement voorlê. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, het aan Newzroom Afrika gesê hoewel dit goed is […]
Londen aangewys as beste stad in Europa - May 7, 2025
Londen is vir die derde agtereenvolgende jaar as die beste stad in Europa aangewys. Resonance Consultancy het drie belangrike faktore in ag geneem: leefbaarheid, geliefdheid en welvarendheid. Hy sê Londen se magnetiese aantrekkingskrag lok steeds ‘n wêreldwye gehoor, van studente en entrepreneurs tot toeriste en korporatiewe reuse. In die tweede plek is Parys, wat die […]
Kamwi sê malaria-uitbreking is ‘n skande - May 7, 2025
Namibië het te kampe met ‘n uitbreking van malaria met meer as 56 000 gevalle wat aangeteken is en meer as 5 000 pasiënte wat gehospitaliseer is. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die gesondheidministerie se riglyne te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Richard Kamwi van die Eliminate […]
SA roei asbes- en modderskole uit, maar benodig nog miljarde - May 7, 2025
Die Departement van Basiese Onderwys sê hy het alle skole wat met modder en asbes gebou is, suksesvol uitgeroei. Minister Siviwe Gwarube het tydens ‘n inligtingsessie aan die Parlement se Portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys gesê dit is ‘n belangrike mylpaal in die verbetering van omstandighede waaronder onderrig gegee word. Gwarube waarsku egter oorbevolking bly ‘n […]
Rusland en Oekraïne ruil gevangenes uit - May 7, 2025
Rusland en Oekraïne het elk 205 soldate vrygelaat in die vyfde uitruiling van krygsgevangenes sedert die begin van die jaar. Moskou sê die Verenigde Arabiese Emirate het die uitruiling bemiddel en voeg by sy soldate is tans in Belarus vir mediese en sielkundige ondersoeke. Die uitruiling volg terwyl gesprekke oor ‘n wapenstilstand wat Amerika bemiddel […]
Renaldo se seun kan sy land ook verteenwoordig - May 7, 2025
Die Portugese held Cristiano Ronaldo se tienerseun het ‘n kans om sy land se onder 15-span die eerste keer te verteenwoordig. Die 14-jarige Cristiano dos Santos speel ook vir sy pa se Saoedi-Arabiese span, Al-Nassr, nadat hy voorheen ook vir Ronaldo se gewese klubs, Manchester United en Juventus gespeel het. Die jong Portugese spelers sal […]
Vloedwaarskuwings vir Oranje-oewergemeenskappe uitgereik - May 7, 2025
Daar is 2 943 kubieke meter water per sekonde op pad na die Benede-Oranje met sluise wat by die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdamme getrek is. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê Blouputs staan tans op 6,19 meter en Sendelingsdrif is op 5,86 meter. Gemeenskappe is reeds gewaarsku om die nodige maatreëls te tref. Die pad […]
Fel kritiek teenoor blouligmafia in SA - May 7, 2025
Action Society sê die vryspraak van agt polisiebeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid is ’n ernstige terugslag vir geregtigheid en polisie-aanspreeklikheid. Die beamptes, bekend as die “blouligmafia”, is in Julie 2023 op die N1-snelweg in Johannesburg afgeneem terwyl hulle burgerlikes aangerand het, maar is in ’n interne dissiplinêre verhoor vrygespreek. Woordvoerder van die organisasie, […]
Charles en Camilla se skilderye bekend gestel - May 7, 2025
Portretskilderye van Koning Charles en Koningin Camilla wat gemaak is om hulle kroning in 2023 te gedenk, is onthul. Die twee vollengte skilderye van die koning en koningin is onderskeidelik deur die kunstenaars Peter Kufeld en Paul Benny geskep. Dit sal tot 5 Junie in die Nasionale Gallery te sien wees waarna Buckingham-paleis se troonkamer […]