Gesondheid het net genoeg geld om 434 poste uit 11 742 te vul - May 7, 2025
Die gesondheidsminister Esperance Luvindao sê slegs 434 vakante poste van die meer as 11 700 wat vroeër vanjaar oor ses jaar goedgekeur is, sal gevul kan word. Sy sê die rede daarvoor is omdat dit 4,5 miljard Namibiese dollar sal kos om die totale aanstellings te doen. As gevolg van beperkte fondse sal die regering […]
Sluikhandel kos SA R30 miljard - May 7, 2025
Die Transnational Alliance to Combat Illicit Trade, Tracit, sê sluikhandel hou ‘n ernstige bedreiging in vir Suid-Afrika se ekonomiese bestendigheid, regering en internasionale posisie. Luidens die jongste verslag verloor die land jaarliks nagenoeg 30 miljard Suid-Afrikaanse rand aan belasting weens die smokkel van sigarette en alkohol. Suid-Afrika is 60ste op ‘n lys van 158 lande […]
Wapenstilstand beklink tussen VSA en Houthi’s - May 7, 2025
President Donald Trump sê die VSA gaan die bomaanvalle teen die Iran-gesteunde Houthi-rebellegroep in Jemen staak. Dit is nadat die groep ingestem het om op te hou om skepe in die Rooi See te teiken. Die VSA het in Maart lugaanvalle op die Houthi’s verskerp, met die weermag wat verklaar het dat hulle sedertdien duisend […]
Kardinale begin vandag stem vir nuwe pous - May 7, 2025
Kardinale het in die Vatikaanstad bymekaargekom en hulself afgesonder ter voorbereiding vir die verkiesing van ’n nuwe pous ná Franciskus se dood op 21 April. Die kardinaalsvergadering wat vandag in die Sistynse Kapel begin, behels 133 kardinale onder die ouderdom van 80. Kardinaal William Seng Chye Goh van Singapoer sê hulle sal afgesonder bly en […]
Groot aanbod by wildsveiling - May 7, 2025
Die Namibia Stud Game Breeders-veiling vind plaas op Saterdag, 10 Mei om 18:00 by die Nedbank Sky Garden in Windhoek. ‘n Wye verskeidenheid wild sal aangebied word, insluitend teel- en jagbulle, verse en koeie van spesies soos swartwitpens, goue wildebeeste, swart en witflank springbokke, rooibokke, roan, lechwe, nyala, kameelperde, elande, rooihartbeeste, blesbokke, en zebrafamilies. Hoogtepunte […]
Damme, veral in die suide, vertoon baie goed - May 7, 2025
Bronne vir die sentrale gebied lyk uiters goed en staan op 86,2 persent. NamWater se jongste dambulletin sê Swakoppoort is 99 persent vol, Von Bach, 81,3 en Omatako, 72,8 persent. Die ooste vertoon effe beter as verlede jaar op 37 persent. Otjivero is 44,1 persent vol en die slikdam het amper 30 persent water. Die […]
Nekongo belowe NNN-administrasie sal werklose vissermanne-saak aanspreek - May 7, 2025
Die Swapo LP, Ephraim Nekongo, het homself uitgespreek oor die kwessie van werklose vissermanne aan die kus. Ten spyte van die Fishrot-skandaal wat steeds by die gemeenskap spook, word werkers afgedank in wat hulle beskryf as onregverdige afdanking. Kosmos 94.1 Nuus het met Nekongo gepraat. Hy sê die huidige administrasie sal die kwessie aanspreek.
Hidrologiese Diens gesels oor oorstromings in Benede-Oranje - May 7, 2025
Owerhede in Suid-Afrika het bevestig dat die vloede langs die Oranjerivier die ergste sedert 1988 is, en massas water is steeds op pad na oewergemeenskappe in Namibië. Die plaaslike hidrologiese diens het reeds inwoners van Noordoewer en Aussenkehr teen die moontlikheid van oorstromings gewaarsku. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hidrologiese diens […]
Attenborough word 99, stel nuwe rolprent bekend - May 7, 2025
Sir David Attenborough het op die vooraand van sy 99ste verjaarsdag bekendgestel wat hy beskryf as een van die belangrikste films van sy loopbaan. Hy glo sy nuwe, rolprent-lengte film Ocean kan ’n beslissende rol speel om biodiversiteit te red en die planeet teen klimaatsverandering te beskerm. Sir David, wat môre 99 jaar oud word, […]
Steenkamp lê onderwysbegroting voor - May 7, 2025
Die begroting vir die onderwysministerie, wat insluit innovasie, jeug, sport, kuns en kultuur, Stem 27, is deur lynminister Sanet Steenkamp in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Besprekings en debatte daaroor sal vandag plaasvind. Steenkamp het ‘n oorsig gegee van die bewilliging, wat ‘n voorgestelde begroting van 1,2 miljard Namibiese dollar beloop. Steenkamp het die waardetoevoeging tot […]