Aanklagte teen ma wat man wat vermoedelik haar kind verkag skiet, teruggetrek - May 7, 2025

Die landdroshof in Lady Frere het die aanklagte teen ‘n Oos-Kaapse ma wat beskuldig word van die moord op ‘n 65-jarige man, teruggetrek. Die verdagte het na bewering haar gestremde dogter verkrag. Die voorval het verlede maand in Cacadu plaasgevind. Die premier, Oscar Mabuyane, verwelkom die hof se beslissing en noem dit ‘n saak van […]

Read More

Kanada sal nooit te koop wees nie – Carney - May 7, 2025

Kanadese eerste minister Mark Carney en sy Amerikaanse eweknie Donald Trump het in die Withuis ontmoet vir die eerste keer sedert Kanada se verkiesing. Analiste is van mening Carney het die ontmoeting goed benader, en dit het nie ontaard in ‘n onsmaaklike vertoning soos met Oekraïnse president Volodymyr Zelensky nie. Trump het sy wens herhaal […]

Read More

Indië loods aanval op Pakistan, Pakistan antwoord - May 7, 2025

Twee weke na ‘n dodelike militante aanval op toeriste in die Indies-geadministreerde Kasjmir, het Indië ‘n reeks aanvalle op wat hy as terreurvestings in Pakistan en die Pakistan-geadministreerde Kasjmir beskryf van stapel gestuur. Die Indiese ministerie van verdediging sê die aanvalle – genaamd “Operasie Sindoor” – was om diegene wat verantwoordelik was vir die aanval […]

Read More

Soektog na man wat in Swakopmund-see inloop duur voort - May 7, 2025

Op 3 Mei het ‘n soektog na ‘n onbekende man begin wat volgens die publiek gesien was waar hy op die strand naby die akwarium in Swakopmund rondgedwaal het. Volgens ooggetuies het hy later die see ingestap. Dit is al dag drie van die soektog en gemeenskaplede het ‘n vermoede oor die man se identiteit. […]

Read More

Vesel-internetverbindinge groei, en RocketNet help - May 6, 2025

Die Namibiese regering het ‘n beleid oor internetverbinding wat fokus op die bereiking van universele toegang tot inligting- en kommunikasietegnologieë, insluitend breëbandinternet, vir alle burgers. Die plaaslike veselnetwerk is besig om uit te brei met nuwe spelers wat die bedryf betree. In 2019 het RocketNet die industrie betree om Namibiërs te bedien wat geen veselverbinding […]

Read More

Parlement vra optrede na George-bouramp - May 6, 2025

Die parlement se portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings betreur die administratiewe mislukkings by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad wat tot die instorting van ‘n gebou in George gelei het. Die voorsitter, Nocks Seabi, het in die Parlement gepraat op die eerste herdenking van die tragedie en eis die vinnige vervolging van die ontwikkelaar wat prosesse omseil het. Hy […]

Read More

Lord of the Rings-arende verlaat lughawe - May 6, 2025

Twee arendstandbeelde, geïnspireer deur The Lord of the Rings, het vir meer as ’n dekade ’n wakende oog oor besoekers by Nieu-Seeland se Wellington-lughawe gehou. Die reuse voëls sal Vrydag van die plafon losgemaak word om plek te maak vir ’n nuwe geheime uitstalling. Die arende verskyn as boodskappers in JRR Tolkien se The Lord […]

Read More

Libbok terug vir Stormers na 4 maande op krukkelys - May 6, 2025

Rugby: Springbok-losskakel, Manie Libbok sal die eerste keer in vier maande vir die Stormers speel in Saterdag se voorlaaste Verenigde Rugbykampioenskaps-ligawedstryd teen die Dragons in Kaapstad. Hy het in Januarie sy knie seergemaak. Die wedstryd sal die Bok Damian Willemse se 100ste vir die Stormers wees, terwyl afrigter John Dobson ook die luukse het van […]

Read More

Namcor, vennote versnel ontwikkeling van Venus-olieveld - May 6, 2025

Namcor en sy gesamentlike ondernemingsvennote Totalenergies, QatarEnergy en Impact Oil and Gas, sê hoewel die Marula-1x-eksplorasieput droog was, bly hulle gefokus op die kommersiële potensiaal van die Venus-veld. Die Venus-veld is geleë in Blok 2913B in PEL 56, aflandig van die Namibiese suidkus, terwyl Marula-1x ver buite die veld was. Utaara Hoveka, kommunikasiepraktisyn by Namcor, het […]

Read More

SA regering trek te velde teen mensehandel - May 6, 2025

Die regering sê mensehandel is ‘n ernstige misdaad wat belangrike menseregte skend. Die owerhede het verlede maand 23 jong Suid-Afrikaners van dwangarbeid in Mianmar gered nadat hulle valslik gewerf is vir werk met die belofte van ‘n maandelikse salaris van 15 000 Suid-Afrikaanse rand. In Februarie is 26 Ethiopiërs gered uit ‘n vermeende mensehandelsindikaat in […]

Read More