Pousmobiel word mobiele kliniek vir Gaza-kinders - May 6, 2025
Een van Pous Franciskus se pousmobiele word omskep in ’n mobiele kliniek vir kinders in Gaza. Dit vervul een van sy laaste versoeke voor hy verlede maand dood is. Die voertuig, wat tydens sy besoek aan die Heilige Land in 2014 gebruik is, word deur Caritas Jerusalem toegerus met mediese toerusting om gemeenskappe sonder toegang […]
Wallabie-veteraan O’Connor kan dalk teen Leeus speel - May 6, 2025
Rugby: Die Wallabies se hoofafrigter, Joe Schmidt, sê die 34-jarige James O’Connor sal oorweeg word vir vanjaar se reeks teen die Britse en Ierse Leeus. Hy het in 2013 losskakel gespeel teen die Leeus, en Schmidt sê hy sal opsies bied omdat hy ook senter kan speel. Die ander moontlike losskakels is Noah Lolesio en […]
Krieket Namibië HUB besing nuwe Eagles-afrigter Williams - May 6, 2025
Krieket Namibië het die voormalige nasionale veelsydige speler Craig Williams as die nuwe hoofafrigter van die FNB Eagles aangestel, na Pierre de Bruyn uitgetree het. Williams, ‘n ervare speler met jare se ondervinding, tree in die rol om die span na sy volgende fase van ontwikkeling te lei. Krieket Namibië het De Bruyn bedank vir […]
NV hoor MIV/Vigs-behandeling nie deur befondsingkrisis geraak - May 6, 2025
Parlementslede is steeds besig om die bewilligingswetsontwerp in die Nasionale Vergadering te bespreek. Stem 17, die 12,8 miljard Namibiese dollar toewysing aan gesondheid, was aan die beurt. Tydens die motivering het gesondheidminister Esperance Luvindao die verskillende programme uiteengesit. Sy het benadruk dat MIV/Vigs-behandeling nie deur die onttrekking van USAid-befondsing geraak sal word nie.
Dis hoekom Gaseb nie van moord aangekla is nie - May 6, 2025
‘n Sosiale media-storm het losgebars na die vermeende bestuurder wat 1 Mei se gru-ongeluk veroorsaak het, in die hof verskyn het. Die botsing het die lewens van vyf mense, insluitend die evangeliste Eddie en Linda van der Merwe, geëis. Die 37-jarige Ronnie Gaseb is onder andere op vyf klagtes van strafbare manslag aangekla, en die […]
Savannah Beef in wording, vele werksgeleenthede wag - May 6, 2025
Die beplanning vir die opening van Savannah Beef Namibia is goed op dreef met die eerste toetsverslagting wat in Augustus sal begin. Die droom vir ‘n eie, wêreldklas abattoir wat deur boere besit en bestuur word was vyf jaar gelede van stapel gestuur deur die voorsitter van die Beesvleis Waardekettingsforum, Mecki Schneider. Kosmos 94.1 Nuus […]
Implementering van Swapo-manifes kan (weer) lei tot vermorste geld - May 6, 2025
Ekonoom Robin Sherbourne het die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing se hersiening van die eerste kwartaal voorberei en lê veral klem om Swapo se manifes wat geïmplementeer moet word onder die nuwe bedeling. Sherbourne sê dit is nie duidelik of voldoende navorsing en ontleding gedoen is wat die voorgestelde maatreëls ondersteun nie. Sonder ‘n gesonde ekonomiese […]
Oud-Nudo hoë Kauandenge vertel van sy planne - May 6, 2025
Josef Kauandenge, die president van die nuutgestigte Vereniging vir Plaaslike Belange, bekend as Asoli, sal die organisasie amptelik onder die tema “Pulling Others Up” op 9 Mei bekendstel. Hy sal ook aan die plaaslike owerheidsverkiesings later vanjaar vir die hoofstad meeding. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige sekretaris-generaal van Nudo, gesels.
Beskermingstariewe opgelê op invoere van warmgewalste staal - May 6, 2025
Die departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sal beskermingstariewe op die invoer van warmgewalste staal hef ná die finale aanbeveling van Suid-Afrika se kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie. Tariewe begin in die eerste jaar op 13-persent, elf persent in die tweede jaar en nege persent in jaar drie. Die departement sê dit is om plaaslike vervaardigers […]
Mike Pence kap Trump-regering oor Oekraïne - May 6, 2025
President Donald Trump se adjunk tydens sy vorige termyn, Mike Pence, sê Rusland wil nie eintlik die Oekraïnse oorlog beëindig nie, en president Validimir Putin wil die land hê. Hy voeg by dat die wankelende steun oor die afgelope maande vir Oekraïne deur die Trump-administrasie Rusland net aangemoedig het. Hy het eksklusief met CNN gepraat.