ECN verduidelik kontrak vir stembriewe - October 15, 2025

Die Verkiesingskommissie van Namibië het die kontrak vir die druk van stembriewe vir die komende verkiesings toegeken aan die Suid-Afrikaanse maatskappy UniPrint Global, wat die laagste bod van 4,8 miljoen Namibiese dollar ingedien het. Dit is ver onder die begroting van 8,9 miljoen dollar. ECN-woordvoerder De Wet Siluka sê die maatskappy sal 1 817 100 […]

Read More

DA bekommerd oor SA tegnologie in Russiese aanvalshommeltuie - October 15, 2025

Die DA sê hy het met groot kommer kennis geneem van Bloomberg-berigte dat laserafstandsmetingstoerusting wat deur die Suid-Afrikaanse firma LightWare Opto-electronics vervaardig is, van Russiese aanvalshommeltuie herwin is wat in die oorlog teen Oekraïne gebruik word. Chris Hattingh van die DA sê die party wil hê die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee se bevindinge in die LightWare-saak […]

Read More

Een van oorhandigde liggame nie ‘n gyselaar: Israel - October 15, 2025

Die Israelse Weermag sê een van die liggame wat Hamas oorhandig het in ruil vir Palestynse gevangenes is nie ‘n voormalige gyselaar nie. Forensiese toetse is gedoen op vier liggame wat gister terugbesorg is, en mediese amptenare het tot die gevolgtrekking gekom dat een nie met enige van die gyselaars ooreenstem nie. Hamas het Maandag […]

Read More

Pakistan klop Proteas met 93 lopies in eerste toets - October 15, 2025

Krieket: Pakistan het Suid-Afrika met 93 lopies verslaan in die eerste van twee toetse in Lahore. Die tuisspan het die besoekers ‘n wenteiken van 277 gestel en die Proteas het vandag hul tweede beurt op 51 vir twee hervat nadat kaptein Aiden Markram en naguiltjie Wiaan Mulder gister uitgehaal is. Ryan Rickelton se kolfbeurt het […]

Read More

Skole kry vakansiedag op verkiesingsdag, 26 November - October 15, 2025

Die onderwysministerie het aangekondig dat Woensdag, 26 November as ‘n vakansiedag vir skole geklassifiseer is. Die streekraad- en plaaslike owerheid-verkiesings vind op daardie dag plaas. Koshuise sal egter oop bly. Die ministerie sê die laaste skooldag vir leerders vanjaar is Vrydag, 5 Desember. Die laaste dag vir onderwysers, koshuispersoneel en institusionele werkers is Dinsdag, 9 […]

Read More

RISE Mzansi ontsteld oor net 11 van polisie se 38 vliegtuie wat werk - October 15, 2025

RISE Mzansi sê dis ʼn groot krisis dat slegs 11 van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se 38 vliegtuie werk. Die Polisieministerie het op ʼn vraag in die Parlement gesê 27 ondergaan tans instandhouding. Die ministerie is besig om nog 15 helikopters teen ʼn geraamde begroting van 1,1 miljard Suid-Afrikaanse rand aan te koop. Makashule Gana van […]

Read More

Oekraïense amptenare ontmoet vervaardigers van Tomahawk-missiele - October 15, 2025

Senior Oekraïense amptenare het in Amerika vergader met verteenwoordigers van Amerikaanse wapenvervaardigers, insluitend Raytheon, wat Tomahawk-missiele vervaardig wat Washington dalk aan Kiëf gaan verskaf. Die Oekraïense afvaardiging se tweedaagse besoek het gesprekke met senior Amerikaanse amptenare ingesluit en kom voor Vrydag se beplande vergadering tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Oekraïense ampsgenoot, Volodimir […]

Read More

FIFA-president wens Bafana Bafana geluk met kwalifisering - October 15, 2025

Sokker: Die FIFA-president Gianni Infantino het Suid-Afrika gelukgewens met sy kwalifisering vir die 2026 FIFA-Wêreldbeker. Bafana Bafana het Rwanda met 3-0 verslaan en is bo-aan die punteleer in Groep C voor Nigerië en Benin. Suid-Afrika is die negende Afrika-span wat vir die uitgebreide 48-span-toernooi kwalifiseer, en sluit aan by Marokko, Tunisië, Egipte, Algerië, Ghana, Kaap […]

Read More

Baanbrekende ooreenkoms vir gesondheid met Botswana - October 15, 2025

Namibië en Botswana het kragte saamgesnoer om gesondheidsorg-lewering te verbeter en ‘n mylpaalooreenkoms tydens die Presidensiële Spitsberaad van die Bi-Nasionale Kommissie onderteken. Die nuwe gesondheidsooreenkoms belowe vinniger toegang tot medisyne en laer koste deur gesamentlike verkryging. Die lynministerie se woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy ken nog nie die presiese […]

Read More

SABC se besteding op grootkoppe het vakbond warm onder die kraag - October 15, 2025

Die Kommunikasiewerkersvakbond het sy woede uitgespreek omdat die SABC se totale besteding op uitvoerende direkteure tot 10,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand gestyg het teenoor 9,9 miljoen rand in die 2024/2025-boekjaar. Die openbare uitsaaier het ʼn netto verlies van 253,3 miljoen rand getoon vergeleke met 197,8 miljoen in 2024. Die beskeie inkomstegroei van 1,3 persent is oortref […]

Read More