Duitsland se Merz kry nie genoeg stemme vir kanselierspos - May 6, 2025
Duitsland se konserwatiewe leier, Friedrich Merz, het onverwags te min steun gekry in die parlement om kanselier te word. Hy het 316 van die 630 setels in die Bundestag nodig gehad, maar kon slegs 310 gekry. Dit is ’n beduidende terugslag vir die leier van die Christen-Demokrate wat twee en ’n half maande gelede die […]
Huishoudings maak steeds min skuld, maar dit tel op - May 6, 2025
Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Cirrus sê die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het. Die makelaarsfirma sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom, Almandro Jansen gepraat […]
GOOD soek geregtigheid, 1 jaar na gebou se instorting - May 6, 2025
Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê met die eerste herdenking van die instorting van ‘n gebou in George vandag word mense herinner dat tyd nie geregtigheid of aanspreeklikheid gebring het vir die slagoffers se naasbestaandes nie. Vier-en-dertig mense is dood toe die vyfverdiepinggebou in aanbou ingetuimel het. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean […]
Colombië slaan slag teen dwelmkartel - May 6, 2025
Colombiese owerhede het 217 lede van die land se grootste dwelmkartel, die Gulf Clan, in hegtenis geneem. Dit volg te midde van die uitbreking van die ergste geweld in die land sedert 2016. Die kartel word beskuldig dat hy net in die afgelope maand 24 lede van die veiligheidsmagte vermoor het. Die owerhede het beslag […]
Krieket Kanada se nuwe HUB-aanstelling bevraagteken - May 6, 2025
Krieket: Die Internasionale Krieketraad het Krieket Kanada versoek om meer inligting te verskaf oor hoe hulle hul nuwe uitvoerende hoof, Salman Khan, aangestel het ondanks bewerings van bedrog en diefstal teen hom. Hy staan tereg op strafregtelike aanklagte wat voortspruit uit sy termyn as president van die Calgary- en Distrikskrieketliga. Khan en die liga se […]
Jaftha se eetstaking is ‘n kwessie van menseregte - May 6, 2025
Die sekretaris-generaal van die van die Ganja Users of Namibia, Borro Ndungula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die dagga-aktivis Brian Jaftha wat tans op ‘n eetstaking in die Windhoek-gevangenis is. Jaftha is in Oktober 2023 twee jaar tronkstraf opgelê vir handel in dagga. Volgens Ndungula is dit ‘n kwessie van menseregte. Dit is […]
SA-regering moet uit wegbly van sakeondernemings - May 6, 2025
Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika ondersteun die DA se hofsaak teen die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die wet bemagtig die minister van Indiensneming en Arbeid om numeriese teikens te stel vir billike verteenwoordiging van toepaslik gekwalifiseerde individue uit aangewese groepe op alle beroepsvlakke. Die DA wil hê die wet moet ongrondwetlik verklaar word. Die vereniging […]
Trump se man sê DRK, Rwanda het konsep ingedien vir vrede - May 6, 2025
Volgens Amerikaanse president Donald Trump se senior adviseur vir Afrika het die DRK en Rwanda ‘n konsep-vredesvoorstel ingedien as deel van ‘n proses wat bedoel is om geweld in oostelike DRK te beëindig en miljarde dollar in Westerse beleggings te lok. Dit is die jongste stap in ‘n ambisieuse poging deur die Trump-administrasie om ‘n […]
Japan en sy oumens-probleem - May 6, 2025
Japan se geraamde kinderbevolking het die 44ste agtereenvolgende jaar tot ‘n rekordlaagtepunt gekrimp. Slegs 11 1-persent van die algehele bevolking is kinders, nadat dit verlede jaar op 123,4-miljoen gestaan het. Hierdie demografiese krisis is een van Japan se dringendste kwessies met die geboortesyfer wat voortdurend daal. Japan word bestempel as ‘n reuse-nasie van bejaardes, wat […]
CAN bied weer toetsing in hoofstad aan - May 6, 2025
Die Kankervereniging sal gratis toetse Donderdag by sy hoofkantoor in die hoofstad uitvoer. Dienste sluit in papsmere, borsondersoeke en prostaattoetse. Die eerste 100 vroue en 25 mans sal bygestaan word. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging het meer.