Epra looi regstellende aksie-wetsontwerp - May 6, 2025

Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging, Epra, het die Wetsontwerp op Gelyke Indiensneming kritiek opgeweeg teen Namibië se ekonomiese realiteite. Volgens hom stel die wetsontwerp ‘n rigiede, burokratiese raamwerk bekend wat dreig om werkskepping verder te onderdruk, belegging te ontmoedig en werkloosheid, wat 50 persent oorskry, te vererger. Ekonomiese aktiwiteit buite mynbou bly traag. In plaas daarvan […]

Read More

Kenner sê oor uraanuitvoere, en kernkrag - May 6, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië se uraanuitovere 41,4 miljard Namibiese dollar vanjaar sal bereik. Die sentrale bank sê verhoogde vraag na kernkrag dryf dit aan. Dit kan die land se tekorte van 15,3 persent in 2024 tot 14,2 persent in 2025 afdwing. Kosmos 94.1 Nuus het met die energiekenner Chris Yelland, gesels, […]

Read More

1 Mei gru-ongeluk: Ronnie Gaseb, 37, verskyn - May 6, 2025

Die 37-jarige Ronnie Gaseb is met vyf klagtes strafbare manslag in verband met 1 Mei se gru-ongeluk, wat die lewens van vyf mense, wat die evangeliste Eddie en Linda van der Merwe, sowel as Fritz Brand, en ook ‘n ses-maande oue baba insluit, geëis het, aangekla. Gaseb staar ook klagtes van dronkbestuur sowel as bestuur […]

Read More

Versigtig met disktrikshospitaalkostes… almal sal dalk wil ‘eet’ - May 6, 2025

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die nuwe distrikshospitaal wat vir Havana in die hoofstad beplan word, nou 3,2 miljard Namibiese dollar sal beloop, ongeveer 300 miljoen dollar meer as wat aanvanklik verwag is. Die parlementêre leier van die opposisie IPC, Imms Nashinge sê die regering moet uiters versigtig wees dat dit nie ‘n […]

Read More

Meer as ‘n miljard vir PLAN-veterane in 24/25 - May 6, 2025

Namibië se PLAN-veterane kry voorkeur behandeling deur die regering. In die vorige boekjaar is die departement van veteraanaangeleenthede 1,4 miljard Namibiese dollar toegeken. ‘n Miljard dollar is uitbetaal aan 22 840 begunstigdes. 305 miljoen dollar is aan 1 795 veterane uitbetaal met elk wat 170 000 dollar ontvang het vir individuele projekte. Meer as 2,5 […]

Read More

SA maak plan om gaping in mediese befondsing aan te spreek - May 6, 2025

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad verwelkom die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, se plan om ’n wetenskap- en vernuwingsfonds te stig nadat die Amerikaanse regering van groot gesondheidsnavorsingsprogramme onttrek het. Die raad voer aan die skielike verlies aan fondse bedreig belangrike werk op siektes soos MIV/Vigs en tuberkulose. Die raad se woordvoerder, Tendani […]

Read More

Guterres het groot kommer oor Israel se Gaza-plan - May 6, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hy is bekommerd oor Israel se plan om grondoperasies in Gaza uit te brei. Israel se veiligheidskabinet het ‘n plan goedgekeur om sy militêre optrede teen Hamas te verhewig, wat die inval van Gaza en die behoud van sy gebied insluit. Die kabinet het ook in beginsel […]

Read More

Concorde 001 word museum - May 6, 2025

Die eerste Concorde supersoniese passasiersvliegtuig is as ’n historiese monument omskep. Concorde 001, die eerste van 20 vliegtuie wat gebou is, was die eerste wat in 1969 met ’n toetsvlug opgestyg het, en word nou gehuisves in die Aeroscopia-museum buite Toulouse. Die Concorde is in 1976 kommersieel in diens geneem en het reisigers in net […]

Read More

Swakop begroot groot op paaie, veral na swaar reën - May 6, 2025

Die Swakopmund-munisipaliteit het sy 2025 begroting vrygestel, na die dorp infrastruktuurskade gely het na swaar reën. Daar is 27,4 miljoen Namibiese dollar toegewys vir die opgradering en instandhouding van paaie, terwyl 450 000 dollar toegeken is vir verbeteringe aan toerisme-ondernemings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linda Mupupa, die munisipaliteit se woordvoerder, wat meer inligting […]

Read More

Steenkool kan steeds krag opwek, dit handel net oor tegnologie - May 6, 2025

Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa daag die opvatting uit dat Suid-Afrika se afhanklikheid van steenkool nie strook met sy klimaatsverbintenisse nie. Hoewel steenkool verantwoordelik is vir die opwekking van meer as 80-persent van die land se elektrisiteit, is die regering verbind om na skoner alternatiewe energiebronne soos son- en windkrag oor te […]

Read More