Eerste piesangoes in Julie/Augustus verwag  - May 6, 2025

AvaGro en die Akkerbouraad verwag  die eerste plaaslike piesang-oes in Julie en Augustus maar, dit is nog te vroeg om te sê wat die lewensvatbaarheid van piesangboerdery in die land is. Volgens Leonie Hartman, uitvoerende hoof by AvaGro, is die projek met 2 222 saailinge van stapel gestuur en die projek lewer goeie resultate maar, […]

Read More

DA is gereed vir sy indiensnemingsaak  - May 6, 2025

Die DA sê hy is gereed om vandag in die Hooggeregshof in Pretoria voort te gaan met sy saak teen die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die party voer aan dat die wet rassekwotas instel wat as teikens verbloem is, en mense onregverdig en ongrondwetlik van werk uitsluit op grond van ras. Die voorsitter van die […]

Read More

Jurie word in Diddy se sekssaak gekies  - May 6, 2025

Die federale sekshandelverhoor van Sean “Diddy” Combs, die hip-hop-entrepreneur wie se uiters suksesvolle loopbaan deur bewerings van geweld besaai is, het in New York Stad begin met jurielede wat gekies word. ‘n Totaal van 19 jurielede is deur na die volgende ronde. Die verhoor sal na verwagting volgende week begin. Combs se regsman Marc Agnifilo […]

Read More

Twee renjaers sterf in trompopbotsing in Brittanje  - May 6, 2025

Twee renjaers is dood en ‘n ander het ernstige beserings opgedoen na ‘n ongeluk tydens ‘n Britse Supersportkampioenskapwedren by Oulton Park in Cheshire, Engeland. Owen Jenner en Shane Richardson het noodlottige beserings opgedoen in ‘n ongeluk waarby 11 motorfietse in die eerste draai van die eerste rondte betrokke was. Tom Tunstall is na die hospitaal […]

Read More

Nog jagluiperdwelpies in Indië gebore  - May 6, 2025

Vir die eerste keer is vyf jagluiperdwelpies by Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh, Indië, gebore aan ouers van verskillende bevolkingsgroepe, Namibië en Suid-Afrika. Parkdirekteur Uttam Kumar Sharma het bevestig dat die Namibiese pa, Gaurav, en Suid-Afrikaanse ma, Nirva, die welpies Sondag verwelkom het. Dit bring die aantal welpies by Kuno op 19 te staan, […]

Read More

Beleggings bly traag, veral die wat werk skep - May 6, 2025

In ‘n ontleding deur Cirrus het die vlakke van bruto vaste kapitaalforming sedert 2015 gedaal en die neiging duur steeds voort. Terwyl daar groot beleggings in mynwese is, meen ekonoom Rowland Brown mynboubelegging is kapitaalintensief – goed vir belasting, produksie en netto-uitvoere, maar skep nie ‘n groot aantal werksgeleenthede nie. Die tendens op nie-mynboubelegging is […]

Read More

Winsgewendheid daal in beesvleisbedryf - May 6, 2025

Volgens kenners staar Suid-Afrika se beesvleisbedryf ernstige uitdagings in die gesig. In Limpopo verkoop boere hul stoetdiere, pryse bly laag en insetkoste styg. Landbou-ekonoom professor Johan Willemse deel insigte oor waarom winsgewendheid in die vleisbedryf vinnig besig is om te verdwyn. Volgens Willemse moet boere begin uitvoer. Daar is tans ‘n wanbalans tussen gebruiker en […]

Read More

Twee skorsings, drie gearresteer in belastingbedrog - May 6, 2025

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA het ‘n belasting terugbetalingsbedrog skema ontdek wat gekoppel is aan sy terugbetalingsinisiatief, wat gelei het tot meer as 666 000 Namibiese dollar in onwettige uitbetalings aan 47 belastingbetalers tussen Januarie en April 2025. Die terugbetalings is verwerk met behulp van die persoonlike besonderhede van meestal werklose individue, dikwels sonder hul medewete. […]

Read More

Dwelms, aanlyn slenters oor die langnaweek aangemeld - May 6, 2025

Die Namibiese polisie sê ‘n 31-jarige verdagte is gearresteer nadat hy op Oshakati deursoek is en in besit gevind is van 207 500 Namibiese dollar se dagga. Die voorval het by die Harare Bar op die dorp plaasgevind. Die polisie se ondersoek duur voort en die man sal voorlopig vandag in die hof verskyn. Ook […]

Read More

Uraanuitvoere sal goed presteer, tekorte aanspreek - May 6, 2025

Namibië se uraanuitvoere sal na verwagting vanjaar ongeveer 41,4 miljard Namibiese dollar bereik, aangedryf deur verhoogde wêreldwye vraag as gevolg van die hernieude fokus op kernenergie. Hierdie uitvoere kan volgens die Bank van Namibië help om die land se lopende rekeningstekort as ‘n persentasie van die BBP te verminder, van 15,3 persent in 2024 tot […]

Read More