EIF, Groenwaterstofprogram vergader in Karas - May 6, 2025
Die Omgewingsbeleggingsfonds, in vennootskap met die Namibië Groenwaterstofprogram, bied van 7 tot 9 Mei ‘n werkswinkel vir belanghebbendes in die Karas-streek aan. Dit is om terugvoering in te win oor konsepnotas wat ontwikkel is uit voor-uitvoerbaarheidstudies oor ‘n groen waterstof-aanleg, die Neckartal groenskema en ‘n aflandige windkrag-projek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, […]
Mashatile verdedig swart ekonomiese bemagtiging - May 6, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile sê ekonomiese regstelling en transformasie het praktiese stukrag gekry deur verskeie wette, ondermeer die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging van 2003, soos gewysig in 2013. Hy sê dit bly ‘n noodsaaklike deel van die land se ekonomiese landskap. Mashatile sê oor die afgelope 22 jaar het die beleid asook wetgewende en […]
Veiligheids kabinet stem eenparig dat Israel Gaza oorneem - May 6, 2025
Israel se veiligheidskabinet het die uitbreiding van militêre operasies in Gaza goedgekeur, insluitend die oorname van die Palestynse gebied. Die weermag het tien-duisende reserviste vir die aanslag opgeroep. Die plan, wat oornag goedgekeur is, sluit die behoud van gebiede in die beleërde Gazastrook in en val saam met Israel se aanmoediging van inwoners van Gaza […]
Hou eers terug op gas, mik vir olie-eerste - May 5, 2025
Namibië moet ‘n “olie-eerste”-strategie aanneem namate sy koolwaterstof-sektor nader aan kommersialisering beweeg. Bedryfskundiges sê olieprojekte vorder vinniger as gasontwikkelings en moet geprioritiseer word. Paul Eardley-Taylor, die hoof van olie- en gasdekking vir Suidelike Afrika by Standard Bank, sê die tempo van olie-ontdekkings en produksie-gereedheid oortref dié van gas, wat ‘n langertermyngeleentheid bly. Hy meen dat […]
Trump se tariewe is manipulasie, afpersing – Malema - May 5, 2025
Die leier van die EFF, Julius Malema, sê sedert Amerika se president, Donald Trump, in Januarie in die amp getree het, is hy betrokke by sogenaamde manipulasie en afpersing as sy vorm van diplomasie. Malema het die naweek die tweede vergadering van die Sentrale Bevelspan in Bela-Bela in Limpopo toegespreek. Hy sê Trump het met […]
Rusland se oorlog vorder teen slakkepas – Forbes - May 5, 2025
‘n Ontleding deur Forbes dui aan dat Rusland uiters stadig in die Oekraïne vorder en teen enorme koste. Teen die huidige tempo sal Rusland tot 2256 nodig hê om Oekraïne te verower – teen ‘n koste van 101 miljoen sterftes, of 70 persent van sy bevolking. In April het Rusland 109 vierkante kilometer bygekry maar […]
Hamilton sal sy frustrasies privaat met Ferrari uitwerk - May 5, 2025
Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê baie van die frustrasie wat hy tydens gister se Miami Grand Prix oor die spanradio uitgespreek het, is veroorsaak deur Ferrari se langdurige probleme. Hy het gefrustreerd geraak toe hy sy spanmaat Charles Leclerc ingehaal het omdat hy vinniger was, maar nie onmiddellik deurgelaat is om Kimi Antonelli […]
N$2,7 miljard nodig om al die PLAN-veterane uit te betaal - May 5, 2025
Tydens die bespreking van die begroting vir veterane sake in die Nasionale Vergadering, wat 1,5 miljard Namibiese dollar in die huidige boekjar ontvang het, het die adjunk lynminister Charles Mubita vrae beantwoord. Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, het gevra wat dit sal verg om 16 000 veterane uit te betaal wat nog nie hul […]
UDM veroordeel aanvalle op SAPD-lede - May 5, 2025
Die UDM het kommer uitgespreek oor die toenemende geweld teen polisielede ná die noodlottige skietery van ‘n 31-jarige beampte in Langa, Kaapstad, terwyl sy van diens af was. Die beampte se liggaam is met skietwonde in haar voertuig naby ‘n laerskool gevind. Zandile Phiri van die UDM sê 17 beamptes is tussen Julie en September […]
Trump-tariewe teiken Hollywood, op 100% - May 5, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het sy Handelsdepartement opdrag gegee om ‘n tarief van 100-persent op rolprente te hef wat buite die land vervaardig en ingevoer word. Volgens FilmLA het rolprent- en televisievervaardiging in Los Angeles met bykans 40-persent die afgelope tien jaar gedaal. Trump het op Truth Social gesê die Amerikaanse rolprentbedryf is besig […]