Hamas stel ‘kos-plunderaars’ tereg - May 5, 2025

Hamas het ‘n aantal vermeende plunderaars tereggestel na verskeie voorvalle waarin gewapende bendes hierdie week voedselwinkels en gemeenskapskombuise in die Gazastrook aangeval het. Hamas-amptenare het sommige van die plunderaars daarvan beskuldig dat hulle in samewerking met Israel werk, wat die afgelope twee maande hulp van toegang tot Gaza afgesluit het. Israel het nie kommentaar gelewer […]

Read More

Noa sê oor Meatco-herrie - May 5, 2025

Na wat berig word het Joseph Andreas, ‘n lid van Meatco se raad, ‘n brief per e-pos aan Sakaria Nghikembua, die voorsitter van die raad, gestuur waarin hy sê dat Nghikembua nie bevoeg is om die raad te lei nie. Die e-pos is ook gestuur na Paulus Noa, direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, president Netumbo Nandi-Ndaitwah […]

Read More

DA sê oor opgradering van Stad Kaapstad deur Moody’s - May 5, 2025

Die DA sê die Stad Kaapstad se kredietgraderingsopgradering van Moody’s is ‘n onderskrywing van die metro se gesonde finansiële bestuur en toewyding aan werklike dienslewering. Die graderingsagentskap se assessering het die metro se finansiële bestuur as sterk gekarakteriseer en die goeie bestuur en ambisieuse infrastruktuurplanne geprys. Die DA se nasionale woordvoerder, Willie Aucamp, sê Kaapstad […]

Read More

Trump gee opdrag dat Alcatraz heropen word - May 5, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy die Federale Buro vir Gevangenisse opdrag gee om die berugte Alcatraz-gevangenis in die San Francisco-baai te herbou en heropen om Amerika se mees meedoënlose en gewelddadige oortreders te huisves. Op sy Truth Social-platform sê hy toe die land ‘n meer ernstige nasie was, het hy in die […]

Read More

EU besoedel minder, maar steeds baie - May 5, 2025

Die Europese Omgewingsagentskap sê Europese nywerhede het sedert 2007 die vrystelling van skadelike stowwe in die lug en water met tussen 40- en 75-persent verminder. Daar word egter beraam dat die grootste instellings in die Europese Unie steeds verantwoordelik is vir ongeveer 40-persent van kweekhuisgasvrystellings en verantwoordelik vir 20-persent van alle lug- en waterbesoedelingstowwe. Die […]

Read More

Jaftha gaan op eetstaking, vir geregtigheid oor dagga - May 5, 2025

Die dagga-aktivis Brian Jaftha is tans op ‘n eetstaking in die Windhoek-gevangenis. Hy het kennis gegee dat hy op 3 Mei die staking begin vir geregtigheid oor wat hy as koloniale wette teen dagga bestempel. Jaftha is in Oktober 2023 twee jaar tronkstraf opgelê vir handel in dagga. Hy wag tans op die uitslag van […]

Read More

Orania, Kleinfontein bedreig nie SA nie, dra eintlik by - May 5, 2025

Die Vryheidsfront Plus sê Afrikaner-kultuurgemeenskappe, soos Orania en Kleinfontein, hou geen bedreiging vir Suid-Afrika in nie; inteendeel, hulle dra by tot die land se groei. Kleinfontein, oos van Pretoria, het onlangs toenemende openbare aandag gekry, met die EFF én MK-party wat verontwaardiging uitgespreek het oor sy voortgesette beleid van segregasie. Jaco Mulder van die VF-Plus […]

Read More

Wapenstilstand met Rusland ‘enige oomblik moontlik’ – Zelensky - May 5, 2025

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê dat ‘n wapenstilstand met Rusland in hul meer as drie jaar oue oorlog enige oomblik moontlik is en het Kiëf se bondgenote versoek om groter druk op Moskou uit te oefen om dit in plek te stel. Hy sê tensy druk toegepas word, sal president Vladimir Putin geen werklike […]

Read More

Temu sal nie meer goedere vanaf China direk aan VSA-klante verkoop nie - May 5, 2025

Temu het aangekondig dat hy nie meer goedere wat van China ingevoer is, direk aan kliënte in die VSA vanaf sy platform sal verkoop nie. Die aanlyn-bemarkingsplatform het gesê verkope sal voortaan deur plaaslik-gebaseerde verkopers hanteer word, met bestellings wat van binne die land af gestuur sal word. Die skuif kom nadat ‘n belastingvrye regulasie […]

Read More

Whk Stadspolisie beplan mobiele paniekknoppie - May 5, 2025

Die Windhoekse Stadspolisie beplan om ‘n mobiele paniekknoppie-stelsel in werking te stel om noodreaksie regoor die stad te verbeter. Volgens Stadspolisiehoof Leevi Ileka sal verskeie paniekknoppies in huise geïnstalleer kan word, insluitend in slaapkamers en kinderkamers, wat vinniger toegang tot hulp sal bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Stadspolisie superintendent Katrina Nomboga.

Read More