SA sluit by ambassade in Bulgarye, daar’s nie geld nie - May 5, 2025

Suid-Afrika gaan sy ambassade in Sofia, Bulgarye, teen 30 Junie sluit weens finansiële beperkings en ‘n strategiese herbelyning. Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking verseker egter dat die stap nié bilaterale betrekkinge sal beïnvloed nie. Die diplomatieke pligte word na Suid-Afrika se sending in Athene, Griekeland, verskuif. Die departement sê Suid-Afrika het waardering vir […]

Read More

RSF loods hommeltuigaanval op Port Sudan - May 5, 2025

Die Soedanese weermag sê die Rapid Support Forces het hul eerste hommeltuigaanval op die oostelike stad Port Sudan geloods. Die RSF het die Osman Digna-lugbasis, ‘n ammunisiedepot en burgerlike fasiliteite naby die lughawe geteiken. Vlugte in en uit Port Sudan is opgeskort. Die aanval dui op ‘n gevaarlike verskuiwing en tref ‘n stad wat eens […]

Read More

Casper Ruud vat die Madrid Ope - May 5, 2025

Die Noorweër Casper Ruud het die Madrid Ope gewen – sy eerste ATP Meesters-1 000-titel. Die 26-jarige Ruud het ‘n opdraande stryd gehad om die Brit Jack Draper te klop en daarmee sy grootste titel ooit in te palm. ‘n Oorwinning vir Draper sou vir hom sy tweede Meesters-1 000 titel besorg het ná die […]

Read More

ACC ondersoek bedrog, geldwassery, konfiskeer weegbrugskaal - May 5, 2025

Die Teenkorrupsiekommissie het beslag op ‘n weegbrugskaal van meer as 2,3 miljoen Namibiese dollar van die Paaie-owerheid in Walvisbaai gelê. Die beslaglegging is deel van ‘n voortgaande ondersoek na beweerde korrupsie tussen ‘n RA-werknemer en ‘n verskaffer. In die jongste voorval het die kommissie snuf in die neus gekry toe ‘n verdagte kwitansie vir die […]

Read More

SA-vervoerdepartement werk hard om rybewys drukmasjien te herstel - May 5, 2025

Die departement van Vervoer sê hy sal eersdaags ‘n permanente oplossing aankondig vir die lisensiedrukmasjien wat gereeld buite werking is. Die woordvoerder Collen Msibi, het aan SABC News gesê die departement gaan ook ‘n tydelike maatreël instel om die huidige agterstand te verlig. Die onderbrekings het frustrasie veroorsaak onder motoriste wat vir hul bestuurslisensies wag. […]

Read More

Bibi belowe wraak vir missielaanval - May 5, 2025

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het belowe om wraak te neem teen Jemen se Houthi’s na ‘n missielaanval op die terrein van Israel se hooflughawe. Die missiel het Sondagoggend naby die hoofterminaal van Ben Gurion-lughawe geland en vier mense beseer. Delta Air Lines, Lufthansa, Air France en Ryanair het vlugte opgeskort. Netanyahu sê aanvalle deur […]

Read More

Piastri wen in Miami - May 5, 2025

Oscar Piastri van McLaren het van die vierde wegspringplek daarin geslaag om die Miami Grand Prix te wen, sy derde agtereenvolgende oorwinning. Die Australiër se spanmaat, Lando Norris, het van ‘n sesde plek herstel na ‘n voorval met Max Verstappen van Red Bull in die eerste ronde, om tweede te eindig. George Russell van Mercedes […]

Read More

Beraders ontplooi by Okahandja-skole - May 5, 2025

Die streeksdirekteur vir onderwys in Otjozondjupa, Gerhard Ndafenongo, sê sielkundiges en maatskaplike werkers is van môre tot Donderdag by die Vyfrandkamp-, Nau-Aib- en Okahandja-laerskole, sowel as die KW von Marees Gekombineerde Skool en Eagles Christian Academy ontplooi om leerders by te staan na die onlangse moorde op die dorp. Die spesialiste sal vanaf twee-uur beskikbaar […]

Read More

Motshekga sê SANDF onttrekking uit DRK is noodsaaklik - May 5, 2025

Die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, sê die onttrekking van Suid-Afrikaanse troepe uit die DRK dui op ‘n nuwe hoofstuk in vredesbewaring in die streek. Sy het aan die media bevestig dat magte van onder meer Tanzanië en Malawi die sendinggebied begin verlaat het. Sy sê die stap is nodig om politieke […]

Read More

Polisie in Brasilië fnuik bomaanval by Lady Gaga-konsert - May 5, 2025

Die polisie in Brasilië het Saterdag ‘n beplande bomaanval by Lady Gaga se konsert op die Copacabana-strand in Rio de Janeiro gefnuik. Volgens die polisie het die verdagtes medepligtiges gewerf om tuisgemaakte bomme te gebruik om naam op sosiale media te maak. Meer as 2 miljoen mense het Lady Gaga se gratis konsert bygewoon. Die […]

Read More