Bok-sewes vat wêreldkampioenskap in LA - May 5, 2025

Die Springbok-sewes het Spanje met 19-5 in die eindstryd van die Sewes-wêreldkampoenskap in Los Angeles geklop en daarmee ‘n foutlose naweek in Kalifornië afgesluit. Selvyn Davids, Mfundo Ndhlovu en Ricardo Duarttee het drieë in die eindstryd gedruk terwyl die Blitsbokke slegs een afgestaan het met baie sterk verdediging in hulle vyfde oorwinning van die naweek. […]

Read More

Nie alle Namibiërs vry, sê Nahas - May 4, 2025

Cassingadag word jaarliks op 4 Mei herdenk. Dit is die datum waarop meer as 600 mense, insluitend vroue en kinders, deur Suid-Afrikaanse magte vermoor is by ‘n Namibiese vlugteling-transito-nedersetting in Cassinga, in die suide van Angola. Vanjaar herdenk Namibië 47 jaar sedert die slagting in 1978, onder nuwe president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Soektog na man wat glo op Swakop see instap - May 4, 2025

Die polisie en nooddienste op Swakopmund is op soek na ‘n man wat Saterdagaand omstreeks agtuur naby die pier die see ingeloop en verdwyn het. Die man is van ligte voorkoms en het ‘n rooi T-hemp, ‘n blou broek, ‘n grys hoed en ‘n sonbril gedra toe hy laas gesien is. Enigiemand met meer inligting […]

Read More

SA voorsien sterker handelsbande met Nigerië - May 4, 2025

Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, sê Nigerië se formele indiening van tarieftoegewings onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied sal bilaterale handel bevorder en Wes-Afrika markte vir Suid-Afrikaanse ondernemings oopstel. Park het tydens die SA–Nigerië Privaatsektorsamewerking verwys na geleenthede in elektriese mobiliteit, landbou en groen energie. Hy het handeldiversifisering en digitale samewerking aangemoedig, […]

Read More

Simbine laat spaander in China - May 4, 2025

Akani Simbine lyk na die atleet wat hierdie seisoen geklop moet word nadat hy gister in die tweede Diamantliga-byeenkoms in Keqiao, China, die 100 meter-naelloop gewen het. Hy het die Olimpiese silwermedaljewenner van Jamaika, Kishane Thompson, in ‘n opwindende eindpoging met 0,01 sekondes geklop in 9,98 sekondes. Letsile Tebogo van Botswana was derde in 10,03 […]

Read More

Kleinvee-uitvoere gedy ná reën - May 4, 2025

Die reënval het gelei tot ‘n merkbare toename in die verkope van kleinvee en die tekorte by Farmers’ Meat Market is nou aangespreek. Dit verseker ‘n toename in uitvoervolumes. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van Ohlthalver en List, Sven Thieme, gepraat. Hy sien uit na ‘n goeie jaar vir die abattoir.  

Read More

Botsing in Oos-Kaap eis 15 lewens - May 4, 2025

Vyftien mense is dood in ‘n botsing reg van voor op die R63 tussen Adelaide en Maqoma in die Oos-Kaap Saterdagaand tussen ‘n volgelaaide minibustaxi en ‘n bakkie. Die provinsie se woordvoerder oor Vervoer, Unathi Binqose, sê 13 mense, insluitend die twee bestuurders, is op die toneel dood. Nog twee het in die hospitaal aan hul […]

Read More

Kinders sedert 2021 in huis toegesluit - May 4, 2025

Drie kinders wat sedert 2021 in hul huis toegesluit was, is deur die Spaanse polisie gered. Polisiebeamptes sê hulle het ‘n 53-jarige Duitse man en ‘n 48-jarige Amerikaanse vrou in Oviedo, in die noordooste van Spanje, aangekeer. Die agtjarige tweelinge en ‘n tienjarige is vir mediese evaluering geneem en is onder staatstoesig. ‘n Spaanse nuusagentskap […]

Read More

Kaizer Chiefs buig knie voor Pirates - May 4, 2025

Kaizer Chiefs se afrigter Nasreddine Nabiduring is teleurgesteld nadat sy span nie ‘n vroeë voorsprong kon verdedig nie in gister se nederlaag van 2-1-teen Orlando Pirates in hul Soweto-derby in ‘n volgepakte FNB-stadion. Glody Lilepo het die Amakhosi in ‘n perfekte begin van die wedstryd reeds in die tweede minuut laat voorloop, maar doele van […]

Read More

Distrikshospitaal in Windhoek kos meer as N$3 miljard - May 4, 2025

Die koste van die beplande distrikshospitaal in die Havana-informele nedersetting in Windhoek gaan sowat 3,2 miljard Namibiese dollar beloop, ongeveer 300 miljoen dollar meer as wat aanvanklik verwag is, sê die gesondheidsministerie. Die hospitaal gaan oor 500 beddens beskik en behoort die druk op die intermediêre hospitaal in Katutura te verlig. Die nuwe hospitaal behoort […]

Read More