Ondersoek kom na misdade uit apartheidsera - May 4, 2025
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, president Cyril Ramaphosa se besluit ondersteun om ’n regterlike ondersoekkommissie in te stel na beweerde vertragings in die vervolging van misdade uit die apartheidsera. Dit behels ondersoeke van vorige administrasies, wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys is. Sy sê slagoffers se […]
Warren Buffett tree uit op 94 - May 4, 2025
Die wêreld se rykste persoon, die 94-jarige Warren Buffett, gaan aan die einde van vanjaar as die uitvoerende hoof van Berkshire Hathaway uittree. Buffett, waarskynlik die wêreld se mees suksesvolle belegger, is sowat 154 miljard Amerikaanse dollar werd, en het reeds miljarde aan liefdadigheid geskenk. Hy het sy eerste geld verdien toe hy ses jaar oud […]
Krieket: Rabada jammer oor skorsing - May 4, 2025
Suid-Afrika se snelbouler Kagiso Rabada sê hy dien ‘n voorlopige skorsing uit nadat hy nie ‘n toets vir verbode middels geslaag het nie. Die 29-jarige Rabada is van die Indiese Premierliga af terug huis toe nadat hy vroeg April vir die Gujarat Titans gespeel het. Hy het bevestig hy het positief getoets vir die gebruik […]
!Gawaxab: Trump-tariewe kan ekonomie ontwrig - May 4, 2025
Die handelstariewe van Amerikaanse president Donald Trump kan die mededingingheid van Namibië van produkte ondermyn en sodoende druk op die land se uitvoere plaas, sê die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab. !Gawaxab die die afgelope week ‘n welwillendheidsbesoek aan president Netumo Nandi-Ndaitwah gebring en gesê hoewel die land se uitvoere na Amerika relatief […]
‘Joslin-uitspraak belangrike stap na geregtigheid’ - May 4, 2025
The United Democratic Movement Women’s Organisation het die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes vir die ontvoering en mensehandel van die sesjarige Joslin Smith, verwelkom. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het in Saldanhabaai gesit en vonnisoplegging vind Vrydag plaas. Die sekretaris-generaal van UDEMWO, Thandi Nontenja, sê die uitspraak is ’n belangrike stap na geregtigheid, […]
Vyf mense oorleef 36 uur in moeras met krokodille - May 4, 2025
Vyf mense het 36 op die dak van ‘n neergestorte vliegtuig in ‘n moeras in die Amasone oorleef, omring deur krokodille. Volgens die regering in Bolivië is ‘n kind, drie vroue en die loods Vrydag met ‘n helikopter gered. Die ligte vliegtuig was van Baures na Trinidad onderweg toe die loods ‘n noodlanding in die […]
Blitsbokke draf Brittanje kaf - May 4, 2025
Die Blitsbokke het vanoggend hul Groep A-kragmeting teen Brittanje in die Los Angeles-sewestoernooi met 12-7 gewen. Die Blitsbokke is steeds onoorwonne in Los Angeles nadat hulle in hul eerste wedstryd Frankryk met 19-10 geklop het. Hul speel vanmiddag hul laaste groepwedstryd teen Argentinië.
Omaheke ernstig oor kinderveiligheid - May 4, 2025
Sleutelinstellings in Omaheke gaan met die polisie saamspan om die veiligheid van die jeug in dié streek te verbeter in reaksie op die vlaag kindermoorde in Namibië. Volgens die hoof van misdaadvoorkoming in Omaheke, adjunk-kommissaris Jackson Kamwangha, het die polisie met ‘n bewusmakingsveldtog be skole begin sal patrollies en beheerpunte ook ingestel word. Die goewerneur […]
SA soek nuwe oplossings vir navorsing - May 4, 2025
Die minister van wetenskap, tegnologie en innovering, Blade Nzimande, het ’n werksgroep oor befondsing vir wetenskap, tegnologie en innovering van stapel gestuur ná die Amerikaanse regering se skielike onttrekking van navorsingsondersteuning wat belangrike MIV/Vigs en TB-programme bedreig. Nzimande sê die werksgroep sal die impak op Suid-Afrika se navorsing evalueer en raad gee oor volhoubare befondsingsbeleide. […]
Trump in sop oor pousfoto - May 4, 2025
President Donald Trump van Amerika het fel kritiek ontlok nadat hy Saterdagoggend ‘n foto van homself as die volgende pous, gegenereer deur kunsmatige intelligensie, op sy sosiale media geplaas het. Dit is kort daarna deur die Withuis ook op X en Instagram geplaas. Trump het verlede week tydens ‘n nuuskonferensie by die Withuis gespot en […]