Hamilton nog nie gewoond aan nuwe Ferrari - May 4, 2025

Lewis Hamilton sê dit kan nog maande neem om gewoond te raak aan sy nuwe Ferrari, en hy steur hom nie aan diegene wat sy vertonings bevraagteken nie. Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen wat ’n rekord 105 wedrenne en titels by beide McLaren en Mercedes gewen het, het aan die begin van die jaar by Ferrari […]

Read More

Oranje- en Noorde-riviere bly hoog - May 4, 2025

Hidrologiese dienste in Namibië het die gemeenskappe van Noordoewer en Aussenkehr teen die moontlikheid van vloede gewaarsku met dié dat die vernaamste damme in Suid-Afrika steeds oorvol is en tot ‘n styging in die vlakke van die Laer-Oranjerivier gaan lei. Die Noorde is ook op ‘n gereedsheidsgrondslag met vlakke van die Zambezi- en Okavango-riviere wat hoog […]

Read More

Wes-Kaapse regering in spervuur oor George-gebou - May 4, 2025

Brett Herron van die GOOD party het die Wes-Kaapse regering se toesig oor die George-gebou-ineenstorting gekritiseer en noem dit ‘n leë prestasie. Hy sê die slagoffers se families is nie gerespekteer nie, aangesien die Parlement se Staande Komitee oor Infrastruktuur nie finale verslae gelewer het of belangrike amptenare ondervra het nie. Hy sê die provinsie […]

Read More

Kinders sterf van honger in Gaza - May 4, 2025

Minstens 57 Palestyne, meestal kinders, het in Gaza van honger vergaan weens Israel wat reeds vir drie maande lank voedsel, water en ander noodsaaklike hulp na dié oorloggeteisterde gebied blokkeer. Meer as 9 000 kinders is sedert die begin van die jaar vir erge wanvoeding in hospitale opgeneem, sê die Verenigde Nasies. Gaza se regering […]

Read More

Bokke in geskiedkundige wedstryd op 28 Junie - May 4, 2025

Geskiedenis sal herskryf word wanneer die Springbokke hul 2025-seisoen op 28 Junie afskop teen die Barbarians by die Kaapstad-stadion. Dit sal die beroemde internasionale uitnodiging-span se eerste wedstryd op Suid-Afrikaanse bodem wees. Dit is die negende kragmeting tussen die twee spanne, en die eerste sedert 5 November 2016, toe die spanne by Wembley-stadion in Londen, […]

Read More

Maatskaplike probleme ry Erongo - May 4, 2025

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het in die jaar tot einde Maart 2025 meer as 10 400 maatskaplike gevalle in Erongo hanteer, waarvan elf persent met geslagsgebaseerde geweld te doen gehad het. Volgens die goewerneur van dié streek, Neville Andre, is meer data nodig om ‘n geheelbeeld van die kwessie in Erongo te […]

Read More

Kragstelsel bly stabiel, sê Eskom - May 4, 2025

Eskom sê die kragstelsel bly stabiel met volgehoue beplande instandhouding en verbeterde vlakke van onbeplande onderbrekings. Vanaf 1 April tot 1 Mei het onbeplande onderbrekings afgeneem tot 12 644 megawatt, terwyl 2 850 megawatt na verwagting voor piektyd Maandagaand beskikbaar sal wees. Die Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsmaatskappy toon ’n jaar-tot-jaar verbetering van 1,6 […]

Read More

Anthony Albanese wen tweede termyn in Australië - May 4, 2025

In Australië het Anthony Albanese ‘n geskiedkundige tweede termyn as premier gewen. Opposisieleier Peter Dutton van die konserwatiewe Liberale Party het Saterdagaand die handdoek teen Albanese en sy Arbeidersparty ingegooi. Albanese, wat as ‘n pragmatis beskou word, is die eerste Australiese premier wat ‘n tweede opeenvolgende termyn van drie jaar in 21 jaar wen. Die […]

Read More

Krieket: Stokes lei Engeland teen Zimbabwe - May 4, 2025

Ben Stokes het die groen lig gekry om Engeland later vandeesmaand in hul eenmalige toets teen Zimbabwe aan te voer nadat hy in ’n groep van 13 spelers ingesluit is. Die 33-jarige veelsydige speler het van ‘n operasie herstel nadat hy in Desember in Nieu-Seeland ‘n dyspier beseer het. Dit was die tweede keer in […]

Read More

Vliegramp: Nog drie enjin-komponente moet getoets word - May 3, 2025

Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke het sy jongste verslag rakende die noodlottige vliegongeluk waarin ‘n Cessna 406 in Pionierspark vandag ‘n jaar gelede neergestort het, uitgereik. Ondersoeker Ben Engelbrecht sê teen Oktober verlede jaar is altwee enjins in Kanada uitmekaar gehaal en drie dele eis verdere toetsing. Die ongeluk was waarskynlik weens wanfunksionering […]

Read More