Kenia se Odinga sterf na hartaanval - October 15, 2025
Voormalige Keniaanse premier Raila Odinga, wat behandeling in Kochi, Indië ondergaan het, is vandag dood aan ‘n hartaanval. Die 80-jarige Odinga was ‘n prominente Keniaanse politikus wat van 2008 tot 2013 as die land se premier gedien het. Hy het in 1992 die parlement betree en onsuksesvol vir die presidentskap in 1997, 2007, 2013, 2017 […]
Stemming oor Israel by Eurovision gekanselleer - October 15, 2025
‘n Noodstemming oor Israel se deelname aan die Eurovision-kompetisie is gekanselleer na die verwikkelinge in die Midde-Ooste. Die stemming is gereël nadat verskeie lande gedreig het om te onttrek as Israel sou deelneem. Die Europese Uitsaai-unie sê sy uitvoerende raad het ingestem tot ‘n persoonlike bespreking tussen lidlande en die kwessie is geplaas op die […]
Repokoers af: Hier’s die redes, en die reaksie - October 15, 2025
Die Bank van Namibië het vanoggend die repokoers verlaag na 6,5 persent, teenstrydig met voorspellings vir ‘n onveranderde koers. Die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak. En Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen het sy reaksie so verwoord.
Vyfdag kernkrag-werkswinkel is ‘n skandaal - October 15, 2025
Die kantoor van die eerste minister, ondersteun deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap, bied ‘n vyfdag-werkswinkel aan om die lewensvatbaarheid van kernkrag in Namibië te bepaal. Lande soos Estland en Ghana woon die werkswinkel by. Die kabinet het ook onlangs Namibië se kernkrag-strategiese plan aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het met energiekenner, Harald Schütt gepraat wat sê dit […]
Net 30% van ontwikkelingsbegroting geïmplementeer - October 15, 2025
Daar is ‘n merkbare traagheid in die implementering van die ontwikkelingsbegroting deur die regering. Die finansminister Ericah Shafudah, sê dat minder as 30 persent van die 9,6 miljard Namibiese dollar wat vir die projekte begroot is, is teen einde September bestee. Gevolglik word projekte nie geïnisieer nie, die geld vloei nie in die ekonomie in […]
1 500 verwyder van Yango-platform - October 15, 2025
Die vervoerminister Veikko Nekundi sê ongeveer 1 500 voertuie wat sonder die korrekte permitte en lisensies bedryf is, is van die Yango-platform verwyder. Sedert hy die amp betree het, werk Nekundi baie hard aan nakoming in die taxi-sektor. Hy sê daar is 295 lisensie-aansoeke wat nog geprosesseer word en 215 operateurs het dokumente ingedien vir […]
Namport reageer op sy uiters lae plasing op wêreld ranglys - October 15, 2025
Namport het die hawe van Walvisbaai se lae ranglys in die 2024 Global Container Port Performance Index verdedig. Die hawe is op die 376ste plek uit 405 hawens geplaas. Namport sê groot wêreldwye ontwrigtings gedurende die verslagtydperk, insluitend die Rooi See-krisis en geopolitieke onstabiliteit, het baie rederye gedwing om om die Kaap de Goeie Hoop […]
Reaksie op BoN se verlaging van repokoers - October 15, 2025
Die sentrale bank het die repokoers met 25 basispunte na 6,5 persent verlaag. Dit kom na talle ekonome voorspel het dat dit onveranderd op 6,75 persent sou gelaat word. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen van Simonis Storm gepraat.
Kaapstad is wêreld se derde gelukkigste stad - October 15, 2025
Kaapstad is amptelik die wêreld se derde gelukkigste stad. TimeOut se geluksaanwyser is deel van die tydskrif se jaarlikse internasionale peiling om die wêreld se gelukkigste stad te bepaal. Dit word gegrond op faktore soos kultuur, naglewe, kos, staproetes, lewensgehalte en geluk. Die hoofstad van die Verenigde Arabiese Emirate, Abu Dhabi, is vanjaar se wenner, […]
IMF verhoog vooruitsigte vir ekonomiese groei - October 15, 2025
Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitsigte vir wêreldwye groei vanjaar verhoog en ‘n minder as verwagte ekonomiese uitwerking van president Donald Trump se tariefbeleid aangedui, terwyl hy waarsku oor risiko’s wat voorlê. Die fonds se vlagskip-verslag oor wêreld-ekonomiese vooruitsigte is saamgestel voor die jongste tariefgeskil tussen Amerika en China. Die voorspelling vir vanjaar is […]