Nersa keur stigting van markadviesforum goed - May 3, 2025

Die energiereguleerder Nersa het die stigting van ‘n Elektrisiteitsmarkadviesforum goedgekeur. Die forum sal Nersa help terwyl die land voorberei om oor die volgende vyf jaar ‘n mededingende elektrisiteitsmark te betree. Dit sal help om kernreëls en kodes te finaliseer en te verseker dat alle belanghebbendes gereed is vir die veranderinge. Charles Hlebela van Nersa sê […]

Read More

Aussie-hoofweg vir 10 ure gesluit, oor honderde pap bande - May 3, 2025

Honderde motors het pap bande opgedoen nadat ‘n vragmotor op een van Australië se besigste snelweë, 750 kilogram skerp metaalskerwe op die pad gestort het. Die vragmotor het 30 kilometer ver gery voordat die probleem bespeur is. Die insident het veroorsaak dat bane na die stad vir minstens tien ure gesluit was, met die metaalstukke […]

Read More

SME’s Compete sê DBN staan nie werklik kleinsake by nie - May 3, 2025

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het tussen 2020 en 2024 bykans 750 miljoen Namibiese dollar aan klein- en mediumgrootte besighede uitbetaal, maar leninggoedkeurings het met 66 persent gedaal. Dit laat kommer ontstaan oor klein ondernemings se toegang tot finansies. Die bank sukkel al lank met lenings wat nie terugbetaal word nie, maar het in 2024 weer […]

Read More

Nigerië kan moontlik Facebook verloor - May 3, 2025

Mense in Nigerië kan toegang tot Facebook en Instagram verloor nadat die moedermaatskappy, Meta gesê het hulle staar groot boetes en onrealistiese regulatoriese eise van die Nigeriese owerhede in die gesig. Verlede jaar het drie Nigeriese toesig-agentskappe die Amerikaanse sosialemediareus met meer as 5,3 miljard Namibiese dollar beboet vir die oortreding van verskeie wette en […]

Read More

Russell Brand kry voorwaardelike borg by eerste verskyning - May 3, 2025

Die Britse komediant en akteur Russell Brand het voorwaardelike borg ontvang nadat hy in ‘n Londense hof verskyn het op aanklagte van verkragting en aanranding. Die 49-jarige het internasionaal bekend geword as die man van popster Katy Perry nadat hy ‘n loopbaan in Brittanje gesmee het met sy gewaagde komedie-optredes. Brand het net gepraat om […]

Read More

Vrese oor ‘n oliestorting in die Amasone-rivier - May 3, 2025

’n Peruaanse vlootskip het met ’n olieplatform in die Amasone-rivier gebots met minstens twee mense en een vermis. Die botsing in die vroeë oggendure van Vrydag by die samevloei van die Napo- en Amasone-riviere, het ernstige skade veroorsaak. Dit is nie duidelik of olie in die rivier uitgelek het nie. Daar is honderde gas- en […]

Read More

Vlakke in Benede-Oranje styg steeds - May 3, 2025

Watervlakke in die hoofdamme in die Vaal-Oranjerivierstelsel is tans hoog. Die Vaaldam is tans op 116,7 persent, met nege sluise oop en ‘n uitvloei van 1 771 kubieke meter per sekond. Bloemhofdam is op 117,4 persent en meer as 3 600 kubiek word vrygestel. Beide die Gariepdam en die Vanderkloofdam loop oor. Die Namibiese Hidrologiese […]

Read More

DA vier Mei as Kinderbeskermingsmaand, vra optrede - May 3, 2025

Die DA in die Wes-Kaap vier Mei-maand as Kinderbeskermingsmaand. Wendy Kaizer-Philander van die party sê die provinsie moet verenig in die beskerming van kinders se regte, en gevra vir daadwerklik optrede. Sy het verwys na die verdwyning van Joslin Smith en gemeenskappe aangemoedig om saam met die regering en kinderbeskermingsorganisasies te werk en gepleit vir […]

Read More

Senegal onttrek immuniteit teen LP’s oor Covid-bedrog terug - May 3, 2025

Die Nasionale Vergadering van Senegal het die parlementêre immuniteit van twee parlementslede oor beweerde verduistering van Covid-fondse tydens hul termyn as ministers onder die vorige regering, opgehef. Moustapha Diop was die minister van nywerheidsontwikkeling, terwyl Salimata Diop die minister van vrouesake was onder die voormalige president Macky Sall toe die fonds om die verspreiding van […]

Read More

EU wen mylpaal visvangsaak teen Brittanje - May 3, 2025

Die Europese Unie het ‘n mylpaal-saak teen Brittanje by die wêreld se oudste arbitrasiehof oor post-Brexit regte gewen om sandpalings, klein vissies wat in die Noordsee voorkom, te vang. Die saak by die Permanente Hof van Arbitrasie in Den Haag is beskou as ‘n aanduiding van moontlike toekomstige hofsake tussen Londen en Brussel in ‘n […]

Read More