Kauta bring dringende borgaansoek vir Mac Hengari - May 3, 2025

Plaaslike media berig dat die afgedankte landbouminister, Mac Hengari, se regspan by Weder, Kauta & Hoveka ‘n dringende borgaansoek na sy inhegtenisneming verlede naweek, gebring het. Sy prokureur, Patrick Kauta, het Vrydag geëis dat aanklaers hom voorsien van ‘n klagstaat wat verband hou met Hengari se inhegtenisneming oor ‘n beweerde poging om die vrou wat […]

Read More

NamPol ondersoek brandstigting by Walvis-skool - May 3, 2025

Die polisie op Walvisbaai ondersoek ‘n saak van brandstigting na ‘n brand by die Flamingo laerskool. Die mag sê die skool het reeds ‘n maand lank, na die swaar reën geen elektrisiteit nie. Die brand het die snoepie vernietig, wat heeltemal uitgebrand het. Twee klaskamers en sommige vensters van klaskamers is ook beskadig, sowel as […]

Read More

DA soek verslag van George-gebou, nou - May 3, 2025

Die DA in die Wes-Kaap sê alle regeringsverslae oor die ineenstorting van die gebou in George sal aan voortgesette toesig onderwerp word. Die party het die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, daarvan beskuldig dat sy haar openbare verklaring teruggetrek het dat die verslag van die Nasionale Huisbouersregistrasieraad oor laasjaar se tragedie wat 34 lewens […]

Read More

Apple verwag styging van N$17 miljard oor tariewe - May 3, 2025

Apple verwag ’n koste-verhoging van 17 miljard Namibiese dollar hierdie kwartaal as gevolg van Amerikaanse tariewe op invoere uit China. Om dit teen te werk, het die uitvoerende hoof, Tim Cook, aangekondig dat die meeste iPhones wat in die VSA verkoop word, voortaan in Indië vervaardig sal word, terwyl iPads en ander toestelle uit Viëtnam […]

Read More

Gru-ongeluk: NamPol arresteer Jetta bestuurder vir dronkbestuur - May 3, 2025

Die Erongo-polisie sê die bestuurder van die Jetta, wat van voor teen die voertuig van twee bekende evangeliste, Linda en Eddie van der Merwe op 1 Mei gebots het tussen Karibib en Okahandja is agter tralies na hy positief vir drank getoets is. Hy is reeds ontslaan en is in aanhouding in Karibib waar hy […]

Read More

Joslin se ouma wil weet waar sy is - May 3, 2025

Joslin Smith se ouma aan vaderskant, Rita Yon, het die skuldigbevinding deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Saldanhabaai verwelkom. Regter Nathan Erasmus het die sewejarige kind se ma, Kelly Smith, saam met Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel. Die hof het beslis dat die trio Joslin gebruik het om mee […]

Read More

Duisende in Chili, Argentinië ontruim na tsoenami-waarskuwing - May 3, 2025

Duisende mense in die kusstreke van Chili en Argentinië is na hoër gebiede ontruim toe Chileense owerhede ’n tsoenami-waarskuwing uitgereik het ná ’n aardbewing met ‘n sterkte van 7,4 aan die suidkus van die land. Die Amerikaanse Geologiese Diens sê die middelpunt was 219 kilometer van Ushuaia in Argentinië, die wêreld se mees suidelike stad. […]

Read More

Dis Draper en Ruud môre in Madrid - May 3, 2025

Jack Draper van Brittanje het Vrydag die Italianer Lorenzo Musetti met 6-3, 7-6 uitgeskakel en sal in die eindstryd van die Madrid Ope teen die Noorweër Casper Ruud te staan kom. Dit is Draper se tweede Meesters 1000 eindstryd van die jaar. Ruud het net-net deurgedring na die 25ste toervlak-eindstryd van sy loopbaan met ‘n […]

Read More

Copps woeker in Okahandja - May 3, 2025

Die Copps 94.1-span is in Okahandja ontplooi saam met lede van beide die Windhoek- en die Okahandja-polisie. Die dorp is die afgelope tyd in die nuus met drie moorde op jong meisies. Francois Lottering was aandiens en doen verslag van die aand.

Read More

Pypbreuk in Oshakati-Ongongo-lyn los groot dele sonder water - May 3, 2025

‘n Pypbreuk in die Oshakati-Ogongo-pyplyn het groot dele in die noorde sonder water gelaat. NamWater sê in ‘n verklaring dat Elim, Elim-Suid, Oshikuku, Oshakati en Omungwelume geraak word. Sy onderhoudspan is tans op die perseel om herstelwerk te doen maar vordering word egter vertraag as gevolg van water in die pyplyn. Daar word verwag dat […]

Read More