Klein daling in SA-brandstofprys - May 3, 2025

Terwyl plaaslike brandstofpryse onveranderd bly, het die buurland se petroleumdepartement ‘n verlaging in brandstofpryse aangekondig, wat Woensdag in werking tree. Albei grade petrol sal met 22-sent per liter daal, en diesel met tot 42-sent per liter, terwyl paraffien 31-sent goedkoper sal wees. Robert Maake van die department sê egter die prys van vloeibare petroleumgas sal […]

Read More

Aussies stem vandag - May 3, 2025

Australiërs gaan vandag stem om hul volgende regering te kies, in ‘n verkiesing wat bepaal sal word deur lewenskoste, klimaatsonsekerheid en Trump-tariewe. Kiesers moet besluit tussen die linksgesinde, huidige eerste minister Anthony Albanese en sy konserwatiewe uitdager Peter Dutton. ‘n Hele paar meningspeilings dui daarop dat Albanese se regerende Arbeidersparty ‘n tweede termyn sal wen. […]

Read More

Deidre Meyer se oorskot gevind - May 3, 2025

Die vermiste Deidre Meyer se oorskot is in die oostelike dele van die Namib Naukluft, ongeveer 10 kilometer op die Hifikepunye Pohamba-pad gevind. Die Erongo-polisie sê daar word geen vuilspel vermoed in die dood van die 48-jarige vrou, wat reeds sedert 14 April as vermis aangemeld is, nie. Volgens die mag is sy ‘n paar […]

Read More

Polisiehoof in Wes-Kaap verwelkom skuldigbevinding in Joslin-saak - May 3, 2025

Die Wes-Kaapse Polisiekommissaris Thembisile Patekile het die skuldigbevinding van Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn in die Joslin Smith-saak verwelkom. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Saldanhabaai het die trio skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel. Die kommissaris sê ondersoeke duur voort, en hy hoop Kelly Smith sal uiteindelik bekend maak wat met die ses-jarige […]

Read More

DRK gee lisensie aan Starlink - May 3, 2025

Terwyl Namibië nog wag op die beslissing van die inligtingsminister Emma Theofelus, het die DRK die jongste Afrikaland geword wat ‘n lisensie aan die tegnologie-miljardêr Elon Musk se Starlink toegestaan het. ‘n Filiaal van SpaceX, het Starlink sy bedrywighede op die vasteland uitgebrei en is in talle lande aktief met Somalië en Lesotho wat in […]

Read More

Harry kap terug in onderhoud na hy in die hof verloor - May 3, 2025

Prins Harry het met die BBC gepraat oor sy vooruitsigte om na Brittanje terug te keer, sy verhouding met sy familie en sy woede oor die verlies van sy reg op outomatiese volle sekuriteitsbeskerming wanneer hy vanuit die VSA besoek aflê. Hy het die opmerkings gemaak nadat hy sy jongste regsgeding teen die regering oor […]

Read More

So moet Afrika-perdesiekte behandel word - May 2, 2025

Die direktoraat veeartsenydienste het ‘n uitbreking van Afrika-perdesiekte aangekondig na 25 gevalle in die Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental staatsveeartsenykundige distrikte bevestig is. Perde en donkies in die distrikte mag nie beweeg word sonder ‘n permit nie, wat slegs uitgereik sal word indien die diere ingeënt is. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts […]

Read More

Regspraktisyns wat uit trusts steel moet vervolg word - May 2, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle is bekommerd oor die aankondiging dat nagenoeg 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand deur gewetenlose regspraktisyns uit Suid-Afrikaanse trusts gesteel is. Claude Naiker van die vereniging sê die skokkende syfer beklemtoon groot uitdagings in die stelsel van die bestuur van trustrekeninge en omvattende hervormings is dringend nodig. Hy sê die nuus […]

Read More

Slang in skoolkos maak kinders siek - May 2, 2025

Indië se Nasionale Menseregtekommissie ondersoek berigte dat meer as 100 kinders siek geword het nadat hulle ‘n skoolmiddagete geëet het wat na bewering deur ‘n dooie slang in Mokama, Bihar, besmet is. Die kok het na bewering die slang verwyder, maar steeds die maaltyd aan ongeveer 500 leerders bedien. Verskeie kinders is in die hospitaal […]

Read More

Premierliga-titel op Anfield ‘een van beste dae’ van Slot se lewe - May 2, 2025

Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, sê die Premierliga-titel-oorwinning op Anfield was een van die beste dae van sy lewe. Die Reds het Tottenham Sondag met 5-1 verpletter vir ‘n rekord 20ste Engelse liga-titel met vier wedstryde oor en hulle het ‘n sensasionele atmosfeer op hul volgepakte tuisveld geniet. Liverpool kom Sondag teen Chelsea te […]

Read More