Presidensiële Falcon-straler se verkoop goedgekeur - May 2, 2025

Die kabinet het ‘n besluit om die verouderende presidensiële straler, ‘n Dassault Falcon900B te verkoop, goedgekeur. Die vliegtuig is byna 96 miljoen Namibiese dollar werd en is destyds deur wyle stigterspresident Sam Nujoma aangekoop. Dit is in 2015 vir 20 miljoen dollar opgeknap. Die kabinet het die vervoerministerie toestemming gegee om ‘n deel van die […]

Read More

DA dien wysigingswet op diensdiere in - May 2, 2025

Die DA sê hy het ‘n Wysigingswet op die Beskerming van Diensdiere in die parlement ingedien om die regte van mense met gestremdhede te beskerm om met hul dienshonde in openbare en private ruimtes toegelaat te word. Wendy Alexander van die DA sê die wet sal verhoed dat gestremdes met gids- of werkshonde toegang geweier […]

Read More

Huisbrand dood grondverskuiwende musikant Jill Sobule - May 2, 2025

Die grondverskuiwende Amerikaanse liedjieskrywer Jill Sobule, wie se treffer I Kissed a Girl wyd beskou word as die eerste lied met openlik gay-temas wat die Billboard Top 20 gehaal het, is dood in ’n huisbrand in Minneapolis, Minnesota. Die loopbaan van die 66-jarige Sobule het oor drie dekades gestrek. I Kissed a Girl het weer […]

Read More

Piastri se momentum pla Norris min - May 2, 2025

Motorsport: Lando Norris van McLaren hou vol hy is nie bekommerd dat sy spanmaat, Oscar Piastri, die voortou geneem het as nuwe leier in die bestuurderskampioenskap nie. Die Brit het die seisoen se eerste wedren in Australië gewen, terwyl Piastri daarna drie oorwinnings behaal het. Aan die vooraand van hierdie naweek se Miami Grand Prix, […]

Read More

Kabinet beveel taakspan, strategië teen wanvoeding - May 2, 2025

Die kabinet het in sy jongste besluitnemingsvergadering die kinderwelsyn- en gesondheid-ministeries, saam met ander belanghebbendes, opdrag gegee om ‘n voedingsreaksiestrategie te ontwikkel om ernstige akute wanvoeding te bestry. Die gesondheidministerie is ook beveel om dringend immuniserings- en wanvoedingvoorkomingsdienste in die Kunene-streek te verbeter. Inligtingminister Emma Theofelus het meer. Die kabinet het ook die stigting van […]

Read More

Nog geen beweging op Toegang tot Inligtingswet - May 2, 2025

Wêreldpersvryheidsdag word môre herdenk, en Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van die Toegang tot Inligtings-aksiekoalisie in Namibië gepraat. Hy sê dit is kommerwekkend dat die president nog nie ‘n verklaring oor die Wet op Toegang tot Inligting gelewer het nie. In 2024 was die jongste opdatering dat die ministerie nog ‘n inligtingskommissarisse moet […]

Read More

Benede-Oranje vloei veel hoër, meer water op pad - May 2, 2025

Die Benede-Oranjerivier by Blouputs het van 4,40 meter gister tot ‘n watervlak van 4,55 meter gestyg, en Sendelingsdrif, met ‘n verhoogde vloei, het vanoggend 4,26 meter aangeteken in vergelyking met gister se 3,10 meter. Die hidrologiese diens waarsku mense langs die rivier by Noordoewer, Aussenkehr en Oranjemund om gereed te wees vir verhoogde vloei en […]

Read More

Teenkorrupsie-kommissie teiken Walvisbaai firma - May 2, 2025

Die Teenkorrupsie-kommissie het beslag gelê op bates ter waarde van na raming byna 2 miljoen Namibiese dollar, wat vermoedelik op korrupte wyse verkry is deur ‘n maatskappy op Walvisbaai. Die maatskappy het ‘n tender van die Padowerheid gekry om ‘n weegbrug te bou. Daar word beweer dat die maatskappy die fondse wat aan hulle toegeken […]

Read More

Lüderitz Kreeffees bring ekonomiese geleenthede - May 2, 2025

Die adjunk-landbouminister Ruth Masake het die Lüderitz Kreeffees beskryf as ‘n belangrike platform vir klein besighede om hul produkte te vertoon, plaaslike ekonomiese aktiwiteit te stimuleer en inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Masake het plaaslike owerhede en besighede aangespoor om inisiatiewe te ondersteun wat billike groei en volhoubare lewensbestaan bevorder.

Read More

Joslin Smith-aangeklaagdes skuldig bevind - May 2, 2025

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Saldanhabaai het Kelly Smith, haar kêrel Jacquen Appollis, en vriend Steveno van Rhyn skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel in die saak oor die verdwyning van Joslin Smith. Joslin het op 19 Februarie verlede jaar uit haar huis in Middelpos verdwyn. Regter Nathan Erasmus het beslis die staat het sy saak […]

Read More