Gaza aktivis-skip met hommeltuie aangeval - May 2, 2025

Die Freedom Flotilla Coalition sê sy hulpskip, die Conscience, is vroeg vanoggend deur hommeltuie in internasionale waters aan die kus van Malta getref. Hy het beplan om na Gaza te vaar om Israel se onwettige beleg en blokkade daar uit te daag. Die Maltese regering sê ‘n brand aan boord is onder beheer gebring en […]

Read More

SA-beker kompetisie nog wawyd oop - May 2, 2025

Rugby: Met slegs twee rondes ligawedstryde nog oor, het sewe spanne steeds ‘n kans om die halfeindronde van die SA-beker te haal. Die aksie begin om 6-uur vanmiddag in George, waar die SWD Arende die verdedigende kampioen, Griekwas, verwelkom. Die ander vier wedstryde begin almal 3-uur môremiddag. Die Boland Kavaliers verwelkom die punteleiers, die Pumas, […]

Read More

Kavango Oos-polisie begin teenmisdaad-operasie - May 2, 2025

Die Kavango Oos-polisie, onder leiding van kommissaris Andreas Haingura, het ‘n teenmisdaad-operasie van 1 Mei tot 29 Junie 2025 van stapel gestuur om toenemende misdaad aan te spreek. Rundu gaan veral gebuk onder misdaad. Kosmos 94.1 Nuus het met Haingura oor die uitdagings gesels.

Read More

GOOD soek vervolging van apartheidsera-misdade - May 2, 2025

Die GOOD Party sê die Nasionale Vervolgingsgesag moet die sake wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie aanbeveel is met dringendheid vervolg, aangesien hy dit steeds kan doen. President Cyril Ramaphosa gaan ‘n regterlike kommissie van ondersoek aanstel om te bepaal of iemand probeer om die ondersoek of vervolging van misdade te dwarsboom wat die WVK […]

Read More

Sistynse kapel kry skoorsteen vir pous-verkiesing - May 2, 2025

Brandbestryders by die Vatikaan het ‘n skoorsteen op die dak van die Sistynse kapel opgerig wat tydens die kardinaalsvergadering gebruik gaan word wat op 7 Mei begin. Kardinale stem in die geheim vir ‘n nuwe pous en maak die uitslag aan die wêreld bekend deur die verbranding van die stembriewe in ‘n spesiale stoof, wat […]

Read More

Engelse Sokkervereniging verbied transgender-vrouespelers - May 2, 2025

Sokker: Die Engelse Sokkervereniging het bevestig dat transgender-vroue van 1 Junie af nie meer in die vroue-afdeling in Engeland kan speel nie. Dit volg op die Britse Hooggeregshof se uitspraak dat die wetlike definisie van ‘n vrou gegrond is op biologiese geslag. Die FA sê hulle verstaan dat hierdie besluit moeilik sal wees vir mense […]

Read More

Eenhana word N$7m vir dienste geskuld - May 2, 2025

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, sê verskeie ministeries en private besighede die Eenhana-dorpsraad ongeveer 7 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde munisipale rekeninge skuld. Volgens Sankwasa plaas dit verdere druk op die dorpsraad om sy ontwikkelings- en diensdoelwitte na te kom. Intussen het die Eenhana-burgemeester, Omri-oon Kavandje, die syfer aan The Villager bevestig en […]

Read More

Steenhuisen sê regering moet struikelblokke vir werkskepping verwyder - May 2, 2025

Die DA-leier John Steenhuisen sê daar is vandag hoop vir werkskepping en ekonomiese groei in Suid-Afrika omdat die land se rigting en pad in verlede jaar se verkiesing verander het. Werkloosheid onder die land se jeug staan op 44,6-persent teenoor 43,2-persent in die vorige kwartaal. Steenhuisen sê die regering moet die struikelblokke verwyder wat tussen […]

Read More

VSA se teenwoordigheid in Oekraïne sal sekere rolspelers uithou - May 2, 2025

Die ooreenkoms tussen die Oekraïne en die VSA wat die Verenigde State voorkeurtoegang tot nuwe Oekraïnse mineraalooreenkomste en beleggings in die heropbou van Oekraïne gee, bly in die nuus. Daar is kritiek omdat die ooreenkoms geen sekuriteitswaarborge in die land bied nie maar, volgens Amerikaanse president Donald Trump sal Amerika se teenwoordigheid in die land, […]

Read More

Vatikaan het nog nie nuwe pous se soutane aangevra nie - May 2, 2025

Terwyl kardinale voorberei om ‘n nuwe pous te kies, het geeneen van die twee bekendste kleedmakers in Rome bestellings vir sy klere ontvang nie. Normaalweg versoek die Vatikaan drie soutanes vir die nuwe pous – ‘n klein, medium en groot – om alle moontlike lengtes en omtrek te bedek. Die Gammarelli-kleremakerswinkel maak sedert 1798 klere […]

Read More