Bank Windhoek beklemtoon belangrikheid van kreatiewe ekonomie - May 2, 2025
Gedurende die week het Bank Windhoek die wenners van sy handelsmerk liedkompetisie aangekondig. Onder die tema “Is dit moontlik om ‘n bank lief te hê?” is PDK as die wenner aangekondig en het 70 000 Namibiese dollar in prysgeld ontvang. Daar was 155 amptelike liedjie-voorleggings en 126 video-inskrywings. Bank Windhoek se hoof van bemarking, Jacquiline […]
Agribank skuld, rente: Schlettwein sê boere moet ondersteun word - May 2, 2025
‘n Openbare beroep is op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om Agribank aan te spoor om gedeeltelike rente-afskrywings op agterstallige lenings te oorweeg, as ‘n maatreël om die las van die voortdurende droogte en hoë lewenskoste op boere te verlig. Die beroep voer aan dat swartlyste en eiendomsveilings teenproduktief is en die ontberinge wat geraakte boere […]
Banke eis N$38m in 26 aansoeke - May 2, 2025
Daar was vandag net 44 aansoeke vir verstekvonnisse op die mosiehof-rolle met tien op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 26 van die aansoeke voor regters Lotta Ambunda en Gerson Narib gebring. Die sake is dalk min maar die bedrae is hoog – 29 miljoen Namibiese dollar is uitstaande op 14 eiendomslenings en 8,9 miljoen […]
N$7,2 miljard net op maatskaplike toelaes - May 2, 2025
Die Namibiese regering sal 7,2 miljard Namibiese dollar aan maatskaplike toelaes bestee. Dit sluit in 3,7 miljard dollar vir oumenspensioen, 47,8 miljoen vir begrafnisvoordele en 65,8 miljoen vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag. in. Ander toewysings sluit in 877 miljoen dollar vir toelaes vir kwesbare persone, 36,9 miljoen dollar vir pleegsorgtoelaes, 417 miljoen dollar vir onderhoudstoelaes […]
FNB staan bankvas agter Namibiese krieket - May 2, 2025
Kosmos 94.1 Nuus het met FNB se woordvoerder Kirsty Watermeyer gepraat oor die reuse-borgskap aan die FNB Eagles wat tot 2028 duur, na die borgskap van die FNB High Performance Oval in die hoofstad. Die bank is sterk betrokke by talle sportkodes, veral rugby, en het nou krieket betree.
Langafstand-taxi’s stel ultimatum aan Nekundi - May 2, 2025
Minibusoperateurs het ‘n vreedsame protesoptog gehou teen ‘n beslissing deur vervoerminister Veikko Nekundi, wat sewe-sitplek voertuie toelaat om op langafstandroetes te werk. Die Nasionale Vervoer Besorgde Groep, gelei deur Doc Sifoleni, noem die skuif onbillik omdat dit ongeregistreerde operateurs bevoordeel, en ‘n oortreding van bestaande wette. Die groep het ‘n petisie aan Karas-goewerneur Aletha Frederick […]
City Power sat vir vandalisme, kabeldiefstal - May 2, 2025
City Power het die dade van vandalisme ná die kabelbrand langs die oorweg in Braamfontein veroordeel. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê voorlopige ondersoeke toon dat die brand moontlik deur nóg ‘n voorval van kabeldiefstal en vandalisme veroorsaak is, wat ‘n toenemende neiging is. Hy sê dit hou verband met die misdadige optrede van […]
Skietdood van Keniaanse LP vooraf beplan - May 2, 2025
Die polisie in Kenia sê die skietdood van ‘n parlementslid in die hoofstad, Nairobi, deur ‘n man op ‘n motorfiets, lyk of dit vooraf beplan was. Die parlementslid Charles Were is doodgeskiet toe sy voertuig by ‘n verkeerslig stilgehou het. Die aanvaller wat ‘met ‘n passasier op ‘n motorfiets was, het afgeklim en na die voertuig […]
Clooney palm eerste Tony-benoeming in - May 2, 2025
Die Oscar-wenner George Clooney het sy heel eerste Tony-benoeming ontvang vir sy Broadway-debuutoptrede in Good Night, and Good Luck. Die toekennings vereer uitnemendheid in Broadway-teater oor die afgelope jaar. Audra McDonald het haar elfde benoeming ontvang vir haar rol in Gypsy, wat haar die persoon maak wat die meeste benoemings in die geskiedenis ontvang het. […]
Mynwerker-beserings: Werkgewers kom nie protokolle na nie - May 2, 2025
Die Namibiese Kamer van Mynwese is besorg oor toenemende beserings by myne. Zebra Kasete, die Kamer se president, sê in 2024 het verlore dae weens beserings met 26,3 persent gestyg en invaliderende beserings met 12,3 persent. Hy het tydens ‘n mynboubedryf-oorsig vir 2024 dit toegeskryf aan oorgerustheid in die nakoming van veiligheidsprotokolle en onvoldoende toesig. […]