Bekende evangeliste sterf in botsing - May 2, 2025
Die twee bekende evangeliste, Linda en Eddie van der Merwe is saam met Fritz Brandt dood na die gru-ongeluk van voor Donderdagmiddag tussen Okahandja en Karibib. Hulle Nissan Sani het gebots met ‘n Jetta en het aan die brand geslaan. Daar was vyf insittendes in die Jetta en een volwassene, Naftalie Brukeni en ‘n ses-maande […]
Polisie-ondersoek oor sewe-sitplek voertuig en kinders by skole kom tot nul - May 2, 2025
Die Namibiese polisie sê hy het alle leidrade in verband met die sewe sitplek taxi en die vermoedelike poging tot ontvoering van ‘n leerder by die Moses Garoëb-skool in die hoofstad vroeër die week opgevolg. Daar is geen inligting nie. Die woordvoerder van die mag, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het weer die publiek gemaan om eerder […]
Nuwe begroting op 21 Mei in SA ter tafel gelê - May 2, 2025
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, gaan die 2025-begroting op 21 Mei weer ter tafel lê. Dit volg na ‘n besluit om die voorgestelde BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte om te keer. Godongwana het aan die media gesê die hersiene begroting sal bygewerkte fiskale projeksies, leningsplanne en inkomsteberamings insluit. Dit sal volledig met die kabinet en politieke […]
Trump vra bietjie tyd met ekonomie wat inkrimp - May 2, 2025
President Donald Trump het vir nog tyd gevra vir die Amerikaanse ekonomie wat teen ‘n jaarlikse koers van 0,3-persent gekrimp het. Dit volg nadat dit die vorige kwartaal met 2,4-persent gegroei het. Kommer bestaan nou oor ‘n resessie. Trump het egter sy voorganger, Joe Biden, die skuld gegee vir die teleurstellende syfers en gesê dit […]
Bipa begin met deregistrasie van nie-nakomende maatskappye - May 1, 2025
Bipa het begin met die ingefaseerde deregistrasie van maatskappye wat nie voordelige eienaarskap verklaar het nie. Die sperdatum is 16 Mei. Die verklarings is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur word. Ockert Jansen, Bipa-woordvoerder. Volgens […]
Nog ‘n reddingsboei vir Meatco, van die belastingbetaler - May 1, 2025
Die finansministerie het ‘n toewysing van 212 miljoen Namibiese dollar in die huidige boekjaar bewillig aan Meatco om sy uitstaande skuld by die Namibiese Ontwikkelingsbank te betaal en die korporasie se operasionele likiditeit te verbeter. Die lynminister Ericah Shafudah sê die befondsing is daarop gemik om Meatco se finansiële posisie te stabiliseer. Benewens die leningsvereffening, […]
Nog 600 Noord-Koreaanse troepe in Rusland dood - May 1, 2025
Ongeveer 600 Noord-Koreaanse troepe is onlangs dood in Rusland se oorlog teen Oekraïne uit ‘n totale ontplooiing van 15 000. Dit is volgens Suid-Koreaanse wetgewers wat intelligensiebronne aangehaal het. Noord-Korea het tot dusver sowat 4 700 in totale sterftes en beserings aangeteken hoewel sy troepe oor ongeveer ses maande tekens van verbeterde gevegsvermoëns getoon het […]
Slagoffers vra vir ‘n pous wat nie seksuele misdade sal toesmeer nie - May 1, 2025
Voor die kardinaalsvergadering volgende week begin, het slagoffers van seksuele misbruik deur Katolieke priesters hulle aangespoor om iemand met ‘n nul-toleransie-beleid te kies as pous. Die groep End Clergy Abuse het ‘n ope brief aan die kardinale geskryf terwyl hulle hierdie week informeel in Rome vergader voor die verkiesing begin. Survivors Network of those Abused […]
Jeugdiens lei 630 suskesvol op in houtskool, en biomassa - May 1, 2025
Eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het die simulasie van die Nasionale Jeugdiens se houtskoolproduksie-projek op Rietfontein in die Otjozondjupa-streek van stapel gestuur. Ngurare sê Namibië is toegerus met oorvloedige natuurlike hulpbronne, waaronder biomassa, en dit is deur sulke natuurlike hulpbronne dat die broodnodige werkverskaffing vir jeug ‘n realiteit kan word. Teen hierdie agtergrond sê hy, […]
Justisie se begroting in NV uiteengesit - May 1, 2025
Die begroting is in die komiteefase in die Nasionale Vergadering, waar parlementslede die verskillende ministeries se toewysings debatteer en daaroor stem. In Woensdag se sitting is die justisie- en handelsbeytrekkinge ministerie se toewysing voorgelê. Justisie is 494,1 miljoen Namibiese dollar toegeken en die ministerie ‘n totaal van 1,3 miljard dollar in die mediumtermyn-uitgawesraamwerk. Lynminister Fillemon […]